Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 21 DESEMBER 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

** Ons begin vanoggend se nuusbulletin met nuus van `n stil sleutel.
Die Border Radio Club in Oos-London kondig met leedwese die afsterwe aan van Ken Wood ZS1KEW, voorheen ZS2KW en wie ook `n erelid was van die klub. Ons innige meegevoel aan sy LV Val ZR2VW en familielede.
Ken het `n groot aandeel gelewer in die opbou van die amateurgemeenskap in die Grens area. Hy was ook `n RAE lektor en en eksaminator vir baie jare. Hy sal deur baie amateurs gemis word.

IN DIE NUUS VANDAG

BESTUDEER DIE NUWE KONSEP RADIOREGULASIES IN GEHEEL

DIE SOMER SONSTILSTAND VOORTPLANTINGS TOESTAND

TRANSATLANTIESE TOETSE TUSSEN NAMBIE EN BRAZILIEBRAZILE BINNEKORT `N WERKLIKHEID

ZS9YOTA IN DESEMBER OP DIE LUG

Bly ingeskakel hiervoor en nog ander interessante nuus.

Hier volg ‘n belangrike aankondiging:

** Die Kersboodskap van Geoff Levey, ZS6C, die President van die Suid-Afrikaanse Radioliga, sal vanoggend in Amateur Radio Today uitgesaai word. Die program begin om 10:00 plaaslike tyd.

** Dit is uiters noodsaaklik om die kosep radioregulasie in geheel te bestudeer. Te oordeel aan komentaar wat alreeds ontvang is blyk dit dat daar `n neiging onder amateurs is om net te kyk na die gedeelte wat op amateurradio van toepassing is.. Dit is egter uiters noodsaaklik dat wanneer daar komentaar en voorstelle gelewer word aan die SARL tov die regulasies, dat die dokument in sy geheel bestudeer moet word aangesien daar ander afdelings is wat ook `n impak op amateurradio gaan hê.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat wanneer OKOSA regulasies formuleer hulle die raad volg wat deur die ITU radioregulasies gegee word asook die verskillende dienste wat hulle reguleer. In die geval van amateurradio is dit die ITU se Radio Regulasie 1.56 en 1.57 wat amateurradio en amateursatelliete definieër.

ITU radio regulasie 1.56 definieër die amateurdiens asvolg:- dit is `n radiokommunikasiediens vir die uitsluitlike doel van selfonderrig, interkommunikasie en tegniese navorsing wat uitgevoer word deur amateurs. Dit word gedoen deur goedgekeurde persone wie `n belangstelling het in radiotegnieke uitsluitlik vir persoonlike gewin en sonder enige geldelike voordele.


ITU radioregulasie 1.57 bepaal dat die amateuradiosatellietdiens `n radiokommunikasiediens is wat ruimtestasies op aardsatelliete vir dieselfde redes as die van die amateurdiens gebruik.
Vroeër die jaar het die ITU radiokommunikasie buro `n boek gepubliseer genaamd “Handbook on Amateur radio and amateur-satellite services”. Sou jy besluit om kommentaar te lewer tov. die regulasies sal die boek jou goed te pas kom en goeie insig gee oor die regulasies. Die boek kan van die SARL web afgelaai word.
Stuur asb. kommentaar en voorstelle aan sarlregwg@sarl.org.za voor 15 Januarie 2015.


** Die kortpad somer sonstilstand voorplantingtoestand of die “SSSP” wat staan vir “Short-path Summer Soltice Propagation was ontdek deur Han Higaso, JE1BMJ. Gedurende die noordelike halfrond se somer sonstilstand tydperk was hy juis besig om Europese stasies vanaf Japan op 50 MHz te kontak. Amateurs in die Verenigde Koningkryke en New Zeeland was ook besig om die nuwe voortplantings modus te gebruik toe hulle Suid-Amerikaanse stasies tydens die Suidelike halfrond se sonstilstand typerk in Desember kon kontak.
Verlede jaar het Bob ZL1LS met Suid-Afrikaanse BHF amateurs kontak probeer maak en was spore van die seine deur Paul ZS6NK gehoor. Die beste tyd om te luister vir “SSSP” seine vanaf die Ooste is van sonsopkoms tot sonsondergang.
Lees meer oor “SSSP” op 50 MHz na VK en ZL land op die BHF forum.


