Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 126 JUNIE 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

DRINGENDE BOODSKAP AAN ALLE AMATEURLISENSIEHOUERS

DIE SON WYS WIE IS BAAS!

MAAK GEREED VIR DIE JAARLIKSE HF-KOMPETISIES VAN DIE SARL

RTA GAAN NA DURBAN

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

DRINGENDE BOODSKAP AAN ALLE AMATEURLISENSIEHOUERS

Alhoewel hierdie aankondiging in vorige bulletins van die SARL ingesluit was en dit op die webwerf beskikbaar is, ontvang die SARL steeds oproepe van radioamateurs wat uitvind dat sy roepsein aan ’n ander persoon toegeken is. Ons herhaal dus die vorige aankondiging:

OKOSA 34 000 radiolisensies, wat vir die afgelope 365 dae onopbetaald was, gekanselleer. Dit sluit alle amateurradiolisensies in waarvoor geen betaling vir die tydperk ontvang is nie. Gaan na of u u lisensiegeld betaal het, en, indien u nie ’n geldige, gedrukte, lisensie of ’n offisiële kwitansie het nie, skakel OKOSA by 011 566 3313 of 011 566 3319 tussen 08:30 en 16:00 Maandag - Vrydag. HOU U LISENSIENOMMER BYDERHAND. Indien u amateurlisensie gekanselleer is, skakel OKOSA nou en OKOSA sal dit herstel indien u bewys van betaling kan verskaf. Indien u nognie betaal het nie, betaal nou met gebruik van die inligting en rekeningnommer van u laaste lisensie.

DIE SON WYS WIE IS BAAS!

Die son vang allerhande snaakse dinge aan. In ’n berig verlede week is genoem dat wetenskaplikes ’n aantal jare gelede voorspel het dat die son teen ongeveer 2012 in n tyd van maksimum aktiwiteit sal beweeg. Gedurende hierdie tydperk sou daar baie intense fakkels en baie sonaktiwiteit wees. Nou dink hulle dat die teenoorgestelde mag gebeur. Volgens drie studies wat op 14 Junie in die VSA vrygestel is, glo die kundiges dat die gewone sonsiklus mag afsluit en in ’n rigting van onaktiwiteit mik wat sedert die 17de eeu nie ondervind is nie.

Maar verlede wek het die son met wraak gereageer. Die eerste dag van die suidelike winter het met ’n sonfakkel begin. Magnetiese velde bokant sonvlek 1 236 het gedurende die vroeë ure van 21 Junie uitgebars en ’n koronale massa feitlik direk na die aarde uitgewerp. Dit blyk dat inkomende uitwerping nie baie sterk is nie, nieteenstaande, die wolk mag polare magnetiese storms tot gevolg hê wanneer dit die aarde teen ongeveer 23 Junie tref. Dit lat ’n mens wonder! Die oorspronklike storie kan op www.sarl.org.za gelees word, kies Amateur Radio TODAY uit die linkerhandse spyskaart.

MAAK GEREED VIR DIE JAARLIKSE HF-KOMPETISIES VAN DIE SARL

Op die 7de Augustus vind die SARL se jaarlikse HF-kompetisie plaas. Maak nou gereed om aan hierdie jaarlikse belangrike deel te neem. Dit word gevolg deur die SARL se HF-GG-kompetisie op 28 Augustus. Trofees word toegeken aan die wenners in die onderskeie afdelings van beide kompetisies. ’n Lang geskiedenis kleef aan verskeie van hierdie trofees. Dit sal eervol wees om jou naam op die basis van ’n trofee gegraveer te hê en om die trofee en ’n miniatuur skild tydens die jaarlikse toekenningsdinee in ontvangs te neem. Verskeie sal toegeken word aan elke persoon wat ’n logstaat met tien of meer kontakte indien.

Luisteraars word ook herinner dat daar ook verskeie ander kompetisies voorlê. Die derde been van die QRP-kompetisie sal op 16 Julie plaasvind en gevolg word deur die vierde been van die klubkompetisie op 27 Julie.

Op 8 Augustus vind die SARL se JD-naelloop plaas. Die wennende JD sal ’n bos blomme en sjokolade ontvang. Daar sal ook ’n gelukstrekking wees uit die JDs wat logstate indien.

Op 21 Augustus is dit die derde been van die digitale kompetisie.

Die SARL se HF- en Kompetisiebestuurder, Geoff Levey, ZS6GRL, het gesê dat dit lekker sal wees om te te hoor dat al die ‘nuwe amateurs’ aan die kompetisies deelneem. “ Dit is ’n genotvolle gebeurtenis en ’n goeie manier om vertroue te verwerf en kontakte te maak vir die verskillende toekennings wat beskikbaar is. Julle het al die harde werk gedoen om in die eksamen te slaag, dus kom en geniet die pret op die lug.”

Behalwe die gelukstrekkingspryse is dit besluit om ook ’n aantal komplimentêre een jaar ledegelde aan nie-SARL-lede, wat logstate indien, toe te ken. Onthou, om te kom in aanmerking vir ’n prys, moet ’n logstaat na afloop van ’n kompetisie aan die kompetisiekomitee voorgelê word – dit is ‘Die regte ding om te doen.’

