Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA

SARLNUUS SONDAG 29 JULIE 2007

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of dmv. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Hierdie uitsending word gedoen deur George, ZS6NE, vanuit Pretoria met herleidings op 51,400, 14,235, 10,135, 7,066 en 3,695 MHz asook 438,825 en 1 297 MHz in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Dit is met diep leedwese dat ons die afstrewe van Julian Biermann, ZS6BJO, op 9 Julie 2007 moet aankondig. Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou Laurette, familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

SUID-AFRIKA VERTEENWOORDIG BY GAREC 2007

REGISTREER NOU VIR DIE KLAS B-EKSAMEN – NET 2 DAE OOR

PRESIDENTSNET EN INTEGNET VANAAND

RADIOTEGNOLOGIE IN AKSIE SE PROGRAM VIR GAUTENG NOU OP DIE WEB

100-JARIGE HERDENKING VAN DIE PADVINDERSBEWEGING

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en en ander belangrike en interresante nuusitems.

SUID AFRIKA VERTEENWOORDIG BY GAREC 2007

Die SARL sal by die 2007 “Global Amateur Radio Emergency Communications” (GAREC) Konferensie verteenwoordig wees wat in Huntsville, Alabama, op Donderdag, 16 en Vrydag 17 Augustus 2007, plaasvind. GAREC-07 is gefokus op die aanwending van gevorderde tegnologie in noodkommunikasie.

GAREC het begin as ’n inisiatief van IARU Streek 1. In 2005 het Seppo Sisatto, OH1VR, tans IARU Streek 1 Noodkommunikasie-ko-ordineerder, die eerste vergadering gereël in Tampere, Finland – die “Hoofstad van Noodtelekommunikasie”. Dit was hier dat die Verenigde Nasies en die Internasionale Telekomunikasieunie ’n interregeringskongres, ICET-98, byeengeroep het wat die “Tampere Konvensie” aanvaar het. Hierdie internasionale ooreenkoms fasiliteer die gebruik van telekommunikasie tydens humanitęre hulpaksies en het “Tampere” bekend gemaak deur die hele telekommunikasiegemeenskap. Konferensies oor dieselfde onderwerp is in die daaropvolgende jare gehou. In 2006 het GAREC vir die tweede keer in Tampere vergader in verband met die Internasionale Konferensie oor Noodkommunikasie, ICEC-2006 en die VN se Werkgroep oor Noodtelekommunikasie.

Die agenda van GAREC-07 sal hoofsaaklik op die onderwerpe fokus wat in Tampere bespreek was. GAREC will hoofsaaklik ’n forum wees vir die uitruil van inligting. Baie IARU-lidverenigings en gespesialiseerde noodkommunikasiegroepe het konsepte vir noodtoestande ontwikkel en geimplimenteer. Vele ander wil baat uit hul tegniese, operasionele en hul administratiewe en selfs hul “politieke” ondervindings tydens die vestiging van die nodige samewerking met vennote in ramp- en noodhulpverleniging. Suid-Afrika, en in besonder die SARL in sy eie reg, kon inligting deel en het waarde toegevoeg tot vorige konferensies. GAREC het al nuwe konsepte ontwikkel soos "Centre of Activity Frequencies" wat alreeds deur IARU Streek 1 en 3 Konferensies aanvaar is.

Die oorsig van gevorderde, digitale tegnologië en hul toepassing op noodtelekommunikasie sal ’n bykomende element van GAREC-07 wees. Die tweedagkonferensie sal propvol praktiese inligting wees en deskundiges sal demonstrasies reël van die vermoëns van 21ste eeuse amateurradio.

Met die ondersteuning van die Departement van Vervoer, sal die SARL verteenwoordig word deur HAMNET se Nasionale Direkteur Francios Botha, ZS6BUU. Charles Norval van SASAR het in sy brief ter ondersteuning van die SARL se deelname, gesę dat die SARL se bywoning van waarde sal wees vir beide Suid-Afrikaanse Soek en Redding (SASAR) en die Lugverkeer en Navigasiestelsel.

REGISTREER NOU VIR DIE KLAS B-EKSAMEN – NET 2 DAE OOR

Die volgende klas B-eksamen word gehou op 23 Augustus. Die sluitingsdatum vir registrasie is uitgestel tot 31 Julie, oor 2 dae. Geen laatinskrywings kan aanvaar word nie.

