SARL NUUS SONDAG 21 SEPTEMBER 2014
Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.
Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.
IN VANDAG SE NUUS
VERANDERING VAN DIE 5MHZ BAKENFREKWENSIE
BHF KONTAK TUSSEN SUID AFRIKA EN REUNION EILAND
ONS SOEK ALLE SCOUTS EN HUL LEIERS
EN
DIE RTA IS OP PAD PORT ELIZABETH TOE
Bly ingeskakel vir hierdie en ander belangrikke nuus.
** Die SARL het OKOSA versoek om die huidige 5350khz bakenfrekwensie aan te pas na 5290khz in ‘n poging om Suid Afrika in lyn te bring met Euoropa en die res van die wereld. Hierdie verandering sal ook ‘n groot verbetering in die wereldwye bakendekking tot gevolg he. OKOSA het gedurende die afgelope week ingestem tot hierdie verandering. Die verandering sal voorlopig op 4 Oktober plaasvind.
Ten einde WSPR bakens op hierdie frekwensie te ontvang moet jou radio ingestem word op 5288,5khz enkelsyband. Jy kan meer uitvind oor WSPR en ook die instalasie paket af te laai deur die SARL se webblad te besoek en dan die skakels van daar te volg.
** Die drie SARL afgevaardigdes Geoff Levey ZS6C, Riaan Greeff, ZS4PR en Rassie Erasmus, ZS1YT het die afgelope Donderdag vertrek na Bulgarye om die IARU konferensie, wat vandag in aanvang neem, by te woon. Inligting sal deurlopend op die SARL se webblad bygewerk word. Die drie here verteenwoordig die SARL en Suid Afrikaanse Radio amateurs. Dennis Green ZS4BS is die huidige sekretaris van die IARU streek 1 en as sulks woon hy die geleentheid in hierdie hoedanigheid by en kan dus nie plaaslike amateurs verteenwoordig nie.
** Vier radio-amateurs, waarvan drie Voortrekkers is, het gister Saterdag 20 September 'n radiostasie bedryf vanaf bergspitse in Moolmanshoek, Oos-Vrystaat. Die betrokke radio-amateurs is Eddie ZS6BNE, Andries ZS6VL,Cliriska ZU6BV en Angelo ZU6M. Cliriska en Angelo is Verkenners in graad 9. Dit is sover ons weet die eerste "Spitse-op-die-lug" geleentheid waaraan jeuglede van Die Voortrekkers deelneem.
** Sondag aand 14 September 2014 het Dave ZS5DJ die FR5DN baken vanaf Reunion Island op 144,418 MHz om 19:50 SAT ontvang. ‘n CQ roep na FR5DN het die onmiddelike respons van Phil tot gevolg gehad en ‘n digitlae QSO is binne 30 minute afgehandel. John ZS2AH het laat weet dat hy ook die Piccolo tone vanaf FR5DN ontvang het tydens 2 geleenthede daardie aand en wel om ongeveer 20:45 SAT en weer effe later om 21:15 SAT. Die Hepburn Voorspellings het ook goeie Tropo Geut voorspel vir hierdie tydperk.
Die heel eerste SA na Reunion QSO met Phil FR5DN is reeds gedurende 2008 deur Glenn ZS2GK gemaak op die 15de Augustus van daardie jaar. Ander kontakte met FR5DN sluit in Andre ZS2ACP (3247 km), Peter ZS2ABF (3005 km), Glenn ZS2GK (2875 km), Dave ZS5DJ (2713 km), Derek ZS5Y (2655 km). Peter ZS2ABF hou ook die analoog rekord vir sy kontak met FR5DN (3005 km) op enkel syband met John ZS2AH (2998 km) kot op sy hakke
** Ons soek alle Scouts en hul leiers. Dennis Green ZS4BS wil graag met Scouts en Scout organiseerders wat ook radio amateurs is kontak maak met die oog op ‘n radio erkenning kenteken. Kontak asseblief vir Dennis by zs4bs@netactive.co.za met Radio Scouting in die onderwerp lyn.
** Port Elizabeth sal die volgende hawe wees waar die huidige reeks SARL Radio Tegnologie in Aksie Symposia sal aandoen. Op Saterdag 4 Oktober sal hierdie geleentheid plaasvind by Magnetic Storm in Newton Park. Meer inligting asook die volledige program en besprekingsvorms kan nou reeds vanaf die SARL se weblad afgelaai word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is die 1ste Oktober 2014
Die hoofspreker tydens hierdie geleentheid is Prof Ernest van Dyk, Direkteur van die Sentrum vir Energie Navorsing. Sy praatjie sal fokus op die Suider Afrikaanse Radiometriese netwerk, ‘n inisiatief van die Suid Afrikaanse Universiteite Radiometriese Netwerk, SAURAN, wat op sy beurt ‘n inisiatief is van die Sentrum vir Hernubare en volhoubare energie studies of te wel CRSES by die Stellenbosch Universiteit en die Groep Solar Energie Thermodynamika,GSET, aan die Universiteit KwaZulu-Natal. SAURAN beoog om hoe resolusie grond gebaseerde radiometriese data vanoor die hele Suider Afrika beskikbaar te stel.
