Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 8 SEPTEMBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:
NASIONALE VOORBEREIDINGSWERKGROEP VIR WRK15 SAL STAAT ADVISEER
RUIMTEVAARDER HAM BRING PRESIDENTSMEDALJE NA IRS
VK BEGRAFNIS DEUR RF ONDERBREEK – ‘N STORIE MET ‘N KINKEL

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

NASIONALE VOORBEREIDINGSWERKGROEP VIR WRK15 SAL STAAT ADVISEER

Die Nasionale voorbereidingswerkgroep vir WRK15 het verlede Donderdag sy eerste vergadering in Pretoria gehou om Suid-Afrika se posisie ten opsigte van vele agendapunte uit te klaar.
Die volgende Wereldradiokonferensie vind gedurende November 2015 in Geneva plaas.

Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, het die SARL verteenwoordig en is as rapporteur vir agendapunt 1.4 aangewys. Hierdie agendapunt handel oor die toewysing an die amateurdiens op sekondere vlak in die omgewing van 5 300 kHz. Alhoewel die SAOG die item op n hoe vlak ondersteun is baie werk nog nodig. Wanneer Suid Afrika se posisie ooreengekom is sal onderhandelinge begin om die SAOG se instemming te verkry en daarna die van die Afrika Telekommunikasie Unie. Baie harde werk moet nog gedoen word.

Daar is kortliks tydens die vergadering verwys na die SARL se 5 mHz navorsingsprojek en die opmerking is gemaak dat dit bemoedigend is dat ‘n organisasie die inisiatief nee mom navorsing te doen oor die voortplantingsaspekte van die band. Die SARL het onlangs aangekondig dat dit ‘n baken by die NARS sal vestig en klubs aanmoedig om dieselfde in hulle omgewings te doen. Amateurs word aangemoedig om die programmatuur te instaleer met die oog op die baken wat binnekort aktief sal wees op 5250 kHz.

In die tussentyd word amateurs wat 5 mHz gebruik het versoek om logstate wat datum, tyd en aanwysers vir altwee stasies bevat aan propresearch@sarl.org.za te stuur.

SARL RTA VOLGENDE IN DURBAN

Die volgende RTA vind op 14 September by die Universiteit van KwaZulu –Natal plaas. Volledige besondehede en die besprekingsvorm is op www.sarl.org.za beskikbaar. Bespreek asseblief vroegtydig om die spyseniering en reelings te vergemaklik en om te sorg dat die boustel en KS by die geleentheid beskikbaar sal wees. Soos met die ander RTA’s sal vyf digitale multimeters wat deur Corel-I geborg word te wen wees.

Die sluitingsdatum vir registrasie is Donderdag met middagtenstyd. Daarna verhoog die registrasiebedrag van R70mna R100 vir instapregistrasies. Help ssseblief die organiseerder om ‘n suksesvolle RTA aan te bied deur vroegtydig te registreer. Besprekings moet gestuur word aan rta@sarl.org.za of per faks na 012 991 5651.

Daar is ‘n interessante verskeidenheid aanbiedings. Onbekende aspekte van antennas word hanteer en u kan uoitvind oor die Durban Universiteit van Tegnologie se “Multi-frequency Interferometer Telescope for Radio Astronomy ( MITRA, ‘n internasionale samewerking tussen die Universiteit van Mauritius (UvM) en die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT). Die oogmerk van die projek is om “Very Long Baseline Interferometry” (VLBI) tussen Mauritius en Suid Afrika in die BFH/UHF band te implementer. Hierdie aanbieding gee ‘n oorsig oor die seinketting van die DUT stasie.