Die eksamenregistrasiefooi beloop R300. Die koste vir studente en leerders onder 25 jaar is slegs R200. Laai al die vorms van die SARL-webwerf af en faks dit na voltooiing aan 088 011 675 2793. U kan ook die vorms aanvra deur ’n e-pos te stuur aan admin@sarl.org.za. Volg die naagaanlys op bladsy 2 van die registrasievorm noukeurig. Skakels na die vorm kan gevind word in die artikel op die tuisblad.

PRESIDENTSNET EN INTEGNET VANAAND

Die Presidentsnet is vanaand op die lug. Kom deel in Graham Hartlett, ZS6GJH, se aanbieding om 19:00 oor SARL-sake en verskeie aktiwiteite wat vir die volgende paar maande beplan word. Graham sal ook die SARL se planne om 'ARDF - Amateur Radio Direction Finding' te bevorder. Dit is 'n aktiwiteit wat tans baie aftrek kry onder die jeug in Europa en die VSA.

Die Presidentsnet word om 20:00 gevolg deur die Integnet met Dr. Pieter Kotze as gasspreker. Sy onderwerp is 'Implications of Living on a Giant Magnet'. Toeligtingsprente in PDF-formaat kan van die SARL-webwerf afgelaai word. Besoek by www.sarl.org.za en klik op ARMI.

Klubs wat hul herhalers will koppel aan beide die Presidentsnet en die Integnet moet voor 12:00 vandag 'n e-pos aan armi@sarl.org.za stuur met besonderhede van die telefoonnommer wat by die konferensie ingeskakel moet word.

RADIOTEGNOLOGIE IN AKSIE SE PROGRAM VIR GAUTENG NOU OP DIE WEB

Die program vir die Radiotegnologie-in-Aksiedag in Gauteng op 18 Augustus is nou op die web beskikbaar. Die program bevat ’n verskeidenheid interessante aanbiedinge en demonstrasies. Leer hoe die Ooskaap se radioamateurs die węreld se grootste gekoppelde herhalernetwerk gebou het, of kyk na die FT5XO Kergeuleneiland Dxpedisievideo, deel in SARL-raadslid vir Tegnologie, Andrew Roos, ZS6AA, se bespreking van die SARL se sendontvangerprojek of bou ’n 40 m-ontvanger met Hannes Coetzee, ZS6BPZ.

Dit is ’n dag wat niemand wat in amateurradio of tegnologie belangstel sal wil misloop nie. Maak ’n nota van die datum, 18 Augustus by die Nasionale Amatuerradiosentrum. Toegang is R20. Studente en leerders se bywoning is gratis.

100-JARIGE HERDENKING VAN DIE PADVINDERBEWEGING

’n Sonopseremonie in Mafikeng deur ZS100MAF op Woensdag, 1 Augustus 2007, sal die begin wees van "The Dawn of a new Century for Scouting around the World".

Op 1 Augustus 1907, het die Padvinders se stigter Robert Baden-Powell ’n kamp, wat nou beskou word as die węreld se eerste Pandvinderskamp, gelei op Brownsea-eiland naby Portsmouth, Engeland. Hierdie datum merk dus die begin van die Padvindersbeweging.

Baden-Powell het ’n sterk verbintenis met Mafikeng waar hy vele van sy idees geformuleer het. Evan Davies, ZS6EVD, Eddie Leighton, ZS6BNE, en die Lichtenburg ARK gaan ’n spesiale stasie by SCENE, die dorp se Padvinderskampgronde, beman. Ondersteun asseblief die stasie en die baie harde werk wat Evan, Eddie en die LARK gedoen het vir hierdie geleentheid.

Die hoofidee is dat padvindersgroete die opkomende son van die ooste na die weste rondom die aarde volg.

Nog ’n oogmerk is om kontak te maak met die Padvinders op Brownsea-eiland, GB100BI, en met GB100J by die 21ste “World Scout Jamboree” by Chelmsford, net buite Londen. Hierdie twee stasies sal van 2007:07:27 tot 2007:08:08 aktief wees. Die permanente stasie by die Gilwell Park-aktiwiteitssentrum, GB2GP, sal ook gedurende hierdie tydperk aktief wees.

Met moderne tegnologie sal Padvinders die Brownseavieringe sowel as die van die 40 000 Padvinders by die nabygeleë “World Scout Jamboree” kan meemaak deur middel van ander digitale modusse.

Neem kennis dat ander lande ook verteenwoordig sal wees op 1 Augustus, BP100S – Taipei, 8J100S – Tokyo, EI100J – Dublin en SX100VAR – Athene, ens.

