Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 16 JUNIE 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

STIL SLEUTELS

Pieter (Louwtjie) Louw, ZS1MV, se sleutel het op Dinsdag 28 Mei 2013 stil geword. Louwtjie was 82 jaar oud. Hy was vir meer as 60 jaar 'n radioamateur.

Ons dra graag ons simpatie aan sy familie en vriende oor.

Verder is ons jammer om aan te kondig dat die sleutel van ZS1ANO, Kaptein Brain Greenwood, op Vrydag 7 Junie na ‘n kort siekbed in die Panorama hospitaal naby Kaapstad stil geraak het. Hy laat 4 kinders en 5 kleinkinders agter.

'sy sleutel mag stil wees, maar sy nagedagtenis sal voortleef'

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:
MEER OOR DIE VYF JAAR LISENSIE
POGING OM DIE PERTH NA SUID-AFRIKA PAD TE BEWYS
SARL HERVESTIG SY ELMER PROGRAM

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

MEER OOR DIE VYF JAAR LISENSIE

Die verwarring rondom die vyf jaar lisensie is verlede week by die OKOSA / SARL skakelvergadering bespreek. Daar is ooreengekom dat OKOSA alle R501 betalings wat gemaak is sal nagaan en 'n 5-jaar lisensie dienooreenkomstig sal uitreik. Hierdie proses kan vier tot ses weke duur.

As jy jou lisensie vir 5 jaar hernu en R501 betaal het, en nie die 5-jaar lisensiedokument teen die einde van Julie ontvang nie, kan jy e-pos aan Dewald by dkuhrau@icasa.org.za met 'n afskrif aan Gareth by gthumbran@okosa.org.za stuur. Hierdie inligting is ook beskikbaar op die SARL webwerf tuisblad.

VERBETERING VAN DIE RADIOREGULASIES

Die onderwerp van verbeterings aan die radioregulasies gepubliseer op 1 April 2011 is op elke OKOSA/SARL skakelvergadering agenda, maar aangesien die hofsaak tussen Okosa en een van die sellulęre maatskappye hangend is, kan geen vordering gemaak word nie. Die aanduidings is dat daar lig aan die einde van die tonnel is, en die probleem binne die volgende twee maande opgelos kan word. Die reggestelde regulasies is gereed in konsepformaat en van belang vir die amateur is die kwessie van drywing vir beide Klas A en Klas B lisensies op sekere bande sowel as 'n paar ander sake aangespreek. Die konsep is nog nie deur die OKOSA-raad goedgekeur nie.

Nog 'n probleem oor die gastelisensiëring tussen SAOG-lande was bespreek. Die sirkulasie van die konsep-dokument voor die volgende CRASA vergadering is goedgekeur. Die dokument stel voor dat 'n gelisensieerde amateur van 'n SAOG-land wat 'n ander SAOG-land besoek as 'n gas tot drie maande kan werk sonder om vir toestemming aansoek te doen.

Die volgende vergadering van die OKOSA/SARL skakelkomitee sal op 12 September 2013 plaasvind. Daar is ook ooreengekom om 'n opvolg regulerende werkgroepvergadering te reël om die uitstaande kwessies van verlede jaar Desember te bespreek.

RASPBERRY PI MIKROREKENAAR LANGAFSTAND KONTAKUITDAGING

In SARL Nuus van 7 April is radio amateurs in Suid-Afrika uitgedaag om langafstand dekking met milliwatt antenna drywing deur die gebruik van 'n Raspberry Pi te bewerkstellig.

Dit was in reaksie op Eddie Bennett, G3ZJO, van Northampton in die Verenigde Koninkryk wat die 10 milliwatt RF wat uit die Raspberry PI rekenaar kaart genereer word gebruik het en van meer as 2000 km op die 7 MHz-band gehoor was. Die Raspberry Pi kan as 'n WSPR sender op Lae, Hoë en BHF frekwensies tot 250 MHz gebruik word. G3ZJO het die kaart deur 'n lae deurlaatfilter aan 'n dipool verbind vir die 7 en 14 MHz bande.

