SARL-NUUS SONDAG 06 OKTOBER 2013
U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.
Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.
U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)
IN DIE NUUS VANDAG:
SARL GEBORGDE EKSPO VIR JONG WETENSKAPLIKE TOEKENNING
RADIOAMATEUR EKSAMENNOMMERS OP DIE WEB
SARL@HOME OP 18 OKTOBER
U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.
SARL GEBORGDE EKSPO VIR JONG WETENSKAPLIKE TOEKENNING
SARL geborgde Ekspo vir jong wetenskaplike toekenning is deur St John 's College Student Justin Boyce gewen. Die graad 11 leerder by St John 's College in Johannesburg het hom ten doel gestel om toekomstige son koronale massa-uitwerpingsaktiwiteit te voorspel deur die bewys dat 'n korrelasie tussen die aantal koronale massa-uitwerpings en die sonvleksiklus bestaan. Sy bevindinge was dat KMU's en die sonvleksiklus albei veroorsaak word deur intense aktiwiteit in die son se magnetiese veld en dus 'n sterk korrelasie verwag kan word. Voorspellings oor toekomstige van KMU's kan met behulp van die herhalende patroon van die sonvleksiklus gemaak word.
As deel van die Hendrik van der Bijl toekenningsprogram is Justin met die Suid-Afrikaanse Radio Ligatoekenning, die SKA-toekenning, wat 'n besoek aan die SKA-terrein en 'n beursonderhoud bekroon. Hy het verskeie ander toekennings ontvang, waaronder 'n silwer medalje en 'n geleentheid om Suid-Afrika te verteenwoordig in 'n onderhoud by die Internasionale Wetenskap fees. Hy is beoordeel as die beste inskrywing in die fisika, astronomie en ruimtewetenskapkategorie.
Die SARL-toekenning is 'n kontantprys van R5 000 en 'n ARRL-handboek . Volgende Sondag sal 'n onderhoud op Amateur Radio Today met hom gevoer word.
RADIOAMATEUR EKSAMENNOMMERS OP DIE WEB
Die Oktober 2013 RAE eksamen nommers word op die SARL webblad by www.sarl.org.za gepubliseer. Kandidate sal hul briewe deur e-pos binnekort ontvang. Alle inligting moet deeglik nagegaan word . Enige navrae moet SLEGS aan Gideon Jannasch, die RAE bestuurder by e-pos adres rae@sarl.org.za gerig word om te verseker dat daar geen misverstande of vertragings voorkom. Let op dat die SARL kantoor nie RAE sake hanteer. Sterkte aan al die kandidate, voorspoed met hul laaste voorbereidings en sukses toe hulle die eksamen op 17 Oktober 2013 om 19:00 SAT skryf.
SARL@HOME OP 18 OKTOBER
Die volgende SARL@Home sal by die Nasionale Amateurradiosentrum op 18 Oktober 2013 plaasvind. Die geleentheid sal 'n praktiese sessie wees oor hoe met oppervlakmonteringskomponente te werk. Die geleentheid sal ondersteun word met 'n CD, video's en inligting oor die FM-sender wat tydens die sessie gebou sal word. Die sender of FM-dingetjie is 'n ideale dingetjie in die hok om klank van 'n ontvanger op 'n skoon FM-kanaal in die huis te vesprei. Die koste vir die geleentheid sal R200 vir SARL-lede en R300 vir nie-lede wees, wat die CD en pak onderdele insluit. Besprekings sal op die SARL-web volgende Donderdag oopmaak. Slegs 20 deelnemers kan aanvaar word. Deelnemers moet hulle eie soldeerstasie en vergrootglas saambring. 'n Vergrootglas kan as 'n ekstra bestel word. Volledige besonderhede sal op die besprekingsvorm verskyn.
HABEX KRY VAN CAMU TOESTEMMING
Planne om 'n onbemande hoë hoogte ballon op 30 November 2014 te lanseer het die goedkeuring van die Sentrale Lugruimbestuureenheid ontvang. Radioamateurs beplan om radiotoerusting te lanseer en eksperimente op 'n hoogte van ongeveer 40 of meer kilometer te doen. Die opstuur sal vanaf die Klerksdorpse lughawe tussen 06:00 en 08:00 op Saterdag 30 November plaasvind. Dit is 'n gesamentlike projek van die Gautengse Departement van Onderwys en die Suid-Afrikaanse Radioliga wat daarop gemik is om jongmense betrokke te kry in wetenskaplike aktiwiteite as 'n voorloper tot 'n loopbaan in kommunikasie en elektronika.
