Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 24 AUGUSTUS 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, asook vanaf www.podpage.co.za afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

Ons begin vanmore se bulletin met ‘n stilsleutel:

Dit is met leedwese dat ons verneem van die afsterwe van Johan Swanepoel ZS1JSK van Malmesbury. Johan het ook bekend gestaan as Johan Straatkat. Ons betuig ons innige simpatie aan sy vrou, kinders en vriende.

Rus in vrede Johan Straatkat



IN VANDAG SE HOOFTREKKE

RTA AANBIEDING BY DIE NARS N GROOT SUKSES

ZS6SRL BAKEN OP WSPR NOU AKTIEF

N NUWE ADJUNK DIREKTEUR VIR HAMNET VRYSTAAT

EN SONAKTIWITEIT NEEM TOE

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander interesante nuus items

** Die Radio Tegnologie in Aksie simposium wat gister by die Nasionale Amateurradio sentrum aangebied is, was baie gul ontvang. Tony Voorveld se aanbieding met die titel “The magic lamps” was weereens ‘n treffer en het die geleentheid sommer op ‘n baie hoë noot afgeskop.

Vir diegene wat die geleentheid misgeloop het is daar egter baie goeie nuus. Daar sal nog een so aanbieding wees op 13 September 2014 wanneer die geleentheid weer by die Inovation Hub in Pretoria aangebeid sal word. Moet dit nie misloop nie. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Meer inligting is beskikbaar op die SARL se webblad.

Nog nuus vanaf die NARS is dat die SARL se WSPR baken ZS6SRL op 5250khz nou aktief is. Ons opregte dank aan elke persoon wat deel gehad het aan die opstel en uiteindelike inwerking stelling van hierdie baken

** ‘n Nuwe sonvlek het gedurende die afgelope week sy verskyning op die son se Noord Oostelike horison gemaak. Hierdie sonvlek het reeds ‘n beduidende vemreerdering aan die sonvlekgetalle meegebring. Sonvlek AR2149 het op 21 Augustus sy verskyning gemaak met ‘n impulsiewe M3 klas fakkel wat genoeg Ultra Vilolet straling tot gevolg gehad het om die boonste lae van die aadre se atmosfeer gedeeltelik te ioniseer.

Hierdie skielike ionosferiese versteurng het daartoe gelei dat baie lae frekwensie radio uitsendings oor die Noordelike halfrond se voortplanting aansienlik verander het. Intussen het hierdie versteuring die wyk geneem. Aangesien AR2149 so naaaan die sigbare son se rand is bemoeilik dit die wetenskaplikes se taak om sy magneetveld te evalueer. Soos die sonvlek meer na die aarde se rigting roteer gedurende die volgende paar dae sal dit vir die wetenskaplikes makliker word om meer akurate voorspellings met betrekking tot hierdie sonvlek en sy potensiaal te maak.



** Jy is ingeskakel op ‘n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga en ons kyk nou bietji na nuus vanaf die liga se kantore.

** Dit is vir HAMNET se bestuur besonder aangenaam om die aanstelling van die adjunk provinsiale direkteur vir die Vrystaat aan lede bekend te stel. Hy is Frans du Rand ZS4FD van Deneysville in die Noord Vrystaat. Welkom by die geledere van HAMNET bestuur Frans, ons vertrou die verbintenis sal lank en van veel waarde wees

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 30 Augustus 2014 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Noel ZR6DX by 082 490 9934.

** Nuus vanaf die kompetiesie front is dat die komitee agt logstate ontvang het vir die SARL JD Naelloop gehou op 9 Augustus – ses logs van jong dames en twee van ou kêrels. Hierdie nege amateurs het 174 QSOs gemaak.
Die volgende persone beklee die top posisies vir hierdie kompetiesie.
1ste Colette Rundle, ZS2CR, 117 Punte
2de Heather Holland, ZS6YE, 104 punte
3de Jenni Reilly, ZS4J, 100 punte
4de Dawn Snyders, ZS5ME, 97 punte
5de Sheila Coleman, ZS5SC, 77 punte
6de Kemptonpark Amateurradio Tegniesevereniging, ZS6KTS, 67 punte Die stasie was bedien deur Lucia Oliver, ZS6LO, en Ronel Rossouw, ZR6RR
7de Geoff Levey, ZS6C, en Keith Liddle, ZS6AGF, 18 punte elk.
Baie geluk aan Colette met ‘n prag eerste plek en puik vertoning.
** Volgende Sondag, 31 Augustus van 13:00 tot 16:30 UTC kan jy deelneem aan die Suid-Afrikaanse Radioliga HF GG kompetisie met aktiwiteit op 20, 40 en 80 meter. 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin word uitgeruil. Jy kan deelneem as 'n enkeloperateur enkel band; 'n enkeloperateur alle bande; 'n multi-operator enkel band of 'n multi-operateur alle bande stasie. Morsekode kontakte tel 2 punte, tel twee punte vir elke roep gebied op elke band en tel 2 punte vir elke stasie gekontak op al drie bande. Kry die volledige reëls in die Suid-Afrikaanse Radioliga kompetisiehandboek.
Jy kan jou log in Cabrillo of ADIF formaat instuur of maak gebruik van die MS Excel dokument beskikbaar by www.zs4bfn.co.za/downloads.asp. Stuur jou log as 'jou roepsein' log, b.v ZS4BS log.xls. Onthou om aan te dui die naam van jou klub - dit is vir die klub kompetisie.
Daar sal ook 'n gelukkige trekking wees vir 'n ARRL Antenna boek ter waarde van meer as R900. Om deel te neem aan die gelukkige trekking, moet 'n deelnemer 'n log dien met 'n minimum van 15 kontakte.
HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak uiteindelik aan die toeneem is. Nuwe sonvlek AR2149m kan die bron van M- en selfs X-klas sonfakkels wees.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 88.

Amateurs gaan die drie DX-bande van 20 tot 15 m geniet met die 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Dagboek
30 Augustus 2014 is dit weer tyd vir die WesrandAmateurradio klub se vlooimark by hul klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom.
31 Augustus - Suid-Afrikaanse Radioliga HF GG Kompetisie
7 September - Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug net
13 September - RTA by die Innovation Hub
Ons sluit vanmore se bulletin met ‘n terugblik op ons hoofberig: Gister se Radio Tegnologie in Aksie simposium aanbieding was ‘n groot sukses. Vir diegene wat die geleentheid misgeloop het is daar egter nog tyd om deel te neem aan die volgende Gauteng geleentheid wat op Saterdag 13 September sal plaasvind by die Innovation Hub in Pretoria. Bespreek vroegtydig om teleurstelling re voorkom deur ‘n draai te maak op die SARL se webblad.

Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land.

'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi ook klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC en gelees deur

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003