Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 20 DESEMBER 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325; 14,235; 10,130; 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 52,750; 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

RADIOAMATEUR GAAN DIE THE HERMANUS MAGNETIESE OBSERVATORIUM BESTUUR

LEERLINGE EN ONDERWYSERS UITGENOOI OM OP ARISSAT-1 ’n “LêER TE LAAT VLIEG”

INDIEN RUIMTEWEERNAVORSING JOU INTERESSEER, HIER IS ’n GELEENTHEID IN ’n LEEFTYD

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

RADIOAMATEUR GAAN DIE THE HERMANUS MAGNETIESE OBSERVATORIUM BESTUUR

Dr Lee-Anne McKinnell, ZS2LAW, is aangestel as die waarnemende Besturende Direkteur van die HMO tydens die afwesigheid van die huidige B.D., Sandile Malinga, wat aan die Ruimteagentskap gesekondeer is. Sandile Malinga is deur die Minister vir Wetenskap en Tegnologie aangestel om vir ’n tydperk van 18 maande vanaf 1 Januarie 2010 as waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap te dien.

Dr Lee-Anne McKinnell is welbekend vir haar deelname aan die SARL se Tegnologie-in-Aksieprogram waar sy baie aanbiedinge gedurende die afgelope drie jaar gedoen het. Ten spyte van haar druk program sal Leë-Ann weereens gedurende 2010 by die RTA aansluit. Gelukwense aan beide Lee-Ann en Sandile.

LEERLINGE EN ONDERWYSERS UITGENOOI OM OP ARISSAT-1 ’n “LêER TE LAAT VLIEG”

Leerlinge en onderwysers word uitgenooi om hulle werk in die ruimte te laat vlieg in ’n nuwe satellietprojek genaamd ARISSat-1, wat die oorspronklike SuitSat 2 projek, wat uit ’n gebruikte ruimtepak met radiotoerusting sou bestaan, vervang.

“Die ARISSat-1-span wens ’n geheuestokkie in te sluit met lêers wat deur leerlinge voorsien is,” het Gaston Bertels, ON4WF, die internasionale voorsitter van ‘Amateur Radio on the International Space Station (ARISS)’ verduidelik. “Dit moet ’n .jpg- of PDF-lêer wees aangaande dinge wat deur die student voorberei is.’ Hy het sulke voorbeelde genoem soos ’n artikel of studie aangaande ’n WTIW- (wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- of wiskunde) onderwerp, ’n ruimteskip of skematiese tekening, ’n dagboek aangaande ’n WTIW-onderwerp, ’n storie of nuusartikel aangaande ’n WTIW-onderwerp of ’n foto van die klas wat besig is met ’n WTIW-taak. Deurdat die student se bydrae deel word van ARISSat-1 beteken dat die student deel word van die satellietprojek wat die ontplooiing van of ARISSat-1 en ’n ruimtewandeling insluit.”

“Die aantal lêers en die grootte van ’n lêer is nie beperk nie aangesien geheuestokkies oor ’n groot volume geheue beskik.” Bertels het gesê dat lêers of in .jpg- of PDF-formaat moet wees – geen Microsoft Word dokumente sal aanvaar word nie. Lêers mag in enige taal wees maar dit moet vergesel wees van ’n vertaling in Engels in teksformaat.

Suid-Afrikaanse inskrywings sal deur SA AMSAT geko-ordineer word en ook op ’n lokale webwerf geplaas word. Inskrywings moet voor 28 Februarie 2010 aan youth@sarl.org.za gestuur word.

INDIEN RUIMTEWEERNAVORSING JOU INTERESSEER, HIER IS ’n GELEENTHEID IN ’n LEEFTYD

Die Hermanus Magnetiese Observatorium, in samewerking met verskeie ander navorsingsinstitute en universiteite in Suid-Afrika, sal verantwoordelik wees vir die uitvoering van verskeie eksperimente in verband met Poolruimteweerstudies. Die eksperimente sal uitgevoer word aan boord van die SA Agulhas, by die Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Program se basis (SANAP) in Antarktika en in die Suid-Afrikaanse basisse op Marion- en Gougheilande. Die HMO benodig ’n toepaslik gekwalifiseerde (B.Ing. B.Tegn. of ekwivalent) Elektroniese Ingenieur met ten minste twee jaar toepaslike ondervinding of ’n M.Ing. M.Sc. of M.Tegn graad vir aanstelling op kontrak vir twee-en-’n-halfjaar in die Suid-Afrikaanse Antarktiese Ekspedisie (SANAE 50) se span na Antarktika vir 2011. Die minimum kontrakperiode sal van 1 Mei 2010 tot 30 September 2012 duur, maar, indien nodig, mag dit vroeër begin en later eindig. Die suksesvolle aansoeker sal by die HMO opgelei word en dit mag korttyd besoeke aan Marion- en Gougheilande insluit ten einde instrumentasie op te stel vir die HMO gedurende die opleidingsperiode by die HMO.

