SARL-NUUS SONDAG 04 DESEMBER 2011
U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.
Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.
U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)
STIL SLEUTEL
Nuus wat gisteraand laat ontvang is, is dat die sleutel van Bert Howes, ZS6HS, in die ouderdom van 96 jaar in 1 Militêre Hospitaal, in Pretoria op 3 Desember opgehou werk het. Ongelukkig is geen verdere besonderhede ten tye van die oplaai van hierdie bulletin beskikbaar nie. Ons innige meegevoel aan Bert se naby en ander familie en vriende.
Dit is met leedwese dat die Boland Amateurradioklub moet aankondig dat die sleutel van Frans Byleveld, ZS1RF, op 30 Augustus 2011 in die ouderdom van 81 jaar stil geraak het. Frans was 'n stigterslid van Tak Boland in 1948 en later 'n erelid van die klub.
Ons innige meegevoel gaan aan sy LV Leonie, kinders, ander familie en vriende.
(POUSE)
In die nuus vandag:
DIE NAG VOOR KERSFEES
RADIOAMATEURS LUISTER NA DIE SEIN VAN DIE MARS WETENSKAPLABORATORIUM
VERKRY HIERDIE KERSFEES HARDEBANDUITGAWES VAN DIE ARRL SE HANDBOEK OF ANTENNABOEK
AO 51 QRT
U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.
DIE NAG VOOR KERSFEES
Net mooi in tyd vir die Kersseisoen het Gary Pearce, KN4AQ, ’n videoweergawe van Clement Clarke Moore se gedig ’n Besoek van St Nicholas – in die algemeen meer bekend as Die Nag Voor Kersfees – vrygestel, maar Pearce se weergawe het ’n duidelike amateurkinkel. Met kitaarbegeleiding deur Don Mercz, W3AVR, ’n Amateur Se Nag Voor Kersfees sluit in buiteblaaie van die QST-tydskrif, Gil-grapprente en QST-advertensies met Kersfeestemas uit vervloë dae. U kan daarna luister of dit aflaai van die koppeling Amateurradio Vandag op www.sarl.org.za.
RADIOAMATEURS LUISTER NA DIE SEIN VAN DIE MARS WETENSKAPLABORATORIUM
Slegs 7 uur na die lansering van NASA se Mars wetenskaplaboratorium en soos dit van die aarde af wég gespoed het, het amateurs met gebruik van die AMSAT-DL se fasiliteit in Bochum, Duitsland, het amateurs ingeluister na die tuig se telemetrieseine op 10 GHz. Om 21:45 UTC was die ruimtetuig ongeveer 115 000 km weg van die aarde op pad na ’n ontmoeting met Mars in Augustus 2012. James Miller, G3RUH, het deur afstandbeheer die 20 meter paraboliese antenna in Bochum na die Mars wetenskaplaboratorium gerig en die volging- en ontvangstelsels inwerking gestel. Volgens Miller het die sein ’n spinmodulasie van =- 3 Hz teen twee omwentelings per minuut gehad. Die antenna by Bochum word ook deur AMSAT-DL gebruik om intydse sondata van NASA se STEREO A/B-satelliete te ontvang. Hierdie data word per internet aan ’n NOAA-diensverskaffer in die VSA aangestuur.
VERKRY HIERDIE KERSFEES HARDEBANDUITGAWES VAN DIE ARRL SE HANDBOEK OF ANTENNABOEK
Die SA Amateurradio Ontwikkelingstrust het hardebanduitgawes van die ARRL 2012 handboek sowel as die nuwe uitgawe van die Antennaboek in voorraad. Om te bestel, besoek www.amateurradio.org.za/books,htm. Boeke wat bestel is sal beginnende op 9 Desember in die pos besorg word. Bestel nou indien aflewering voor Kersfees verlang word. Daar is beskrywings oor die inhoud van die twee boeke op die SAARDT se webwerf beskikbaar.
AO 51 QRT
Die AO 51 amateurradiosatelliet het stil geraak. Drew Glasbrenner, KO4MA, die Visepresident vir Bedryf van AMSAT Noord-Amerika, het gesê dat die tuig opgehou het met die uitstuur van seine en dat dit ook nie op enige bevele van die grond af reageer nie.