Ander aanbiedinge sluit antenna model sagteware, die nuwe SARL digitale koppelvlak, digitale modulasie, slimfoon toepassings vir amateurradio en ook die 5mhz navorsings projek in. Moet dit nie misloop nie.
** DIE SARL vra verskoning vir die vertraging ten opsigte van die aflewering van die gedrukte weergawe van die huidige Radio ZS tydskrif. Dié vertraging is te wydte aan die verandering van drukkers asook die huidige staking by die Suid Afrikaanse Poskantoor. Die huidige staking duur reeds 5 weke en raak tans ook die aflewering van boeke na en van die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelings trust.
Jy luister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga gelees deur ___________ Vervolgens, nuus vanaf die liga
** Die liga het gedurende die afgelope week aansoeke om lidmaatskap vanaf die volgende radio amateurs ontvang
Marc Vanoverbeke, ZSL1116 ()N6DL);
Henk Veenendaal, ZSL5260;
Samuel G Janse van Rensburg, ZSL5311.
Pieter JM van den Berg, ZR6JPM
Indien daar enige besware teen die toelating van hierdie nuwe lede is moet jou geskrewe beswaar die sekretaris voor of op eerskomende Dinsdag bereik
DIE SARL ledetal is tans 1448 lede met 31 klubs wat geaffilieer het
** Op Saturdag 13 September het Magalies Radio-Amateur klub algemen jaar vergadering asook hul 50 jarige bestaan gevier Tydens hierdie geleentheid is daar ook ‘n nuwe kommitee vir die jaar 2014/ 2015 gekies.
Voorsitter - Brian Jacobs ZS6YZ
Adjunk voorsitter - Thys Maree - ZS6MJM
Sekretaris - Irene Myburg
Penningmeester - Pieter Myburg - ZS6PAM
Tegnies - Sam van Zyl - ZS6JZ
Digitaal - Hannes Enslin - ZS6JDE
Sociaal - Peet Greyling - ZS6PGN
Redakteur Teenspaning - Pieter van der Walt - ZS6BVT
Bulletin koordineerder - Johann du Plessis - ZS6PSS
Webmeester - Thys Maree - ZS6MJM
Openbare Betrekinge - Chris Smit - ZS6FCS
Kompetiesies - Pieter Human - ZS6PA
Die nuwe kommetiee word deur die uitredende kommitee geluk en voorspoed toegewens. Hierdie verkiesing is gehou met meer as 75% van die klublede teenwoordig by die Algemene jaarvergadering. Ons opregte dank ook aan die uitredende komitee vir die wyse waarop hulle die klub die afgelope tyd bestuur en gedien het en ook vir die aanbied van die AJV
** Kom ons kyk na gebeure op die lug vir die afsienbare toekoms
** Die Oktober been van die SARL 80 meter QSO Party word aangebied op Donderdagaand 2 Oktober vanaf 17:00 tot 20:00 UTC met aktiwiteit tussen 3 603 en 3 650 kHz asook 3 700 to 3 800 kHz. Bevestiging van die kontak is die uitruiling van roepseine van die stasies en ook ‘n sein rapport met die operateurs se name. ‘n QSO met ‘n Suid Afrikaanse stasie tel 10 punte terwyl QSO met stasies buite die landsgrense 15 punte tel. Logstate moet ingedien word voor of op 11 Oktober 2014 by zs5lp@vodamail.co.za
** Jamboree op die lug en CQ Hou Koers is aanstons voor ons deur. Hierdie twee geleenthede vind tussen Vrydag 17 en Sondag 19 Oktober plaas. CQ Hou Koers word aangebied op Saterdag 18 Oktober. Besoek die webblad httpp :// scouts.org.za om ‘n scout groep in jou area te vind. Die voortrekker groepe kan op hul webblad www.voortrekkers.org.za gevind word.
Kom neem deel en wees belangrik in die lewe van ‘n jongmens!
** Die huidige 5mhz aktiwiteit naweek het reeds gister begin en loop later vandag ten einde. Jy het egter nog kans om te deel in hierdie belangrike geleentheid. Skakel in tussen 13:00 en 20:00 vir heelwat aktiwiteite. SARL lede word genooi om te deel in die navorsingsprojek. Die geleentheid is oop vir alle lede van die SARL asook Radio Amateurs buite die grense van die Republiek. Vind meer uit op die SARL webblad.
HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlekke AR2164, 2169 en 217057 het komplekse magneetvelde wat M-klas sonfakkels tot gevolg kan hê.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 60.
Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met moontlike opwindende 10 m openinge.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
Dagboek
21 September - Die SARL 5 MHz geleendheid
2 Oktober – SARL 80 meter QSO gesseligheid
17 tot 19 October - Jamboree op die lug en ook CQ Hou Koers
1 November - KARTS en AWA snuffelmark en ope dag
Ons sluit hierdie bulletin af met ‘n terugblik op die hoofberig. Die SARL het OKOSA versoek om ‘n aanpassing ten opsigte van die 5mhz bakenfrekwensie te maak. Die nuwe frekwensie wat op 4 Oktober in werking sal tree stel Suid Afrika in lyn met Europa en die res van die wereld en sal die 5290khz bakennetwerk se dekking verder uitbrei. Stem af op 5290khz vanaf 4 Oktober.
Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.
Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.
Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Dawie Conradie ZR6DHC en geredigeer deur _________________________________
Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens
/EX