Die Raspberry Pi is 'n kredietkaart-grootte rekenaar wat in 'n TV en 'n sleutelbord kan inprop. Die Raspberry Pi Model A en Model B is as kaart alleen beskikbaar en kom sonder bedryfstelsel, SD kaart, kragbron, sleutelbord, kas of kabels.

SARL Elmer, Jaco le Roux ZS6PX het op die uitdaging reageer. Hy het verslae van verskeie stasies ontvang, die verste was vanaf ZS2CX sowat 900 km weg.

Hy het gesę dat nadat hy van die uitdaging op SARL Nuus gehoor het, het hy dadelik belang gestel en 'n Raspberry Pi bestel. "Toe ek die eenheid ontvang, het ek 'n nuwe SD kaart met Raspbian Wheezy gelaai en die instruksies wat ek op die web gevind het gevolg. Ek kon nie glo dat 10 mW kon so ver reik nie", het Jaco vertel. Jaco het die boekprys ontvang.

BAIE OOR-DIE-HORISON RADARS OP DIE HOOGSTE HF BANDE

Die nuutste “Amateur Radio Union Monitoring System Region 1” nuusbrief doen verslag dat 'n Verenigde Koninkryk militęre stasie, wat as STANAG 4285 stasie geďdentifiseer is, is op die 20 meter band gehoor is. Verslae toon dat die stasie blykbaar in Norwich, Engeland op 14.2368 MHz bedrywig is.

Ook in die nuusbrief berig DGZ0JBJ dat gedurende Mei nie minder as 11 oor-die-horison, of OTH, radarstelsels op 20 meter gehoor is, met 30 op 10 meter en dat 'n byna ongelooflike 65 van hierdie radartoestelle op die 15 meter band gehoor en aangeteken is. Die nuusbrief sę dat hierdie syfers nie die talle Iranese huppelfrekwensie oor-die-horison radars insluit nie.

Jy kan die hele moniteringsdiens se indringerverslag op die web by
“tinyurl.com/hamband-intruder-alert” lees. Dit is 'n werklike openbaring vir diegene wat nuut in HF is en nie heeltemal seker is van die bron wat die steuring met 'n QSO veroorsaak nie.

POGING OM DIE PERTH NA SUID-AFRIKA PAD TE BEWYS

'n Nuwe 2m baken op 144.950MHz word in Perth, Wes-Australië, deur die Noordelike Korridor Radio Groep gevestig in 'n poging om die Perth na Suid-Afrika pad te bewys.
Die baken, VK6RIO, sal Chirp modulasie gebruik wat by 'n 50dB onder die geraasdrempel in 'n 2kHz bandwydte ontvang kan word. Die baken sal 100W in ‘n 4 by 8 element Yagi, wat op Suid-Afrika gerig is, dryf. Met die wins uit die gebruik van Chirp modulasie sal die effektiewe uitgestraalde drywing 100 megawatt wees.

Die baken is GPS gesluit in beide frekwensie, tyd en Chirp-sinchronisasie. Toetse oor Australië het die doeltreffendheid van Chirpmodulasie vir die opsporing van baie swak seine bewys.

'n Artikel wat Chirp modulasie, die toepassing daarvan op voortplantingsmetings en bakens verduidelik, kan in die Maart-uitgawe van die RSGB RadCom tydskrif gevind word. Daar is ook 'n artikel wat die Chirp baken in Dubus 4-2011 verduidelik.

Ten einde die Chirp baken op te spoor benodig die ontvangsstasie 'n GPS gesluite sagteware gedefineerde radio, 'n GPS gesluite 2m omsetter en 'n 1 puls per sekonde van 'n GPS ontvanger vir die tydstempel van ontvangde seine. Oopbron sagteware deur Hermann, DL3HVH, sal vir die verwerking van die ontvangde seine voorsien word.

