Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 04 November 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Joost Schuitemaker, ZS5S, in die nag van 29 Oktober stil geraak het na 'n stryd van maande teen kanker. Vir baie jare het Joost e-posherleidings d.m.v. pakketradio na seevaarders gedoen.

Ons innige meegevoel aan sy eggenote Marjoke, ZS5V, familie en vriende.

(POUSE)

IN DIE NUUS VANDAG:

AL OOIT DIE BOEK "MUTINY ON THE BOUNTY" GELEES?

VOLGENDE SONDAG IS HERINNERINGSONDAG

111 KANDIDATE SLAAG DIE RAE

SARL-LIDMAATSKAP EN GEAFFILIEERDE KLUBS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

AL OOIT DIE BOEK "MUTINY ON THE BOUNTY" GELEES?

Elke DX-operateur ken die storie van HMS Bounty en Pitcairn eiland, VP6: Gedurende 1789 het die Bounty -- 'n klein driemasvaartuig gestuur deur die Britse Koninklike Vloot na die Stille oseaan op 'n voorraadekspedisie. Die vaart was gevul met spanning tussen die bemanning en die kaptein, William Bligh. Nadat die die vaartuig 'n vrag voedsel in Tahiti aan boord gelaai het, seil die Bounty na die Wes-Indiese eilande; die vaartuig het nooit sy bestemming bereik nie. In plaas daarvan het die bemanning onder leiding van Fletcher Christian gemuit. Hulle laat Bligh en sy lojale ondersteuners wegvaar in reddingsboot. Onder baie moeilikhede omstandighede het hulle die Hollandse hawe Kupang bereik. Christian en sy volgelinge het Pitcairn bereik waar hulle die Bounty vernietig het en op die eiland aangebly het. Verbygaande skepe was nooit bewus van die lewe daar nie tot die draai van die eeu.

Die Bounty gebou in 1960 vir die rolprent "Mutiny on the Bounty" het op 29 Oktober gesink nadat die orkaan Sandy langs die kus van Noord Carolina op pad na New Jersey beweeg het. 14 van die 16 bemanningslede is deur die Kuswag gered. Die Kaptein van die Bounty, Robin Walbridge, KD4OHZ, kon nie die reddingsbote haal nie en het vermoedelik verdrink. Claudene Christian, moontlik 'n direkte afstammeling van Fletcher Christian het nie op mediese hulp reageer nie en is Maandagaand in die North Carolina hospitaal oorlede.

Doug Faunt, N6TQS, van Oakland, Californië was een van die seevaarders wat deur die Kuswag gered is; Faunt het gedien as 'n dekmatroos en die skip se elektrisiën. 'n Bekende DXer en ARRL lewenslange lid, was in 2000 lid van die F00AAA ekspedisiespan na Clipperton eiland. Hy was ook 'n lid van die VP6DIA DX-ekspedisie na Dulcie eiland, asook gedurende 2007 lid van die DX-ekspedisie na Lashadweep.

Volgens Spud Roscoe, VE1BC, het Faunt satelliettoerusting met Winlinkvermoë aan boord die Bounty gehad, maar hy was nie die skip se radio-offisier nie. "Om in replikavaartuie te vaar was 'n stokperdjie van Doug" het Roscoe aan die ARRL gesê. "Hy het voorheen oor die Groot Australiese Water met 'n replika van die HMB Endeavour, Kaptein Cook se skip, gevaar. Hy was 'n bekwame matroos". Roscoe was die radio-offisier aan boord die replika Bounty gedurende die oorspronklike seevaart na Frankryk gedurende 1962.

Faunt het aan die ARRL verduidelik dat die Bounty se bemanning allerhande metodes probeer het, insluitend 'n satellietfoon om om hulp te roep en daarna het hulle op HF geroep. Ons het die Maritieme Net probeer maar daar was geen kontak nie. Ons het Winlink aan boord gehad wat vir e-pos, die internet en Facebook gebruik was. Uiteindelik het ons 'n e-posadres na die kuswag gekry. Ons laaste kans, gebruik ons Winlink en stuur ons 'n e-pos vir hulp aan die kuswag. Minder as 'n uur later hoor ons 'n C-130 vliegtuig en later ook 'n helikopter bokant ons. Volgens Faunt was dit Walbridge, die skeepskaptein, wat die noodboodskappe uitgestuur het.

"Ek kan nie onthou hoe ek die vaartuig verlaat het nie" sê Faunt. “Ek het 'n lang skof agter die rug gehad, toe begin ons sink. Ek was moeg gewees. Ek moes na die reddingsboot swem. Oral was touwerk , en ek met my klere probeer swem. Dit was baie moeilik. Terwyl ek na die boot swem, het ek vir lug opgekom en 'n balk het na my toe gekom. Uiteindelik het ek die reddingsboot bereik, maar kon nie opklim nie, ek het dit amper nie gehaal nie, ek was te moeg. My skeepmaats, reeds op die vaartuig, het my gehelp. Die twee reddingsvaartuie was ongeveer 100 myl van die kus toe ons gered is.

Dit was Donderdag, Oktober die 25ste toe die vaartuig uit Connecticut vertrek het. Die bemanning het bestaan uit 11 mans en 5 dames, waarvan die ouderdomme tussen 20 en 66 was. Nadat hulle behandeling by die hospitaal in Elizabeth City ontvang het, is Faunt terug na sy tuiste in Kalifornië, waar hy op Woensdag die 31 ste Oktober aangekom het. “ek is op die uitkyk na 'n nuwe boot om op te seil en 'n DX-pedisie mee te maak,” het Faunt aan die ARRL gesê. “Dit was amateurradio wat my aan boord die Bounty gekry het, en dit was amateurradio wat my gered het.”

