Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 06 SEPTEMBER 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web: www.sarl.org.za. Klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB asook op 52,750, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Die begrafnisdiens van Peter Hoyle, ZS6TAO, wat op Donderdag 27 Augustus 2009 stil geraak het, sal op Maandag 14 September 2009 om 10:00 by die Dove-kapel in Jorrisonstraat, Braamfontein, gehou word.

In die nuus vandag:

TWEEDE BACARVLUG EERSKOMENDE SATERDAG

LANSERING VAN SUMBANDILASAT OP SKEDULE

ZS10WCS HIERDIE NAWEEK OP DIE LUG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

TWEEDE BACARVLUG EERSKOMENDE SATERDAG

Die tweede BACAR-vlug vir 2009 sal op Saterdag 12 September vanaf die Klerksdorp- (P C Pelser) vliegveld plaasvind. Die koördinate is: 26°52'00"S en 26°43'00"O. Die rede vir die verandering in lanseringsterrein is om te voldoen aan die vereistes van die lugvaartowerhede.
Die lansering is beplan vir tussen 08:00 en 08:15 SAT. Uitsending op 7 082 kHz en 145,750 MHz sal om 07:30 vanuit die SARL se Nasionale Amateurradiosentrum begin.
Die loonvrag sluit ‘n APRS-stelsel op 144,800 MHz in, wat twee minute voor lansering aangeskakel sal word, sodat APRS-stasies die vlug van BACAR kan volg. Die roepsein van die pakketbaken is ZS6SAT-7. ‘n BHF-baken op 144,825 MHz sal elke twee minute spraak, Gemoduleerde GG en GG uitsaai vir die eerste 30 minute, daarna elke 5 minute vir die volgende 119 minute en dan terugkeer na elke 2 minute.
‘n 40 meterbaken sal elke minuut telemetrie-inligting op 7 022 kHz uitsaai. Hierdie inligting sluit die binne- en buitetemperature asook die lugdruk in millibar in. Besoek www.amsatsa.org.za vir meer inligting oor die vlug.
Verwerf ’n sertifikaat: Radioamateurs wat ‘n telemetrielyn van die 40 meteruitsending, tesame met inligting van hulle ligging indien, sal ‘n BACAR-deelnamesertifikaat ontvang. Telemetrie-inligting moet op die lanseringsdatum na bacar@sarl.org.za gestuur word.
Sertifikate vir die Augustuslansering sal binne die volgende twee weke gepos word.

LANSERING VAN SUMBANDILASAT OP SKEDULE

Die voorbereidings vir die lansering van SumbandilaSat op 15 September verloop volgens skedule. Tydens ’n onderhoud tussen SA AMSAT en , Johan Erasmus, SunSpace se stelselingenieur, vanaf die lanseringsterrein in Kazakhstan, het hy gesę die satelliet het die reis ongeskonde oorleef en dat alle stelsels volgens spesifikasie tydens die toetsfase gereageer het, nadat die satelliet in die skoon kamer in die lanseringsfasiliteit in Baikonur, Kazakhstan, uitgepak is. Hy het gesę dat die amateurloonvrag hom goed gedra het. Die baken, papegaaiherhaler en transponeerder oor ’n afstand getoets is en dat RF-vlakke gemeet is. “Ons was verheug oor die resultate.”
Die butaanhouer van die aandrywingstelsel is gevul en die batterye is gelaai. Op Woensdag 2 September is SunbandilaSat met die lanseringsplatform geďntegreer. Die hoofloonvrag, ’n Russiese regeringssatelliet het in Baikonur aangekom vir integrering. Daar word verwag dat die lanseringsplatform gedurende die komende week na die werklike lanseringsterrein vervoer, en met die vuurpyl geďntegreer sal word. “Alles lyk goed vir ’n 15 Septemberlansering”, het Johan Erasmus gesę.
Luister na die onderhoud op www.amsatsa.org.za en later vanoggend daarna op Amateur Radio Mirror International.

ZS10WCS HIERDIE NAWEEK OP DIE LUG

Die spesiale geleentheidstasie ter viering van die 2010 węreldbekersokkerwedstryde sal elke naweek op die lug wees. Gedurende September sal die bedrywighede deur die Boland Amateurradioklub behartig word. QSL’s gaan na die Buro. Volle besonderhede is te vinde by www.sarl.org.za.

