Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 19 Augustus 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

INTERNASIONALE VUURTORING-/LIGSKIPNAWEEK 2012

KLUBS UITGENOOI OM BY DIE SARL AAN TE SLUIT

SARL HF DIGITALE KOMPETISIE VANDAG

DIE VOLGENDE SARL RTA IN PORT ELIZABETH

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

INTERNASIONALE VUURTORING-/LIGSKIPNAWEEK 2012

Meer as 400 vuurtorings in bykans 50 lande en gebiede van Argentinië tot Wallis - sal op die lug wees vir die 2012 Internasionale Vuurtoring-/ligskipnaweek georganiseer deur Skotland se Ayr amateurradiogroep. Die byeenkoms, vir die 15de jaar opeenvolgend, vind Saterdag 18 Augustus vanaf 00:01 UTC tot Sondag 19 Augustus tot 23:59 UTC plaas. Hoewel dit nie 'n wedstryd is nie, is dit meer van 'n QSO-party en 'n amateurradiodemonstrasie. Dit het ten doel om openbare bewustheid van vuurtorings en ligskepe en die behoefte aan die behoud en herstel daarvan aan te wakker, amateurradio bekend te stel en internasionale welwillendheid te bevorder. Stasies op meer as 50 Amerikaanse ligte word verwag om vir die geleentheid op die lug te wees, en verskeie stasies sal spesiale geleentheid roepseine gebruik. Deelnemende vuurtoring-/ligskipstasies hoef nie binne die struktuur of op die skip self te wees nie, 'n velddagtipe opset by of aanliggend aan die lig is heeltemaal in orde.

Daar is nog 'n paar uur oor om met een van die talle vuurtorings en skepe op die lug te praat.

KLUBS UITGENOOI OM BY DIE SARL AAN TE SLUIT

Radioklubs in Suid-Afrika word uitgenooi om by die SARL te affilieer en die voordeel van publikasie van hul aktiwiteite op die web, in SARLNUUS en in Radio ZS te geniet. Geaffilieerde klubs word ook gehelp met aansoeke virr spesiale roepseine en hulle kwalifiseer om 'n RAE eksamensentrum te beheer en koppelings van hul webadres en e-posadres met www.sarl.org.za te bewerkstellig.

Om by die SARL te affilieer moet 'n klub 'n aansoekvorm voltooi en indien saam met 'n afskrif van die kluk se grondwet, en 'n lys met kontakbesonderhede van die sy komiteelede. As 'n lys van sy huidige klublede ook voorsien word, sal die SARL in staat gestel word om die databasis van die roepseinboek op datum te bring sodat dit 'n lid se klubaffiliasie aantoon. Stuur al die besonderhede aan secretary@sarl.org.za. Daar is geen koste vir affiliasie nie.

DIE VOLGENDE SARL RTA IN PORT ELIZABETH

1 September is amptelik Lentedag in Suid-Afrika, maar vir Port Elizabeth en omliggende gebiede is daar 'n ekstra aantrekkingskrag: "die SARL se Radiotegnologie-in-Aksie-simposium". Dit sal op 1 September by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit gehou word. Hierdie jaar se program, wat praktiese werk insluit, het wye steun in KwaZulu-Natal en Gauteng ondervind. Dit is nou vir die Oos-Kaap om 'n nuwe bywoningsrekord te stel. Voorafbespreking open op Maandag. Besoek www.sarl.org.za vir meer inligting. Hou die tuisblad dop vir meer besonderhede.

SLUIT VANAAND BY DIE AANKEERDERY VAN RYRY GROENTJIES AAN

Op Sondag, 19 Augustus, dit is vandag, keer die digitale modusse terug na die groentjieaankeerdery (RYRY ROOKIES). Geskep om die ontluikende operateur 'n plek te gee oor hoe om teen n aantrekliker tempo te leer hoe om aan wedstryde deel te neem, is die nuwelingaankeerdery 'n ses uur wedstryd wat oop is vir alle amateurs wat vir drie jaar of minder gelisensieer is. Indien u vir 2010, 2011 of 2012 gelisensieerd was, kwalifiseer jy as 'n nuweling.