Dit baken kan slegs waargeneem word as daar iemand aan die ander kant met "soortgelyke toerusting" en die begeerte om die eerste te wees om hierdie seine in Suid-Afrika of die buurlande te ontvang. Is dit dalk jy?

Enigeen wat belangstel in meer besonderhede oor die nuwe baken kan met Keith Bainbridge, VK6RK, vk6rk@wia.org.au kontak maak.

LIGANUUS

SARL HERVESTIG SY ELMER PROGRAM
Jaco Le Roux het die SARL Elmer-portefeulje oorgeneem en is gereed om enige amateurverwante vrae te beantwoord. As hy nie die antwoord het nie, sal hy iemand vind wat die vraag kan beantwoord. Stuur gerus jou vrae aan elmer@sarl.org.za.

Die SARL het die Elmer konsep verder uitgebrei deur die skep van webblaaie oor aktuele amateur radio onderwerpe. Die eerste reeks vrae handel oor die Raspberry Pi en sal op Sondag op die SARL-lede deel van die SARL se webwerf, www.sarl.org.za, beskikbaar wees. Volg die slegs lede aanwysing op die boonste regterkantste hoek en sleutel jou PIN-nommer in.

SARL LIDMAATSKAP
Aansoeke om lidmaatskap van die SARL as luisteraars is van die volgende persone ontvang:
Na-aim Jordan en
Petrus Pelser.

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

KOMPETISIENUUS

WĘRELD QRP DAG
Op Maandag 17 Junie is dit Węreld QRP Dag. Skakel die versterker af, draai die krag op jou radio af en probeer QRP krag. Hoeveel kilometer per watt kan jy bereik? Jy sal verbaas wees oor wat jy met QRP kan bereik.

Die SARL Top Band QSO-geselligheid is 'n prettige aktiwiteit om kontakte te bevorder op 160 meter tussen radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande en om radio amateurs aan te moedig om aansoek te doen vir die SARL Top Band Toekenning.

Die QSO-geselligheid begin om 00:00 UTC op Donderdag 20 Junie 2013 en eindig om 00:00 UTC op Maandag 24 Junie 2013, met die foonwerking van 1 840 tot 1 850 kHz en GG werking van 1 810 tot 1 838 kHz. Elke stasie kan een keer per modus gewerk word, dws een keer op foon en een keer op GG.

Die uitruiling is 'n RS(T) verslag en provinsiale of land afkorting. Na die QSO, moet die stasie die frekwensie verander deur ten minste 2 KHz vir die volgende QSO, tensy 'n tydperk van 10 minute verstryk het tussen kontakte. Die frekwensie van elke QSO moet getoon word op die logstaat. Die QSO-geselligheid is oop vir alle gelisensieerde amateurs wat toegang het tot die 160 meterband.

Elke kontak tel drie (3) punte. Bonuspunte: Vir elke Suid-Afrikaanse roeparea en elke DXCC land gewerk het, word vyf (5) addisionele bonuspunte toegeken. Totale telling = (Total QSO punte) en (Bonuspunte). Logstate moet teen 1 Julie ingedien word by contest@sarl.org.za.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Sonvlek AR1768 is besig om te groei maar huisves tans nie genoeg energie vir ernstige sonfakkels nie.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 40.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan van tyd-tot-tyd oor daglig paaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

15/16 Junie - Eerste naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke, registreer jou museumstasie by www.ukradioamateur.co.uk/imw.
17 Junie – Keerdatum vir ZS4 Naelloop logstate.
20 – 24 Junie – QSO-geselligheid begin om 00:00 UTC op Donderdag 20 Junie 2013 en eindig om 00:00 UTC op Maandag 24 Junie 2013.
22/23 Junie - Tweede naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke.
1 Julie - QSO-geselligheid logstate moet ingedien wees.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vetalings deur Richard Peer,
ZS6UK, saamgestel en geredigeer deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003