’n UNIVERSELE INISIATIEF VIR DIE UITRUIL VAN TEKSBOODSKAPPE

’n Universele metode vir die uitruil van teksboodskappe is voorgestel deur die persoon wat wat APRS die lig laat sien het. In ’n artikel die spesiale noodkommunikasieuitgawe van die QST-tydskrif stel Bob Bruninga, WB4APR, ’n nuwe inisiatief voor om metodes te vind om baie van die dosyne van bestaande amateurradio se teksoordragingsmetodes saam te voeg.
Bruninga se konsep is dié van ’n universele inligtingsuitruilingstelsel tussen amateurradio, die internet, selfoon en ander breëbandapparaat. Ingesluit is ook die moontlikheid van stasievolging met gebruik van APRS en boodskapuitruiling na en van DTMF-toegeruste amateurradiotoerusting.
Onder die WB4APR-konsep sal al wat ’n radioamateur nodig sal hę is sy of haar roepsein as ’n teksadres ten einde noodteksuitruiling beskikbaar te hę. Sy artikel getiteld “a Universal Amateur Radio Text Messaging Initiative” begin op bladsy 72 van die Septemberuitgawe van QST.

NUWE LEDE

Hierdie wek verwelkom ons die volgende nuwe lede: Jacobus van der Westhuizen, ZR6KBS, en B P Meyer, ZR6MP. Dankie, vir julle ondersteuning aan die SARL en amateurradio.

HET U DIE SPESIALE LIDMAATSKAPAANBOD MISGELOOP?

Indien u die spesiale lidmaatskapaanbod wat op 31 Augustus verstryk het, misgeloop het, het u nog tot 30 September om u lidmaatskap te hernu en ’n ononderbroke lidmaatskaprekord te behou. Die ledegeld vir ’n gewone lid is slegs R340 per jaar, dit is minder as R1 per dag, min genoeg ten einde ’n lid te wees van die nasionale organisasie wat na ons frekwensiebande omsien en amateurradio op alle vlakke by die staat verteenwoordig en ook internasionaal deur lidmaatskap van die Internasionale Amateurradio-unie by die ITU. Dit is u lidmaatskap wat krag verleen aan die sterkte van die SARL se stem. Om aan te sluit, besoek www.sarl.org.za, of bel Mariska by 011 675 2393 Maandae tot Donderdae tussen 08:30 en 16:00 en Vrydae tussen 08:30 en 11:00.

PUBLIEKE INLIGTINGSNETWERK VERGADER Maandag

Lede van die publieke inligtingsnetwerk kom Maandag om 19:45 bymekaar. Vir meer besonderhede aangaande die publieke inligtingsnetwerk besoek “media resources” op www.sarl.org.za.

OKTOBER RAE

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die RAE in Oktober 2009 is 24 September 2009.
Dit is noodsaaklik dat al die aansoekvorms volledig voltooid teen hierdie datum by die SARL-kantoor ingedien sal wees.
Laat inskrywings sal nie aanvaar word nie. Onvolledige of ontbrekende vorms sal lei tot ’n diskwalifikasie vir die skryf van die eksamen.
Indien u enige vrae aangaande die RA-eksamen het, of onseker is wat u moet voorlę, kontak asb. vir Mariska by die SARL-kantoor, by 011 675 2393 Maandae tot Donderdae tussen 08:30 en 16:00 en Vrydae tussen 08:30 en 11:00, of stuur ’n e-pos aan haar na admin@sarl.org.za.

HF voortplantings voorspelling

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds op 'n laagtepunt is. Die nuwe sonvlek wat sy verskyning gedurende die week gemaak het, het weggekwyn en tans is daar geen amptelike sonvlekke nie.
20 en 40-m is die beste keuses vir DX. Gedurende die middae gaan die toestande na die Ooste en die Weste goed wees. Gedurende laatmiddag en die aand gaan toestande na die Noorde goed wees. Gedurende die oggend is daar 'n moontlike kans om kontakte met Australië te maak. Gedurende die aand is kontakte met Nieu-Zeeland op 40 m moontlik. Gedurende die aand is daar ook 'n moontlikheid van 40 m kontakte met Brasilië.
Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate oor die langer afstande lewer.
Saans is 80 m die beste keuse.
Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

6 September – IARU Streek 1 ESB-velddag;
7 September – Publieke inligtingsbeamptes vergader om 19:45;
12 September – BACAR-lansering, 08:00 tot 08:15;
13 September -QRP-lentenaelloop;
15 September – Lansering van SumbandilaSat;
18 tot 20 September – SARL-BHF/UHF-kompetisie;
24 September – Inskrywings vir Oktober RAE moet in wees.

SARL-Nuus nooi klubs en individue om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Plaas nuusberigte, indien moontlik, in beide Afrikaans en Engels alleenlik op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n podcastuitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, opgestel is.

Dankie dat u geluister het. 73.
/EX.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003