Weens populêre versoek, is 'n multi-operateurkategorie geskep vir die groentjieaankeerdery. Verskeie groentjies kan van dieselfde plek as 'n groep funksioneer. Jy gebruik dieselfde roepsein en naam in die uitruiling van besonderhede, ongeag wie die operateur voor die sleutelbord is. Hierdie kategorie is ideaal vir klubs wat begerig is om hul nuwe lede meer aktief kry.

'n Spankompetisie is ook geskep: Tot vyf enkeloperateurgroentjies - wat elk van hul eie plek werk - kan saamwerk soos 'n span en hul tellings kombineer. Spanlede word ook vir hulle individuele pogings gekrediteer. Nie-groentjies word nie toegelaat om lede van 'n span te wees nie.

Gesoute amateurs het wel 'n plek in die groentjieaankeerdery. Voogdyskap is 'n kritieke komponent van die groentjieaankeerdery, en gesoute amateurs word aangemoedig om nie net met groentjies kontakte te maak nie, maar om aan te bied om hulle te help en te leer hoe om deel te neem. Groentjies mag met enigiemand QSO, maar nie-groentjies mag slegs met groentjies QSO. Die uitruilings is eenvoudig: stuur net beide roepseine, jou noemnaam en jou QTH (dit is óf die Amerikaanse staat, Kanadese provinsie, Mexikaanse roepgebied of "DX" as jou QTH nie in die VSA, Kanada en Mexiko is nie).

Alle amptelike inskrywings moet die vorm www.b4h.net/arrlrr/index.php gebruik. Maar moenie lank wag nie - jy het net drie dae om die opsomming van jou telling in te dien. Alle opsommings moet voor 23:59 UTC Woensdag, 22 Augustus 2012 ontvang wees.

Die 2012 ARRL RTD groentjieaankeerdery duur vanaf 18:00 UTC tot 23:59 UTC Sondag 19 Augustus, 2012. Volledige reëls en die indiening van tellings kan gevind word by www.arrl.org/rookie-roundup.

Dit is 'n goeie idee vir 'n klub om 'n plaaslike groentjieaktiwiteit in Suid-Afrika te reël! Miskien kan PEARS van die idee gebruik maak aangesien hulle alreeds 'n beginnersaktiwiteit aanbied. die idee as hulle reeds 'n beginners geval loop.

NUWE INLIGTING OOR QSL-BURO OP DIE WEBBLAD

Graag word u aandag gevestig op die verandering wat aangebring is t.o.v. die QSL-Buro-inligting op die SARL se webblad. U word vriendelik versoek om dit te lees en na te kom. Aangename DX.

KOMPETISIENUUS

Die SARL HF Digitale kompetisie is vanmiddag tussen 13:00 en 16:00 UTC op die lug. Die reels is verlede Sondag in SARLNuus gepubliseer en ka nook gevind word in die 2012 SARL Kompetisiehandboek. Vanmiddag kan u PSK31 en RTD op 20, 40 en 80 meter werk.

Vir die SARL HF Foonkompetisie het die kompetisiekomitee 26 enkeloperateur logs, 1 multi-operateur log en 2 kontrolelogs ontvang. Die aantal logs ontvang is minder as in vorige jare en van die logs ontvang was in die verkeerde formaat. Lees asseblief Algemene Reel 5 en 6. Die uitslae sal vroeg in volgende week bekend gemaak word.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak besig is om af te neem. Daar is net 'n paar sonvlekke tans sigbaar en die kanse vir groot fakkels is gering.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 35.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. As gevolg van die laer sonaktiwiteit gaan 10 m openinge minder gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
19 Augustus - SARL HF digitale kompetisie vanmiddag tussen 13:00 en 16:00 UTC.
19 Augustus- -2012 ARRL RTD groentjieaankeerdery vanaf 18:00 UTC tot 23:59 UTC.
26 Augustus - SARL HF GG-kompetisie.
27 Augustus - Laaste dag vir insending van logstate vir die SARL HF digitale kompetisie na zs4bfn@netactive.co.za of Bloemfontein RAK, 33211, Fichardt Park, 9317.
1 September – RTA in Port Elizabeth by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, voorafbespreking begin môre, besoek www.sarl.org.za.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003