Aansoekers moet die vereiste HMO-aansoekvorms voltooi en indien tesame met ’n gedetailleerde CV en name en besonderhede van drie persone na wie verwys kan word en met ’n dekkingsbrief waarin die redes vir die aansoek verskaf word. Dit moet aan Die Antarktiese Beampte per e-pos gerig word na info@hmo.ac.za om die HMO te bereik voor 1 Januarie 2010. Vir meer inligting bel 028 312 1196.

IS U ONDER 18 EN GELISENSIEERD?

Indien u ’n roepsein het en onder 18 is, kom deel met ons u ondervinding om ’n radioamateur te wees. Skryf ’n kort storie oor hoe u belangstelling in amateurradio ontstaan het en hoe dit u in u skoolwerk en alledaagse lewe help. Ons sal die beste stories op ’n webwerf plaas wat spesifiek daarop gerig sal wees om amateurradio onder jongmense te bevorder. Daar is groot pryse te wen, so begin dus onverwyld. Stuur u storie met u naam, roepsein en telefoonnommer aan youth@sarl.org.za.

KOMPETISIENUUS

Die kompetisiekomitee het 13 logs vir die Novemberbeen van die SARL-HF-velddag ontvang, waarvan 12 kompetisielogs is en een ’n kontrolelog. Die voorlopige uitslae is:

Veldstasies

1ste Jan Botha, ZS4JAN, 116 412 punte;
2de West Rand ARC, ZS6WR, 77 712 punte;
3de Boland ARC, ZS1TB, 71 504 punte;
4de Highway ARC, ZS5HAM, 61 048 punte;
5de Sandton ARC, ZS6STN, 31 120 punte;
6de Pretoria ARC, ZS6PTA, 30 488 punte;
7de Hibiscus Coast ARC, ZS5HAC, 24 072 punte;
8ste Zululand ARC, ZS5ZLB, 19 542 punte;
9de Oakdale ARC, ZS1OAK, 16 632 punte;
10de Bloemfontein RAC, ZS4BFN, 2 760 punte.

Algemene stasies

1ste Pieter Jacobs, ZS6XT, 41 172 punte;
2de Theunis Potgieter, ZS2EC, 3 972 punte.

Kontrolelog - Stephanus Blignault, ZS6XB.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds laag is. 'n Indrukwekkende sonvlekgroep het sy verskyning Woensdag gemaak. Dit het tot 'n nuwe rekord sonvloedvlak van 83 vir die huidige sonvlek siklus gelei. Van ’n ander bron is verneem dat ongeveer twee dae gelede sonvlek 1 035 sy wyd as sewe aardes was. Die snelgroeiende aktiewe gebied het op 14 Desember te voorskyn gebars met ’n magnetiese polariteit wat dit duidelik as ’n lid van die nuwe sonsiklus 24 identifiseer. Indien die uitbreiding voortgaan, kan dit gou as die grootste sonvlek van die jaar word. Gaan kyk by http://spaceweather.com vir video’s, foto’s en opdaterings.

20 en 15-m is die beste keuses vir DX. Gedurende die middae gaan die toestande na Indië goed wees. Gedurende laatmiddag en die aand gaan toestande na Europa gematig wees. Kontakte met Nieu-Zeeland gaan op 15 m vir 'n kort rukkie gedurende die oggend moontlik wees. Smiddags behoort kontakte met Australië op 20 m moontlik wees. Gedurende die middae is daar 'n goeie kans vir 15 m kontakte met die VSA. Smiddags en vroeg aande gaan toestande op 15 en 20 m na Brasilië goed wees.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande te
lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate oor die langer afstande lewer. 20 m het weer van sy glorie herwin en daar kan goeie kontakte oor die langer afstande gemaak word. Met die sonvlekgroep se verskyning Woensdag het frekwensies so hoog as 15 m goeie voortplanting tussen Pretoria en Hermanus beleef.

Saans is 80 m die beste keuse.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

1 Januarie 2010 - Handsleutelnag met OSCAR’s, 2010;
1 Januarie 2010 – Aansoeke vir ruimteweernavorsingspos by HMO moet in wees, kry inligting van info@hmo.ac.za;
15 tot 17 Januarie 2010 – PEARS BHF/UHF-kompetisie;
23 Januarie - Tuiskonstruksiekursus in Kaapstad;
31 Januarie – Presidentsnet om 19:30;
28 Februarie - Sluitingsdatum vir die opstelkompetisie oor Sumbandilasat;
28 Februarie – Laaste datum vir inskrywings vir die ARRISSSAT-projek na youth@sarl.org.za.

SARL-nuus nooi klubs en individue om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n 'Podcast'-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

Dankie dat u saamgeluister het. 73.
/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003