** Pieter Jacobs V51PJ van Rosh Pinnah, Namibië wie `n baie toegewyde BHF radio-amateur is, beplan om die Atlantiese Oseaan na Brazilië op 144 MHz oor te steek. Aan die anderkant van die 6000 kilometer seepad wag nog `n toegewyde BHF amateur, Orlando Neto PY2ANE om kontak te maak met V51PJ.

Terwyl Pieter, nog in Kaapstad woonagtig was as ZR1AEE het hy gereeld probeer kontak maak met Orlando dmv. tropogeuting, maar kon nog altyd net spore van siene hoor op 144MHz. Om die kontak te kan bewerkstellig het Pieter nou aansoek gedoen om 2 kilowatt kraguitset te gebruik vir sy navorsingseksperiment.

Tot dusver het alle vorige pogings deur ander amateurs, om tweerigting kontak oor die osean op 2 meter te maak, skipbreuk gelei.

Jy luister na `n nuusbulletin van die Suid –Afrikaanse radioliga enem nou kyk ons bietjie na nuus vanaf die ligakantoor. kantore

** Aansoek om lidmaatskap van die SARL is ontvang van Redewaan Edries,ZSL1120.
Enige besware teen die aanvaarding van die lidmaatskapaansoek moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Die SARL ledetal staan tans op 1598 individue plus 35 geaffilieerde klubs.

Neem asb. kennis dat dieSuid-Afrikaanse radioligakantoor gesluit sal wees vir die kerstyd- en Nuwejaarperiode . Die kantoor sal weer open op 5 Januarie 2015. Vir uiters noodsaaklike sake stuur `n e/pos aan secretary@sarl.org .za


** Desember is Jeug op die lug maand. Gebruik nou jou kans om `n jong persoon betrokke te kry by amateurradio. `n Spesiale roepsein ZS9YOTA is aan die Suid-Afrikaanse radioliga toegestaan wat bgebruik kan word deur jong amateurs gedurende die YOTA of Jeug op die lug maand wat duur van 1 tot 31 Desember 2014. As jy 25 jaar of jonger is word jy uitgenooi om aansoek te doen vir die spesiale roepsein hetsy as induvidu of as `n klubstasie wat deur jongmense bedryf word.

Stuur jou aansoek nou, aan Nico van Rensburg ZS6QL by zs6ql@mweb.co.za
Kry ook meer inligting by www.hamradio.org.za



** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlekke 2241 en 2242 het komplekse magneetvelde en huisves genoeg energie vir M- of X-klas sonfakkels.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 130.
Amateurs gaan die 20 tot 10 m bande geniet met veral die 15 m wat goeie DX-openinge op daglig paaie daar kan stel.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting
Dagboek van gebeure.

01-31 Desember - Jeug op die lug met ZS9YOTA.
31 Desember – stuur jou voortstelle vir referate vir Hamradio Africa 2015 na rta@sarl.org.za
1 Januarie 2015 – ZS90SARL gaan op die lug
15 Januarie 2015 – jou insette na die Suid-Afrikaanse Radioliga oor die konsep-wysigings aan die radio-regulasies
16 to 18 Januarie 2015 – PEARS NasionaleBHF/UHF Kompetisie

Om die nuusbulletin mee af te sluit, net weer `n terugblik op ons hoofnuusberig.

Te oordeel aan komentaar op die konsepradioregulasies wat alreeds ontvang is, blyk dit dat daar `n neighing onder amateurs neiging is om net te kyk na die gedeelte wat op amateurradio van toepassing is.. Dit is egter uiters noodsaaklik dat wanneer daar komentaar en voorstelle gelewer word aan die SARL tov die regulasies, die dokument in sy geheel bestudeer moet word.

** Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

** Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land.
'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies word regoor Suid-Afrika uitgesaai.
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4895 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik ,- in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga , saamgestel en gelees deur Johann du Plessis ZS6PSS en geredigeer is deur Dawie Conradie ZR6DHC.ZR6DHC________________________en gelees deur ______________
Die afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooiweek toe. Totsiens
/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003