Glasbrenner het die aankondiging op Dinsdag 29 November gemaak. Met die publieke aankondiging van die staking van die werking van AO 51 is dit genoem dat in die laaste telemetriedata wat ontvang is, daar ’n aanduiding was dat die derde van die ses batterye wat5 krag aan die satelliet gelewer het, ’n kortsluittoestand nader. Volgende waarneming het aangedui dat die spanning van die drie oorblywende selle onvoldoende was vir die werking van die UHF-senders. Toetse met die S-band sender was ook nie positief nie, maar meer probeerslae word verwag.
Glasbrenner sê dat die beheerspan probeer het om die satelliet in ’n toestand te laat waar, indien die spanning hoog genoeg styg, die 435,150 MHz sender moontlik gehoor sal word. Hy sê dat die beheerspan gedurende die komende maande gereeld sal probeer om kommunikasie met die satelliet te bewerkstellig aangesien daar altyd die moontlikheid bestaan dat ’n sel uit sy kortsluittoestand kan kom en dat AO 51 weereens bruikbaar mag raak.
AO 51 was vir die beste deel van 7 jaar in omwenteling en het gedurende daardie tyd diens aan die radioamateurgemeenskap verskaf.
NEEM BHF SAAM MET U OP VAKANSIE
Nou dat die vakansieseisoen begin en baie binnelandse amateurs kuswaarts gaan keer, mag dit ’n goeie idee wees om ’n laekrag sendontvanger en ’n 3 of 4 element Yagi-antenna vir 144 MHz saam te neem en Tropovoortplanting te geniet. Sterk tropo-openinge mag dikwels gedurende warm, vogtige dae, en ook so ’n uur na sonsondergang voorkom wanneer distansies tot 400 km en verder met ESB en FM bereik kan word.
Indien die stel ook oor 50 MHz beskik, kan landwye kontakte gedurende die oggende en/of namiddae, selfs met lae krag en met gebruik van ’n 2 of 3 element antenna gemaak word wanneer onverwagte sporadiese E-openinge voorkom.
Stel jou voor om langs ’n braaivleisvuur ongewone kontakte te maak met ’n mikrofoon in die een hand en ’n bier in die ander hand. Geniet jou vakansie met BHF RF!
KLUBNUUS
Tydens die AJV van die Suid-Afrikaanse Antieke Radiovereniging gehou op 12 November 2011, is Richard, ZS6TF, as President vir 2012 verkies. Die res van die komitee bly aan as volg nl. Rad, ZS6RAD, Tegniese Raadgewer; John, ZS1WJ, Wes-Kaap; Andy, ZS6ADY, Skakelbeampte en Nuusbriefredakteur.
Die komitee bedank Don, ZS5DR, die uittredende President, vir sy bydrae tot die vereniging die afgelope twee jaar.
HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteit besig is om verder af te neem met slegs 'n paar C-klas fakkels wat gedurende die week geproduseer is. Dit wil voorkom of sonvlek 1 363 besig en daar is nog steeds die moontlikheid van 'n M-klas fakkel. Verder is die son se oppervlakte oortrek met kleiner sonvlekke wat gunstige HF-toestande verseker.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 88.
20 tot 10 m gaan pret wees met verskeie openinge gedurende die verloop van die dag. Die hoër bande sal tipies eerste oopmaak om dan later deur die laer bande gevolg te word. 6 m is ook aktief met goeie TEP-openinge van tyd-tot-tyd.
Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.
DAGBOEK VAN GEBEURE
31 Januarie 2012 - Laaste dag vir insending van nominasies vir SARL-Raadslede en mosies vir die SARL se AJV in 2012.
31 Januarie 2012 - Sluitingsdatum vir insending van voorgestelde verhandelings vir SA AMSAT se Ruimtesimposium.
Onthou ook om nominasies in te stuur vir die SARL-toekennings wat gedoen sal word tydens die galadinee wat ook gedurende die naweek met die 2012 SARL-AJV sal plaasvind.
SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.
Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.
U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George, ZS6NE.
Dankie dat u geluister het, 73.
/EX
Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.