Chris Gryffenberg, die koördineerder van die projek, sê dat die projek 'n outomatiese Pakket Rapportteringstelsel (APRS) sal dra, wat die monitering van die ballontrajek deur die internet toelaat. Log in op www.aprs.fi. Vir opdatering van die aktiwiteit besoek www.amsatsa.org.za.
alee radioamateurs wat belangstel in die hoë hoogte balloneksperiment word uitgenooi na die volgende vergadering van die groep op 22 Oktober 2013. Dit begin om 19:00 in die 19de Benoni Padvindersaal, Ebenhaezerweg, Benoni.
Vir meer inligting kontak Chris, ZS6COG, by zs6cog@gmail.com.
SONUITBARSTING GOOI MATERIE DIE RUIMTE IN
Op 29 September, het 'n lang magnetiese filament in die son se noordelike halfrond ontstaan wat sommige waarnemers 'n wonderlike koronale massa-uitwerping noem. NASA se Solar Dynamics Observatory of SoHo het gefotografeer hoe die materie, wat die son teen 'n spoed van bykans 2 miljoen myl per uur verlaat. Hoewel die gebeurtenis nie op ons planeet gemik was nie, was dit verwag om skramshou te ontvang van die plasmawolke vanaf ongeveer 3 Oktober. Hou 'n oog op www.spaceweather.com vir die jongste nuus oor hierdie en ander sonverskynsels wat radiokommunikasie hier op planeet Aarde kan beïnvloed.
NIKOLA TESLA-MONUMENT IN NEW YORK ONTHUL
Die president van Serwië het na die Verenigde State van Amerika gereis, waar hy onlangs die Nikola Tesla-monument by Tesla se voormalige laboratorium in Long Island onthul het.
Nikola Tesla was Serwië gebore en het later uitvinder, elektriese ingenieur, meganiese ingenieur, dokter, en futuris geword. Hy is miskien die beste bekend vir sy bydraes tot die ontwerp van die moderne wisselstroom elektrisiteittoevoerstelsel. Vir dekades het die Tesla Wetenskapsentrum probeer om 'n gedenkmuseum op die terrein van Nikola Tesla se ou laboratorium op te rig. Nou kan die wat agter die projek was, en daarin geslaag het om oor 'n miljoen dollar in te samel deur 'n befondsingveldtog op internet, die feit vier dat hulle doel uiteindelik begin om 'n werklikheid te word.
HERHALER SPASIËRING EN AFWYKING IN DIE TWEE METER BAND
As gevolg van die beperkte wydte van twee meter band, moet herhalerfrekwensies 12,5 kHz uitmekaar gespasieer word. Hierdie spasiëring is in ooreenstemming met die IARU se aanbevelings en is vir 'n paar jaar in gebruik, dit is nie 'n nuwe ontwikkeling nie.
Die 12,5 kHz spasiëring verdubbel die aantal kanale wat ons op die ou 25 kHz spasiëring gehad het. Die nadeel is dat, met die nouer spasiëring, herhalerafwyking beperk moet word om te verhoed dat dit met die aangrensende kanale inmeng.
In die beplanning en toewysing van tweemeter herhalerfrekwensie, word die toekenning van aangrensende kanaalfrekwensies aan herhalers wat geografies naby aan mekaar is, so ver as moontlik vermy. Maar as gevolg van die oorbevolking in die digbevolkte stedelike gebiede, is 'n oorvleueling van herhalerdekking somtyds onvermydelik.
Die amateurdiens is selfpolisiërend. Dit beteken dat ons ons eie sake goed genoeg moet beheer sodat die owerhede geen rede kan vind om beheer uit te oefen nie. Die handhawing van die status beteken dat ons ons eie steuringprobleme moet oplos.
Klubs en verantwoordelikes vir herhalers word versoek om te verseker dat hulle voldoen aan die bandplan. Dit beteken dat die afwyking van 'n herhaler so gestel moet word dat sy uitsetsein nie in die aangrensende kanale versprei nie. Net so, individuele operateurs behoort hul senders se afwyking in te stel dat verspreiding in die insetkanaal van herhalers op aangrensende kanale nie plaasvind nie.
Nakoming van hierdie vereiste kan wetlik slegs deur ICASA afgedwing word. Klubs kan egter bydra deur in gevalle van oormatige afwyking daarop te wys en met die verskaffing van metings met aanpassings te help. Radioamateurs word daaraan herinner dat versuim om te voldoen aan die afwykingvereistes opsetlike inmenging veroorsaak, wat daartoe kan lei dat die owerhede gedwing om dissiplinêre aksie te neem - iets wat ons ten alle koste wil vermy.
Vir meer inligting oor hierdie aangeleentheid, kontak die SARL se Raadslid vir VHF/UHF-bestuur. Hy is Frik Wolff, ZS6FZ, en sy kontakbesonderhede is beskikbaar op die web.
KLUBAFFILIASIE- EN LEDETALSTATUS
Boland Amateurradioklub, ZS1BAK, het reeds in September by die SARL geaffilieer en dit word nou bekend gemaak.
Die aantal lede wat reeds hulle ligalidmaatskap vir 2013-2014 betaal het, staan op 1 383.
