Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 10 JANUARIE 2016

Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend se bulletin met ʼn stil sleutel.

Dit is met leedwese dat Boland amateur radioklub moet bekend maak dat Jaco Cloete ZS1JCA op Saterdag 2 Januarie 2016 oorlede is. Jaco was vir jare aan 'n rystoel gebonde nadat hy sy nek as jong man in 'n duikongeluk gebreek het. Jaco was oorspronklik van Durbanville maar was die afgelope jare 'n inwoner van Riversdal. Ons innige simpatie aan sy naasbestaandes.

POUSE VIR 5 SEKONDES


In die nuus vandag.

PEARS NASIONALE BHF & UHF KOMPETIESE DIE KOMENDE WEEK

ONVERWAGTE 144 MHz DX OPENINGS NA REUNION EILAND OP ESB EN JT65b.


en


DESEMBER WAS JEUG OP DIE LUG MAAND


Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

**** Die twee sessies van die PEARS Nasionale BHF & UHF sal oor twee dae versprei wees en sal die voordeel trek van enige verandering in voortplanting. Die eerste sessie begin om 18:00 SAT op Vrydag 15 Januarie 2016 tot 16:00 SAT op Saterdag. Die tweede sessie begin onmiddellik daarna om 16:00 SAT en eindig op Sondag 14:00 SAT. Die kompetisie dek die 6m, 4m 2m, 70cm en 23cm bande op beide analoog en digitaal.

Laas jaar was Michael Folkey ZR4MF as die algehele wenner op analoog aan gekondig. Hopelik sal daar meer stasies van divisie 5 die jaar aan die kompetisie deelneem. Wees op die uitkyk vir landswye tropo geuting vroeg soggens op 50 tot 144 MHz ook veral in die aande op 144 MHz. Onverwagte Sporadiese E openings kan voorkom gedurende die dag veral rondom die middag wat uitstekende DX kondisies vanaf Namibië en Zimbabwe te weeg sal bring. Wees ook op die uitkyk vir Vliegtuig voortplanting gedurende spits vlugtye tussen die hoof sentra. Verskeie veld stasies sal ook gedurende die kompetisie aktief wees. Voorspoed met die kompetisie.


**** DX openinge vanaf die Ooskus na Reunion Eiland kom gewoonlik voor in die maande van September, Oktober en Februarie op 144 en 432 MHz, maar almal was verras met ʼn baie goeie opening wat op Maandag middag 5 Januarie 2016 begin het en aangehou het tot laat die aand. Dit het begin op 144 MHz JT65b digitale kontak om 14:10 CAT tussen Phil FR5DN en Dave ZS5DJ te Ramsgate.

Die eerste kontak in die aand met Phil was gemaak deur Hugo ZS5HV in Durban op JT65b en toe ESB. Dit was opgevolg deur ʼn digitale kontak van Andre ZS2BK in Port Elizabeth, terwyl Lee ZS5LEE gesukkel het om sy digitale kontak te finaliseer omdat hy 26 km binnelands en 800m bo seevlak geposisioneer is. Alle aanduidings is dat Januarie maand baie interessante Tropo Geuting gaan verskaf, soos ons reeds die jaar waargeneem het met verbeterde binnelandse voortplanting.


**** Die ZS9YOTA roepsein was aktief gedurende Desember maand waartydens ons Suid-Afrikaanse jong mense deel geneem het aan die jaarlikse IARU Desember Jeug op die Lug aktiwiteit.
Twee en veertig YOTA roepseine was aktief vanaf skole, padvindergroepe, klubs en ander jong amateurs onder die ouderdom van 26 jaar in die IARU Streek 1 gebied. Die hoofdoel was om jongmense aktief op die lug te kry om kontak met mede jongmense te maak oor die węreld heen en om amateur radio onder die jeug te bevorder. Vier lande uit Afrika het deel geneem aan die jaarlikse IARU Desember Jeug op die lug aktiwiteit naamlik Botswana met A2YOTA, Tunisië met 3V8YOTA, Ceuta met EG9YOTA en Suid-Afrika met ZS9YOTA.
Die statistiek soos dit tans op die IARU webblad verskyn wys dat daar 'n totaal van 82694 QSO's elektronies deur al die deelnemende stasies gelog was. Die ZS9YOTA roepsein het 357 kontakte gelog dus 0.43% van die totale kontakte wat gemaak is gedurende Desember maand.
Die Sasolburg Radio Klub, ZS4SRK, Kempton Park Amateur Radio Tegniese Vereniging, ZS6KTS, Sandringham Scout Groep, ZS6SSG en die ZS6ZU Hammies klub was aktief betrokke by die pret aktiwiteit.
Koos ZR6KF spreek sy waardering uit en bedank elkeen wat betrokke was en wat deel geneem het in die pret aktiwiteit. 'n Groot sukses inderdaad met meer deelnemers wat vanjaar saam gespeel het in vergelyking met die vorige jaar.
Desember maand maak ons weer so!


U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

****Hierdie is die eerste versoek vir aanbiedings vir die SA AMSAT Ruimte Simposium wat weer by die Innovation Hub in Pretoria op 28 Mei 2016 gehou word. ʼn Opsomming vir die voorgestelde aanbieding moet voor 31 Maart 2016 aan saamsat@intekom.co.za gestuur word. Hierdie jaar se tema is “Maak Ruimte Wetenskap ʼn tydverdryf aktiwiteit”.


****Die SA Amateur Radio Ontwikkeling Trust bied hierdie jaar weer Tony Reumerman Beurse aan vir twee studente onder die ouderdom van 25 jaar wat beplan om die Mei Radio Amateur Eksamen af te lę. Vir meer inligting en om die applikasievorms te bekom besoek die volgende webtuiste www.amateurradio.org.za.



****Die liga het die volgende aansoek om lidmaatskap ontvang vanaf Reinhardt Britz ZSL1156. Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskap van die SARL is tans 1601 plus 43 geaffilieerde klubs.


****In die week se voorplantingsverslag berig Hannes Coetzee, ZS6BZP, dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 39 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. 10 m openinge is ook moontlik.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.



****En nou vir die dagboek van gebeure

9 en 10 Januarie - Hunting Lions in the Air
10 Januarie - SARL Jeug Net op 7 070 om 15:00 UTC
15 tot 17 Januarie - PEARS Nasionale BHF en UHF kompetisie
23 Januarie - Somer QRP kompetisie
31 Januarie – Die sluitingsdatum vir SARL Raad nominasies en indiening van mosies vir die AJV
6 en 7 Februarie – AWA kortgolf aktiwiteit
13 en 14 Februarie – SARL Nasionale velddag


Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

**** Die twee sessies van die PEARS Nasionale BHF & UHF sal oor twee dae versprei wees en sal die voordeel trek van enige verandering in voortplanting. Die eerste sessie begin om 18:00 SAT op Vrydag 15 Januarie 2016 tot 16:00 SAT op Saterdag. Die tweede sessie begin onmiddellik daarna om 16:00 SAT en eindig op Sondag 14:00 SAT. Die kompetisie dek die 6m, 4m 2m, 70cm en 23cm bande op beide analoog en digitaal.





Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou ʼn mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003