SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 24 JULIE 2016
Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)
Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.
Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.
Ons begin hierdie bulletin met die nuus van 'n stille sleutel.
Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van Quintin Immelman, ZS6IY, op Saterdag 23 Julie na 'n hartaanval moet aankondig.
Ons betuig ons innige meegevoel aan sy ouers, Lorna en Gary, ZS6YI, hul familie en vriende.
POUSE
In die nuus vandag,
DIE IARU PRESIDENTS TOEKENNING AAN HANS VAN DE GROENENDAAL, ZS6AKV, TOEGEKEN
DIE ZS2 NAELLOOP VANMIDDAG
en
DIE SPESIALE ALGEMENE VERGADERING OP 30 JULIE
Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.
** Op Donderdag 21 Julie is Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, in kennis gestel deur die IARU Sekretariaat dat die IARU Presidents Toekenning aan hom toegeken is vir sy jare lange diens aan die IARU en die bydraes wat hy tot die IARU gemaak het veral in die gebied van satelliet frekwensie koördinasie. Die toekenning sal aan Hans oorhandig word tydens 'n opkomende Liga funksie.
Baie geluk Hans.
** Die ZS2 Naelloop is op die lug vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 UTC met gelykgolf en foon aktiwiteit op 40 meter. Hier is jou kans om die ZS2 QSOs te kry vir jou Worked All ZS toekenning. Werk 'n stasie in ZS2 en dit tel 2 punte, werk die Border Radioklub, ZS2BRC, en die Port Elizabeth Amateurradio vereniging, ZS2PE, vir 5 punte elk. Alle ander kontakte tel 1 punt. Vind al die inligting op bladsy 49 van die 2016 SARL Blouboek.
** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Spesiale Algemene Vergadering word gehou by die Nasionale Amateur Radio Sentrum op Saterdag 30 Julie 2016 vanaf 10:00. Registrasie begin om 08:00. Slegs die items op die SAV agenda sal bespreek word. Die agenda is soos volg: SAV administratiewe kwessies, opdatering op die finansiële verslae, die hersiene begroting, aanstelling van 'n ouditeur, formele aankondiging van die nuwe raad, die Antenna Verdediging Fonds en 'n verslag oor die Ere gallery. Geen ander sake kan op 'n SAV bespreek word nie.
As jy gaan bywoon, stuur 'n e-pos aan admin@sarl.org.za aangesien dit sal help met die reëlings om almal te akkommodeer. Die NARS het sitplek vir 50 persone. As gevolg van die kort aard van die vergadering, is geen spyseniering reëlings getref nie. As jy nie bywoon nie, gee asseblief jou volmag aan iemand wat bywoon. Lede wat 'n groot aantal gevolmagtigde stemme hou, word versoek om so gou moontlik na 08:00 te registreer.
** Sluit aan by die AMSAT SA se toekoms van satelliet SDR gesprek. AMSAT SA nooi belangstellende radio amateurs uit om by die gesprek oor die gebruik van SDR transpondeerders op satelliete aan te sluit. Dit vind plaas op Woensdag 27 Julie om 20:30 op Skype. Die doel is om die gedefinieerde sagteware programme te bespreek en 'n amateur radio navorsingsgroep om 'n SDR transpondeerder te ontwikkel te vestig. Om by die gesprek aan te sluit, stuur 'n e-pos aan saamsat@intekom.co.za teen Dinsdag middag. Deon Coetzee, ZR1DE, sal die gesprek modereer. Slegs 10 deelnemers kan geakkommodeer word. Deelnemers moet seker maak dat hulle die nuutste opgedateerde Skype programmatuur gebruik. 'n Verslag sal na afloop van die bespreking op www.amsatsa.org.za gepubliseer word.
** Wat kan ons verwag op BHF in die komende maande? Warmer toestande sal begin verskyn in die maand van Augustus. So, wat kan ons verwag in die komende maande? Tropo verbetering en pype sal moontlik sterker seine produseer vir die volgende 8 maande of langer oor die frekwensie reeks van 50 MHz tot 10 GHz.
Hoewel Meteoriet strooi op digitale dwarsdeur die jaar gewerk kan word op 50 tot 432 MHz, is analoog kontakte slegs moontlik tydens meteoriete van April tot die begin van Augustus en weer vanaf Oktober tot begin Januarie. Die TEP seisoen loop van September tot November en Februarie tot April en sorg vir DX seine op 50 tot 144 MHz na Suid-Europa. Die Sporadiese-E in die Suidelike Halfrond piek in Desember en Januarie met 'n baie sterk sein op 50 tot 144 MHz tot afstande van 2 500 km.