Baie dankie vir u voortgaande ondersteuning.
CQ HOU KOERS VRA HULP BY ORANJEVILLE
CQ Hou Koers se koördineerders is op soek na 'n radioamateur of amateurs wat die Voortrekkers tydens CQ Hou Koers op 19 Oktober 2013 kan help met die opslaan en bedryf van 'n veldstasie by die De Bank Voortrekkerterrein by Oranjeville, Vaaldam.
Belangstellendes kan vir Chris Smit, 082 557 7655 of Andries Visagie, 083 405 0736 kontak om hulp aan te bied.
NUWE KOMITEE VIR MRK
Gedurende die afgelope AJV van Magalies Radioamateurklub is die volgende persone op die komitee verkies om MRK te lei vir die 2013/2014 dienstermyn:
Voorsitter Thys ZS6MJM
O/Voorsitter Brian ZS6YZ
Sekretaresse Irene Myburgh
Tegnies Sam ZS6JZ
Digitaal Hannes ZS6JDE
Bulletins Johann ZS6PSS
Sosiaal Peet ZS6PGN
Teenspanning Pieter ZS6BVT
Finansies Louis ZS6LWM
O S B Chris ZS6FCS
POTCHEFSTROOM AMATEUR RADIO CLUB AGM
Tydens die AJV van die Potchefstroom Amateurradioklub is die volgende lede verkies tot die komitee vir 2013/2014:
Voorsitter: Stef Terblanche, ZS6AOK
Visevoorsitter: Joe Mayer, ZS6ANW
Tesourier: Chris Viljoen, ZS6BYQ
SEkretaris: André Geldenhius, ZR6GAA
Tegnies: Stef Terblanche, ZS6AOK & Gawie Genis ZS6GWD
Sosiaal: Annetjie Terblanche, ZR6BYG
Dank aan die uittredende komiteelede van die twee klubs en sterkte aan die nuwe komitees vir wat voorlê.
ANTIEKE RADIOVERENIGING SE AM/ESB BUIS QSO-PARTY
Hierdie is 'n foonkompetisie alleen wat in twee sessies op Saterdag 12 en Sondag 13 Oktober 2013 gehou word.
Beide sessies vind slegs op die 40 m en 80 m bande plaas; die AM-sessie op Saterdag die 12de tussen 15:00 en 19:00 SAT en die ESB-sessie op Sondag die 13de tussen 15:00 en 19:00 SAT.
Frekwensies om te gebruik is 7,053 tot 7,100 MHz en 3,603 tot 3,650 MHz.
Uitruiling - Roepsein, RS en opeenvolgende serienommer beginnende by 001, plus tipe radio gebruik, byv. HT37 Tx.
Puntetelling: Buisradios alleen - 3 punte per kontak; Hybriede (buis & soliede staat) - 2 punte per kontak; Soliede Staat Radio - 1 punt per kontak.
Vermenigvuldiger - Buisradios alleen - 3 punte per kontak; Hybriede (buis & soliede staat) - 2 punte per kontak; Soliede Staat Radio - 1 punt per kontak.
Sertifikate sal vir die eerste drie plekke in elke kategorie toegeken word.(AM/ESB)
Alle logs moet gestuur word aan:
Suid Afrikaanse Antieke Draadloosvereniging, Posbus 12320, Benoryn,1504.
E-pos: andyzs6ady[by]vodamail[punt]co[punt]za.
Sluitingsdatum vir instuur van logstate: 31 Oktober 2013.
Verwys asb. na die SARL se Kompetisiehandboek vir enige navrae.
HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak vir die week laag gaan bly. Daar is lae vlak C-klas fakkels rondom Sonvlek 1 856 opgemerk terwyl al die ander sigbare sonvlekke tans stabiel is.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 40.
Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.
Besoek gerus die nuwe webtuiste h t t p://spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
DAGBOEK VAN GEBEURE
12 Oktober - Antieke Radiovereniging se AM buis QSO-party, 15:00 tot 19:00 SAT.
13 Oktober - Antieke Radiovereniging se ESB buis QSO-party, 15:00 tot 19:00 SAT.
17 Oktober - Radioamateureksamen.
18 Oktober - SARL@Home by die Nasionale Amateurradiosentrum.
19 Oktober - CQ Hou Koers.
22 Oktober – H19:00 in die 9de Benoni Padvindersaal, Ebenezerweg, Benoni.
30 November - Hlansering van Klerksdorp lughawe tussen 06:00 en 08:00.
31 Oktober – Logstate vir Antieke Radiovereniging se buis QSO-party moet ingestuur wees.
31 Desember - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo, besonderhede verkrygbaar by www.amateurradio.org.za.
SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.
Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.
U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE, met vertalings deur Richard Peer, ZS6UK.
Dankie dat u geluister het, 73.
/EX