RUIMTEVAARDER HAM BRING PRESIDENTSMEDALJE NA IRS

Amateur Radio Newsline berig dat ‘n ruimtevaarder aan boord van die Internasionale Ruimtestasie hulde gebring het aan oud-president John F Kennedy deur ‘n medalje met ‘n afbeelding van die 35ste president na die IRS te neem. NASA ruimtevaarder Chris Cassidy, KF6DKR, wat as vlugingenieur aan boord van die IRS diens doen het op Woensdag, 21 Augustus,fotos na die beheerkamer per radio gestuur wat die medalje toon waar dit voor ‘n venster met die aarde in die agtergrond sweef.

Wanneer hy na die aarde terugkeer sal Cassidy die medalje aan die JFK biblioteek terugbesorg waar dit deel sal uitmaak van die permanente versameling. Die John F Kennedy biblioteek en museum is in Boston, Massachusetts en huisves ‘n permanente uitstalling oor die ruimtewedloop wat gedurende die 1960’s begin het.

VK BEGRAFNIS DEUR RF ONDERBREEK – ‘N STORIE MET ‘N KINKEL

Ons weet almal van RF wat met klankstelsels ingemeng het maar hierdie een span waarskynlik die kroon. Amateur Radio Newsline se Cheryl Lasek, K9BIK, het die vreemde besondehede: Kan mens jou indink dat die klank deur die klankstelsel onderbreek word deur die stem van ‘n lugwaardin met ‘n boodskap aan die lugredery se passasiers? Wel, dit is presies wat onlangs tydens ‘n begrafnis in die VK gebeur het toe ‘n vreemde stem deur die kerk se klankstelsel gehoor is wat die passasiers op die vlug aansê om vir landing voor te berei.

Die storie klink so: Vriende en familie van Brendan Duffy het by die St Edwards Kerk in Windsor, Berkshire byeengekom om aan die oorledene, die 78 jarige oupa van vier Brendan hulde te bring. Maar toe sy neef, Joe Duffy, die huldeblyk lees is almal skielik aangesê om hulle gordels vas te maak en die kajuitpersoneel om die vliegtuig vir landing voor te berei

Alhoewel sommige kon dink dat dit ‘n teken van bo is, is dit meer waarskynlik dat die kerk se koordlose mikrofoon en die tweerigtingradio op die vliegtuig die frekensie gedeel het. Dit verklaar egter nie hoe die boodskap buite die vliegtuig oorgedra is nie, behalwe as iemand in die kajuit die verkeerde knoppie gedruk het. Dit gesê, soos wat ons nou op die lug is, is hierdie raaisel nog onopgelos.

Joe Duffy is ‘n plaaslike radiopersoonlikheid en het aan ‘n koerantverslaggewer berig dat almal by die diens op en rondgekyk het in ‘n poging om uit te vind waar die stem vandaan kom.


LIGANUUS

NUWE BHF KOLOM IN RADIO ZS
“The world of VHF, UHF and Microwaves” is ‘n nuwe BHF kolom wat nou in die Radio ZS verskyn. Daar word gehoop dt dit sommige HF en veral jonger amateurs sal aanmoedig om die uitdaging te aanvaar en die wêreld van BHF sal ontdek.

Radiotegnologie ontwikkel vining en beweeg hoër op in die elektromagnetiese spektrum. Dit sal jammer wees as baie van ons amateurs agterbly. Na alles was ons voorgangers pioniers gedurende hulle tyd. Ons kan ten minste probeer om by te bly en deel te neem aan nuwe ontwikkeling.

Dit is nie nodig om die jongste en duurste toerusting te hê om met BHF te begin nie. Mens kan geleidelik opbou en veral aan die antenna, die belangrikste element, aandag gee. Dit kan ook self gebou word. Op hierdie manier kan jy op die voorpunt van ontwikkeling bly en eksperimenteer in die interessante wêreld van amateurradio.

SARL LIDMAATSKAP
Tot op datum het 1343 lede reeds hulle lidmaatskapgeld vir die 2013-2014 lidmaatskapjaar betaal.

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is ontvang van:
Olivier van Staden, ZS1OLI
Ernest du Plessis, ZR6BDZ
Bob Hewstone, ZS6BRQ
David Langstone, ZR6VV.
Ben Slabberts applied for listener membership.