Dan natuurlik, het ons die hele jaar voortplanting soos die volgende. Vliegtuig Strooi en Tropo Strooi wat manifesteer op 50 MHz tot 10 GHz, maar Tropo Strooi vereis 'n hoë wins antenna en hoër krag. EME DX kan daagliks gewerk word tussen 50 MHz en 24 GHz, solank die maan sigbaar is aan beide kante. Plaaslike en DX Satelliet kontakte is moontlik vanaf 144/432 MHz en selfs tot 2,4 GHz as geskikte satelliete op die lug is. Sien ook die kleur voortplanting grafiek op die voorblad van die September/Oktober 2013-uitgawe van Radio ZS.
** Die sluitingsdatum vir artikels vir die Augustus-uitgawe van Radio ZS is Dinsdag 26 Julie en jy kan jou artikel stuur na radiozs@sarl.org.za. In die Augustus-uitgawe, is daar n artikel oor die 9M0Z DX ekspedisie, kry inligting oor 'n aantal projekte en lees oor die hoogste SOTA aktivering in Suid-Afrika. Daar is nog plek vir jou artikel.
Die Redakteur sien dat net 423 kopieë van die Julie Radio ZS aflaai is.
Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga
** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van die volgende persone - Tarquin Roode, ZR1TR, Reg du Toit, ZS1ADC, CA Blackie, ZS1CAB, Tamara Jade Nieuwoudt, ZS1PTT, Merrick Flugel, ZS2MH, Randall Steve Botha, ZS5EE, Keith Duffield, ZS5KAD, Malcolm Jacobs, ZS5MBJ, Christiaan C Greyling, ZR6AUI, Brian Frederick Edwards, ZS6AAB, en Robert Miles, ZS6YC
Enige besware teen die aanvaarding van die aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Tot nou het die Liga 1 083 bevestigde lede vir die volgende termyn; daar is nog baie hernuwings uitstaande. As jy nog nie jou lidmaatskap hernu het nie, doen dit nou. Aan die einde van Augustus, sal jy ophou om 'n lid te wees as jy nie hernu het nie. Een en dertig Klubs het reeds hul affiliasie hernu.
** BHF Nuus uit Afdeling 3. Kobus van der Merwe, ZS3JPY, berig uit Kleinzee dat hulle 'n groot aantal 2 meter QSOs op 145,500 FM simplex Dinsdagaand, 19 Julie, langs die Weskus van Suid-Afrika gehad het. Dit het André, V51LZ, in Oranjemund, Kobus, ZS3JPY, in Kleinzee, Charles, ZS1CF, in Langebaan en Tienie, ZS1HO, in Vredenburg vir 'n uur en 'n half met 'n goeie S9 seine besig gehou. Charles, ZS1CF, het na Piketberg gestraal met 'n vertikale gepolariseerde 10 element Yagi .Daar is gepoog om die 145,625 MHz herhaler op Piketberg te bereik, maar dit het nie eens 'n geluid gemaak nie, weens groot terugstrooings wat ’n rol gespeel het. Pieter, V51PJ, met 1 000 watt was op frekwensie, maar het horisontaal na Oranjemund gestraal en André, V51LZ, het hom ontvang maar niemand anders kon hom hoor nie. Die Noord-Kaap ARK, ZS3NC, is gevra om uit te luister en André, ZS3AG, in Kimberley, kon net spore van klank hoor. Dit was 'n klein opening met goeie resultate.
** Ons moedig persone, wat belangstel daarin om die Liga bulletin saam te stel, proeflees of op te neem, aan om vir Dawie, ZR6DHC, per e-pos te kontak by zr6dhc@zs6rtb.co.za
** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Sonvlekke 2565 en 2567 het komplekse magnetiese samestellings en kan die bron van M-klas sonfakkels wees.
Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 24 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 en 15 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
Nou vir die dagboek van gebeure:
Vanmiddag - die ZS2 Naelloop
26 Julie - sluitingsdatum vir Radio ZS artikels
30 Julie - die Spesiale Algemene Vergadering by die Nasionale Amateur Radio Sentrum
30 en 31 Julie - Eilande op die lug kompetisie
7 Augustus - SARL HF-foon kompetisie
9 Augustus - SARL JD Naelloop
14 Augustus - SARL Jeug Net
Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.
Die ZS2 Naelloop is op die lug vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 UTC met gelykgolf en foon aktiwiteit op 40 meter.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga Spesiale Algemene Vergadering word gehou by die Nasionale Amateur Radio Sentrum op Saterdag 30 Julie 2016 vanaf 10:00.
** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................
73 en 88, dankie dat jy geluister het.
/EX