SARL SE WEBTUISTE

Die verhuising na ’n nuwe diensverskaffer was meer uitdagend as wat verwag was, hoofsaaklik as gevolg van die vele mislukkings wat die afgelope week deur die huidige diensverskaffer ondervind is. Wees asb. geduldig met ons. Die huidige web sal na ’n toetsterrein verskuif word voordat dit finaal verhuis. Nadat die proses voltooi is, sal dit op SARL TODAY bekend gemaak word. Die webadres sal dieselfde bly, dus geen aksie sal vir lede en besoekers aan www.sarl.org.za nodig wees nie.

RTA GAAN NA DURBAN

Die SARL se Radiotegnologie-in-Aksie sal op 30 Julie in Durban plaasvind. Dit sal aangebied word in die Skool vir Elektriese, Elektroniese en Rekenaaringenieurswese van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Die program sal van volgende naweek af op die SARL se webwerf beskikbaar wees.

NUWE LEDE

Die SARL verwelkom die volgende nuwe lede:

ZS1MAC, Raymond Maclean;
ZS1CBT, Rean Theron;
ZS6CX, Glen Marshall en
ZS3OBS, Sutherland Amateurradioklub.

Ons vertrou dat julle julle verbintenis met die SARL sal geniet. Julle lidmaatskap versterk die stem van amateurradio in Suid-Afrika.

Tot datum het 534 lede hulle lidmaatskap hernu. Die nuwe jaar begin op 1 Julie, betaal asb. u ledegeld so gou moontlik. Rekenings is ’n aantal weke gelede uitgestuur.

KLUBAKTIWITEITE EN KLUBNUUS

HABEX

Saam met die Klerksdorp Hamfest wat op 2 Julie sal plaasvind, sal die HABEX-groep ’n ballon met toerusting lanseer. Dit is geskeduleer vir 08:00 vanaf die Klerksdorp vliegveld.

Die loonvrag bestaan uit ’n beheerder met APRS op 144,850. Daar sal ook ’n kruisbandherhaler met APRS, RX op 145,850 en TX op 437,850, maar sonder enige toon wees. Hierdie herhaler is in plek van die papegaaiherhaler wat ’n vorige keer baie suksesvol was.

Die groep beplan om ’n HF-baken op 40 m sowel as ’n APRS-eenheid wat op 144,800 sal uitsaai, in te sluit. Hierdie sal egter nog bevestig moet word.

Ongelukkig, met die Hamfest wat terselfdertyd plaasvind, maar op ’n ander terrein, sal daar nie die normale echolink en lewendige herleidings soos in die verlede was nie. Die span sal egter probeer om op HF sowel as die kruisbandherhaler aktief te wees terwyl hulle mobiel is.

Luisteraars is welkom om in te roep en ook om die vlug te volg op www.aprs-za.com or www.aprs.fi.

Ten einde meer inligting oor hierdie projek te wete te kom, besoek asb. HABEX op www.habex.za.net. Hierdie webtuiste sal gereeld gedurende die week tot 2 Julie op datum gebring word.

Tydens die AJV van die Wes-Rand Amateurradioklub wat op 11 Junie 2011 in Weltevredenpark gehou is, is die volgende lede tot die komitee verkies:

Voorsitter: Phillip van Tonder, ZS6PVT
O/voorsitter Geoff Levey, ZS6GRL
Sekretaris Rory Crouch, ZS6RBJ
Tesourier Dave Cloete, ZR6AOC
Lede Remeo Nardini, ZS6ARQ
Nico Vorster, ZS6NJV
Johan van Vuuren, ZS6JVV
Heather Holland, ZS6YE
Jess Hawes, ZS6YOT
SARL en OIB Willem Weideman, ZS6WWJ
Anode (nuusbrief) John Brock, ZS6WL

Dank aan die uittredende komiteelede en sukses word toegewens aan die nuwe komitee.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteit op lae tot gematigde vlakke sal wees. Sonvlek 1 240 is in die Suidelike halfrond geleë en dit wil voorkom of hy stadig besig is om te groei. 'n Nuwe sonvlek is ook besig om in die Noordelike halfrond te vorm. Daar is tans nie 'n moontlikheid vir groot sonfakkels nie. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week sowat 44.

Met die verandering van die seisoen en die laer sonaktiwiteit is 20 m die beste keuse vir DX gevolg deur 30 m en ook 15 m met sporadiese openinge.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

02 Julie - Klerksdorp Hamfest en HABEX-lballonvlug om 08:00.
16 Julie – 3de been van SARL QRP-kompetisie.
27 Julie – 4de been van SARL Klubkompetisie.
30 Julie – RTA in Durban.
07 Aug. - SARL HF-foonkompetisie.
09 Aug. - SARL JD-naelloop.
21 Aug. - 3de been van SARL Digitale kompetisie.
28 Aug. - SARL HF-GG-kompetisie.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 750 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 18:30 SAT op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.
/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.
members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003