Regtig 'n merkwaardige verhaal.

VOLGENDE SONDAG IS HERINNERINGSONDAG

Elke tweede Sondag in November saai die SARL 'n spesiale kerkdiens gedurende die laaste 15 minute van Amateur Radio Today uit ter herinnering van almal wat hulle lewens gegee het ter verdediging van hul land. Die diens sal op 11 November om 10:45 uitgesaai word en sal gelei word deur DS. Jan Kramer, ZS6JRK. Alle radioamateurs word versoek om as 'n blyke van respek radiostilte tydens die diens te handhaaf.

111 KANDIDATE SLAAG DIE RAE

Gideon Jannasch sê die wagtyd vir die uitslae van die Oktober RAE is iets van die verlede. 'n Totaal van 111 kandidate het die eksamen geslaag. Die rede vir kandidate wat nog nie hulle roepseine ontvang het nie, is dat hulle nog nie alle dokumente ingedien het nie, hulle moet dit so gou doenlik indien.

Die nuwe roepseine kan op www.sarl.co.za gesien word. Veels geluk aan al die suksesvolle kandidate, ons vertrou dat ons julle gou op die lug sal hoor. Aan alle ou radioamateurs, wees asb. geduldig met die nuwelinge en help hulle op 'n vriendelike manier.

Weereens, baie welkom aan al die nuwe amateurs en ons vra sluit aan by die SARL indien dit nie alreeds gedoen is nie. Julle ontvang gratis lidmaatskap van die SARL tot 30 Junie 2013.

SARL-LIDMAATSKAP EN GEAFFILIEERDE KLUBS

Die SARL kondig ook met genoeë aan dat sy ledetal nou 1 500 oorskry. Dit sluit nog nie die nuwe lede, wat pas die RAE geslaag, in nie. Hierdie lede sal in die komende week bygevoeg word.

Die SARL verwelkom Dennis Lightbody, ZSL1050, wat as lid by die liga aangesluit het. Ons vertrou dat hy 'n lang en gelukkige lidmaatskap met die SARL sal geniet.

Gedurende die afgelope 2 weke het die volgende klubs ook met die SARL geaffilieer:

False Bay Amateur Radio Club ZS1FRC
Highveld Amateur Radio Club ZS6HVB
Overberg Amateurradioklub ZS1OAR
Sasolburg Amateur Radio Club ZS4SRK
Suid Kaap Amateur Radio Club ZS1SKR
Vaal Triangle Amateur Radio Club ZS6VTB
West Rand Amateur Radio Club ZS6WR

Dit bring die aantal geaffilieerde klubs nou op 28 te staan. Vir 'n volledige lys van geaffilieerde klubs gaan na die SARL webblad en klik op Club Talk.

KOMPETISIENUUS

PEARS HF DX KOMPETISIE

Deelnemers neem asb. kennis dat die datum van 13 November, soos aangegee in die Kompetisie Blouboek, verkeerd is. Die regte datum is 13 November.

Overberg amateurradioklub

Gedurende die naweek 17/18 November vind die SARL se velddagkompetisie plaas. Die Overberg amateurradioklub
Sal 'n veldstasie by die QTH van John, ZS1DI, en Judy, ZS1JEG, by Stanford bedryf. Die klub se jaareindbraai sal ook plaasvind tesame met 'n kattebakverkoping, jakkalsjag en 'n uitstalling deur AWA waar hulle hoop om van die toerusting te gebruik. Daar SI kampeer- en braaigeriewe. Besoekers is welkom. Vir meer besonderhede, kontak Andre, ZS1AZ, by 028 514 2018 na 18:00 of Sam, ZS1OR, by 073 250 0428. Dit behoort 'n pretnaweek te wees.

KLUBNUUS

Op ZS4B, die Vrystaat Amateurradioklub, se Algemene Jaarvergadering op 26 Oktober 2012 is die volgende lede tot die bestuur verkies:
Voorsitter: Phillip Esterhuizen, ZS4PJ
Visevoorsitter: Charl Brittz, ZS4ATZ
Sekretaresse: Ellen de Bruin, ZS4EDB
Hamnet: Johan van Zijl
Bykomende lede: At van der Walt, ZS4VS, en
Danie de Bruin, ZS4DA.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Tans is alle sigbare sonvlekke stabiel en die eens aktiewe Sonvlek 1 598 is besig om te vergaan.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 45.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan ook gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

13 November – PEARS HF DX-kompetisie.
17 November - SARL se Nasionale Velddag begin om 10:00 UTC en duur tot 10:00 UTC op Sondag 18 November.
18 November – Logstate vir die RaDAR-kompetisie moet in wees na die Lichtenberg Amateurradioklub (LARK), Posbus 410, Lichtenburg, 2740 of per e-pos na zs6lrk@nwinternet.za.org.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolf-luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na “Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web’. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 UTC op 4 895 kHz plaas (Let op, 'n nuwe tyd en frekwensie!). Ontvangsrapporte sal waardeer word. Ons is in die besonder geïnteresseerd in verslae oor ontvangs op 4 895 kHz aangesien dit naby aan die voorgestelde nuwe amateurtoekenning van 5 MHz is. Ontvangsverslae uit alle gebied van Suid-Afrika sal waardevol wees vir ons aansoek aan OKOSA vir frekwensiestudies. Stuur verslae aan artoday@sarl.org.za.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, met vertalings deur Luis de Bruin, ZS5LP, en dit is saamgestel deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003