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

In die afgelope twee weke het sewe klubs hulle affiliasie met die SARL hernu. Hulle is:
Midlands Amateurradioklub - ZS5PMB
Welkom Radioklub - ZS4WRC
Sandton Amateurradioklub - ZS6STN
Zululand Amateurradio-klub - ZS5ZLB
Wolkberg Radioamateur-klub - ZS6TWB
Suid-Kaap Amateurradio-klub - ZS1SKR
Oos-Rand Amateurradio-klub - ZS6ERB

Klubaffiliasie is gratis.

KLUBNUUS

OOS RAND RADIOKLUB
Die Oos Rand Radioklub het op saterdag 31 Augustus hul jaarlikse algemene jaarvergadering gehou en die volgende kommiteelede is verkies:
Voorsitter: Francois Jacobs,ZS6COI
Ondervoorsitter: Ben Fourie, ZS6BEN
Sekretaresse: Judy Pretorius, ZS6JDY
Treasurer: Chris Gryffenberg, ZS6COG
Jeug Sake; Mitchel Mynhardt , ZS6YH
Herhaler omsiener: Hampie Findt, ZS6HJF
QSL: Pieter Jacobs, ZS6XT
Vlooimark Koordineerder: Hennie Rudman, ZS6RHL
RAE Koordineerder: Willem van der Merwe, ZS6WIM
Nuusbulletins: Bato Jakovljevic, ZS6BAT
Nuusbrief: Elize Findt, ZS6ECF
Webmaster: Glynn Chamberlain, ZS6GLN
HAMNET: Leon Lessing, ZS6LMG
Praktiese Projekte: Marc d'Hotman, ZS6MDH
HF : Francois Reyneke, ZS6FDX
Klubhuisomsiener: Scott Bigwood, ZS6BYT


KOMPETISIENUUS

SARL HF GG KOMPETISIE
Die uitslag van die SARL GG kompetisie wat op 25 Augustus 2013 plaasgevind het. Die komitee het 15 logstate ontvang, insluitend drie van DX stasies.

1ste Bernie van der Walt, ZS4TX, 274 punte 2de Vidi la Grange, ZS1EL, 118 punte 3de Jan Botha, ZS4JAN, 116 punte.

Die beste telling op ‘n enkele band was die van Bernie van der Walt met 194 punte op 20 meter.

Die gekombineerde uitslag van die SARL HF Foon, Digitaal en GG kompetisies is soos volg:

1ste Bernie van der Walt, ZS4TX, 424 punte, 2de Jan Botha, ZS4JAN, 403 punte 3de Lucas Holtzhausen, ZS6LH, 308 punte.

Klubkompetisie

1ste Bloemfontein ARK, 835 punte
2de Rustenburg ARK, 308 punte
3de Boland ARK, 210 punte

SARL BHF/UHF KOMPETISIE.
Die tweede been van die SARL BHF/UHF Digitale- en Analoogkompetisie sal plaasvind vanaf 10:00 UTC op Saterdag, 21 September tot 10:00 UTC op Sondag, 22 September. Daar word gewerk op 6, 4 en 2 meter, 70 and 23 cm en hoër. Al die reëls is in die 2013 SARL kompetisiehandleiding.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly met geen ernstige sonfakkels nie. Daar is absoluut geen sonvlekke op die middelste gedeelte van die sigbare sonoppervlakte nie. Dit ten spyte van 'n sonvleksiklus maksimum!

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 48.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 12 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan skaars wees.

Besoek gerus die nuwe webtuiste h t t p://spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

3 September – Wes Rand Vlooimark
14 September – RTA KaZulu-Natal
21 – 22 September - SARL BHF/UHF Digitale- en Analoogkompetisie
25 – 28 September – SARL Uitstalling by ESKOM EXPO vir jong Wetenskaplikes


SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel en geredigeer deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003