Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 8 MEI 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG


SARL AJV

GROOT STAP VIR DIE KLETSKOUS EKS

VK6RIO TOETSE MET ZS WORD GESTAAK!

RADAR UITDAGING NUUS

BEVORDER AMATEUR RADIO


Die AJV is om die draai. Die AJV vind plaas 21 Mei 2016 in Vaalpark, Sasolburg. Registreer voor 11 Mei 2016 om te kwalifiseer vir spesiale aanmerkings. Vir meer inligting besoek http://www.sarl.org.za/ of http://www.zs4srk.co.za/


Radio amateurs word vriendelik versoek om asseblief jou OKOSA lisensie fooie direk in OKOSA se bankrekening in te betaal en nie in die Suid-Afrikaanse Radioliga se bankrekening nie. Dit is nie die Liga se verantwoordelikheid om jou lisensie gelde by OKOSA in te betaal nie. Alle gelde wat verkeerdelik in die Liga se rekening inbetaal word, sal as 'n donasie gesien word. Baie dankie vir u samewerking.


Lidmaatskap van die SARL is tans 1655 plus 48 geaffilieerde klubs. Hierdie ledetalsyfer sluit nog nie die nuwe RAE kandidate vir Mei 2016 in nie.


Die Mei 2016-uitgawe van die CQ tydskrif dra die uitslae van die 2015 CQ WW Gelykgolf kompetisie en Suid-Afrika is goed verteenwoordig. Vidi la Grange, ZS1EL, het deelgeneem aan die 28 MHz hoë krag kategorie en met sy 224 846 punte behaal hy 3de plek wêreldwyd. Baie geluk Vidi.


GROOT STAP VIR DIE KLETSKOUS EKS
Die elektriese krag stelsel is die sub-stelsel wat die satellite van krag voorsien. Die sub-stelsel het as ‘n stel spesifikasies en behoeftes begin en het mettertyd tot ‘n blok diagram ontwikkel. Van daar het ‘n paar eenvoudige eksperimente gelei tot die eerste prototipe. Die eerste prototipe was gebaseer op 10 V (oop kring) sonpanele, ‘n 2-sel litium polimêr battery en 2 skakelmode afskaal omskakelaars vir 3.3 V en 5 V krag regulering. Die brand en ontploffing risiko was effens regverdig deur die goeie energie tot massa en krag tot mass verhouding. Intussen het ‘n nuwe battery tegnologie die lig gesien vanuit die laboratorium fase en is nou relatief maklik beskikbaar. Die nuwe tegnologie is die litium yster fosfaat (LiFePO4) battery. Ook op litium gebaseer, bied dit nog steeds ‘n redelik hoë energie tot massa verhouding, maar is baie veiliger en het elekriese eienskappe wat baie soortgelyk is aan litium polimêr en litium ioon tipe batterye. Die LiFePO4 battery het ook ‘n baie langer verwagte leeftyd. Leer meer oor Kletskous en ander opwindende satelliet projekte by die AMSAT SA Ruimte Simposium in Pretoria op 28 Mei 2016. Bespreek nou om van die vroeë besprekings afslag gebruik te maak. Kry al die besonderhede by www.amsatsa.org.za.


JEUGNET OP DIE LUG VANDAG
Skakel in by die SARL jeugnet op die lug vandag om 17:00. Koos Fick ZR6KF sal luister op 7070 kHz vir jul inroepe. Hierdie is ‘n netwerk vir radio amateurs en jong mense onder 25 jaar. Klubs word aangemoedig om jong mense die geleentheid te bied om die aantrekkingskrag van amateur radio te ervaar onder die toesig van ‘n gelisensiëerde radio amateur nog voor hulle hul eie lisensies kry.