Wanneer u hierdie stasies roep, probeer die węreldwye Padvinderfrekwensies:

20 m - 14,290 MHz;
17 m - 18,140 MHz;
15 m - 21,360 MHz;
12 m - 24,960 MHz;
10 m - 28,390 MHz;
6 m - 50,160 MHz.


RAE-KURSUS IN DIE WES-KAAP

Voornemende studente vir die Oktober Klas A-RAE wat graag 'n kursus in die Wes-Kaap wil bywoon kan vir Karl, ZS1KC, by telefoon 021 976 5237 of sel 083 955 7177 skakel. Daar word beoog om teen 7 Augustus met die kursus te begin. Die klasse sal eenmaal per week by die Oakdale Sportklub aangebied word.

KOMPETISIENUUS

Die SARL-HF-foonkompetisie sal volgende Sondag 5 Augustus 2007 op die lug wees, dit begin om 15:00 en eindig om 18:30 SAT met aktiwiteit op sekere gedeeltes van die 20, 40 en 80 meterbande. Deelname kan as 'n enkeloperateur, multi-operateur of kortgolfluisteraar wees. Verder is dit opgedeel in laekrag, hoëkrag, enkelband, multiband of my beste uur. 'n RS-verslag en reeksnommer word uitgeruil.

Suider-Afrika is in 8 sones opgedeel vir hierdie kompetisie en deelnemers moet poog om stasies in elke sone te werk vir bonuspunte. Verdere bonuspunte word verkry deur dieselfde stasie op al drie bande te werk.

Die reëls en logstate is beskikbaar in die 2007 SARL-kompetisieboek by www.sarl.org.

Op Sondag 12 Augustus is die SARL 40 Meter Mobiele Sprint op die lug.

Johan, ZS4SS, wen die SARL-Digitale kompetisie.
Die kompetisiekomitee het vyf kompetisielogstate en een kontrolelog ontvang vir die SARL-Digitale kompetisie wat in Junie gehou is. Die uitslae is soos volg:

Enkeloperateur, Alle Bande – Laekrag:
Johan, ZS4SS, - 280 punte.

Enkeloperateur, Enkelband – Hoëkrag:
Eddie, ZS6BNE, - 228 punte;
Jack, V51KC, - 144 punte;
Jan, ZS4JAN, - 90 punte;
Jacques, ZS1JY, - 20 punte.

Jan, ZS6BMN, het 'n kontrolelog ingestuur.

Johan, ZS4SS, is beslis die wenner van die jaarlikse Digitale modusse kompetisie en sal eersdaags die Yaesu VX-2R draagbare sendontvanger ontvang. Wel gedaan, Johan!

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, was nie beskikbaar om hierdie week die voorspelling te doen nie. Hierdie verslag is deur Hans, ZS6AKV, saamgestel.

Spaceweather.co.za rapporteer dat die sonwind ’n spoed van 500 km/s bereik het. Geomagnetiese toestande is tussen onrustig tot aktiewe vlakke. Plaaslike HF-frekwensies is onstabiel tot onderdruk. Die vooruitsig is dat ’n koronagat gedraai het tot ’n geo-effektiewe posisie op die sonskyf, met nog een voorspel binne die volgende week of twee. HF-toestande sal versteurd wees gedurende meeste van die week.

20 meter blyk die beste DX-band te wees, in die vroegoggend is kontakte met Australië moontlik en laatmiddag tot vroegaand is daar ’n geringe kans op ’n QSO of twee met stasies op beide die wes- en ooskus van die VSA. Vir Europa bied 20 m die beste geleenthede vanaf middeloggend tot laatmiddag.

Voortplantingsvoorspelling is nie ’n presiese wetenskap nie, dus roep altyd op ’n band om the hoor of dit oop is. As almal slegs luister en nie roep nie, sal jy nooit weet nie.

Hannes sal volgende week terug wees.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir verdure inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

28 Julie - Presidentsnet en Integnet – vanaand;
1 Augustus – Spesiale stasie ZS100MAF op die lug;
5 Augustus - SARL-HF-foonkompetisie;
12 Augustus - SARL 40 Meter Mobiele Sprint;
18 Augustus - Radiotegnologie in Aksie dag in Gauteng;
23 Augustus - Klas B RAE;
6 Oktober - SA AMSAT Ruimtekonferensie;
18 Oktober - Klas A RAE.

Sarlnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Roger Conroy, ZR3RC, saamgestel is en uitgesaai is deur (jou naam en roepsien).

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003