VK6RIO TOETSE MET ZS WORD GESTAAK

Die VK6RIO Trans-Indiese Oseaan baken toetse op 144,950 MHz tussen Australië en Suid Afrika is gestaak. Die gebrek aan plaaslike borgskappe en die vallende Rand het hierdie amateur wetenskap navorsingsprojek gekelder. Hierdie Trans-Indiese Oseaan projek was die idee van die Northern Corridor Radio Group en sou chirp modulasie gebruik wat op die chirp radar stelsel wat in Australia ontdek is gebaseer is. Hopelik sou dit die eerste 144 MHz kontak deur Tropo Geleiding tussen VK and ZS bewerkstellig en help om Trans-Indiese Oseaan voortplanting kondisies te bestudeer.


Kennisgewing van die AJV en die nuwe komitee van die Durban ARK.

Die AJV is op 2 April 2016 gehou en is deur die meerderheid opbetaalde lede bygewoon.
Die bestaande komitee is herverkies en die resultate is as volg:
Voorsitter: Louis de Bruin ZS5LP Tel.nr 031 467 7357
Ondervoorsitter: Neil Slogrove ZR5NAS
Tesourier: Louis de Bruin ZS5LP
Sekretaris: Kurt Linsin ZS5KL Tel.nr 031 466 3728
Lede: Sean Beukes ZS5TI; Denham Eva ZS5DE: Aubrey Worthington ZS5ACW; Glen Meyer ZS5GM
Durban ARK QSL bestuurder: Kurt Linsin ZS5KL
Durban ARK RAE assessore: Louis de Bruin ZS5LP and Kurt Linsin ZS5KL
Durban ARK RAE toesighouer: David Long ZS5FR
Durban RAE Lokaal: Universiteit van Kwazulu Natal, Durban

Die Durban ARK is en sal ‘n SARL geaffiliëerde klub bly en is ook ‘n geregistreerde opvoedkundige stasie (ZS5D) (sal elke jaar hernu word)


Die jongste uitgawe van die 5 MHz Nuusbrief (No 16 Winter/Lente 2016) is nou beskikbaar as n pdf vir gratis aflaai by tinyurl.com/zh65rb9. Hierdie uitgawe het nuus oor die nuutste 5 MHz toekennings, 'n voorlopige band plan van IARU Streek 1 en 'n spotprent wat 'n paar herinneringe sal terug bring!


Die ZS3 Naelloop sal tussen 14:00 en 15:00 UTC op Sondag 15 Mei op die lug wees en jy het 'n geleentheid om kontakte met radioamateurs in die Noord-Kaap te maak op foon en gelykgolf. Die uitruiling is 'n RS of RST verslag en provinsiale of land afkorting. Aktiwiteit sal plaasvind tussen 7 000 en 7 040 kHz vir gelykgolf en 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz vir foon. Kontakte met stasies in ZS3 tel 2 punte en alle ander kontakte tel 1 punt. Kontakte met die Noord-Kaap ARK, ZS3NC, die Namakwaland Aero Sport Vereniging, ZS3FLY, die Kalahari Karoo ARK, ZS3ARK, en die Sutherland ARK, ZS3OBS, tel 5 punte elk. Slegs een kontak per stasie is toegelaat. Logs, gemerk "jou roepsein ZS3 Sprint," moet per e-pos aan zs3nc@qsl.net gestuur word teen 22 Mei 2016. Die 2016 Blouboek bevat al die besonderhede.


Die uitslae van die QRP wedstryd wat op 9 April 2016 gehou is, is as volg:

1ste ZS6ZU - Hammies ARK 410 punte
2de ZS6WR - West Rand ARK 270 punte
3de ZS6PTA - Pretoria ARK 186 punte
4de ZS4DZ - Johan van Zijl 125 punte
5de ZS6MHH - Tienie Herbst 96 punte

Geluk aan die Hammies. Die jonges het die ou manne ‘n ding of twee gewys. Soos gewoonlik was die instuur van logstate weereens pateties.


Nie almal stuur logstate in na ‘n kompetisie, of in hierdie geval, ‘n uitdaging nie. Dit is redelik normaal. Logstate wat vir die onlangse RaDAR uitdaging in April ontvang is, is as volg:

Eddie ZS6BNE, Tienie ZS6MHH, Johan ZS4DZ, Sid ZS5AYC and Greg N4KGL.

ZS6BNE en N4KGL het die RaDAR uitdaging aangepak as voet operateurs en dit is by verre die grootste uitdaging aangesien jy self alles wat jy nodig het moet dra. Die operateur moet self sy stasie afbreek, oppak en skuif na die volgende punt wat ten minste een kilometer weg moet wees.

ZS4DZ het sy stasie vanaf ‘n vaste adres bedryf. Hierdie stasies is ook belangrik, want hulle hou die bande besig met RaDAR aktiwiteit.

ZS6MHH het ‘n “draagbare” stasie bedryf vanuit sy voertuig wat by Klapperkop in Pretoria parkeer is.

ZS5AYC en OH8STN het albei uit hul voertuie gewerk oppad na die volgende bestemming meer as ses kilometer verder nadat hulle vyf QSO’s of meer gekry het. Indien meer as vyf QSO’s aangeteken word by een bestemming, tel net die eerste vyf vir punte. Soms is voortplantings toestande nie gunstig nie en het stasies na die volgende bestemming aanbeweeg met minder as vyf QSO’s.

Sid ZS5AYC, sy vrou Adele ZS5AYL, en ‘n paar vriende het dit ‘n spanpoging gemaak en almal het dit baie geniet. Sid se puntetelling was die hoogste en dit maak hom die kampioen. Welgedaan Sid en jou span!

Voorafbeplanning en ‘n spesifieke skedule is ‘n aanvaarbare praktyk. Die enigste vereiste is dat die QSO met ‘n radio plaasvind en dat die nodige inligting uitgeruil word.

Sien www.radarops.co.za vir toekomstige uitdaging datums.


BEVORDER AMATEUR RADIO, MOENIE DAT DIT STAGNEER NIE!

Bevorder amateur radio en moenie dat dit stagneer en verdwyn nie.
Baie Radio Klubs is daarvan skuldig dat hulle oor en oor dieselfde dinge doen sonder om amateur radio te bevorder. Amateur Radio is gebaseer op eksperimentering en ontdekking, en dit is hoe hulle hul merk in die geskiedenis gemaak het en hoe hulle die amateur bande verdien het. Die kommersiële radio wêreld het intussen aanbeweek en hoër op in die frekwensie spektrum beweeg terwyl die meerderheid amateurs in die lae deel van die amateur spektrum agtergebly het. Jy hoef nie jou HF belangstelling op te offer nie, maar vul dit aan met uitdagende en opwindende eksperimente in die BHF and UHF bande. Jy hoef ook nie met duur toerusting te begin nie. Baie van die ou amateurs het begin met klein horisontale Yagis en lae krag en moes self die geheime van BHF voortplanting ontdek.

Daar is nog baie rekords wat nog gebreek kan word op die BHF, UHF en mikrogolf bande en jy kan jou radio kennis geweldig uitbrei. Een van die grootste uitdagings is om die Atlantiese en/of Indiese Oseane te oorbrug met Tropo Geleiding op 144 MHz. Hierdie is die moeilikste projekte wat tans die BHF entoesiaste uitdaag. So terloops, ‘n Paar toegewyde radio amateurs in Duitsland en die VSA het reeds tot heel bo op die mikrogolf spektrum en selfs hoër eksperimenteer.


HF Voortplantingsvoorspelling
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 14 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. Die 10 m band mag dalk ook 'n paar verrassings op sonlig paaie oplewer.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Kom ons loer na gebeure vir die volgende paar weke

8 Mei – Antieke Draadloos Assosiasie Buis ESB QSO Partytjie
15 Mei – ZS3 Sprint
19 Mei – RAE Eksamen

Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Die AJV vind plaas 21 Mei 2016 in Vaalpark, Sasolburg. Registreer voor 11 Mei 2016 om te kwalifiseer vir spesiale aanmerkings. Vir meer inligting besoek http://www.sarl.org.za/ of http://www.zs4srk.co.za/


Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel en geredigeer deur Emile Venter, ZS6VC, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003