SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 2 OCTOBER 2016
Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)
Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.
‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.
Ons begin hierdie bulletin met ‘n stil sleutel.
Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Vince Iorio, ZS6RU, stil geword het op Vrydag 30 September 2016 na baie jare se geveg teen kanker.
Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou Gabriela, ZS6S, famlie en vriende.
POUSE
IN DIE NUUS VANDAG:
SARL 80M QSO-GESELLIGHEID
RADIO ZS OKTOBER UITGAWE
SAAMTREK OP DIE LUG EN CQ HOU KOERS
SEKUNDA AMATEUR RADIO KLUB LANSEER BACAR OP 15 OKTOBER
** Die doel van die SARL 80 m QSO-geselligheid kompetisie is om 'n belangstelling in en aktiwiteit op die 80 m-band te skep. Dit is 'n foon alleen kompetisie wat vanaf 17:00 tot 20:00 UTC op Donderdag 6 Oktober 2016 gehou sal word. Slegs frekwensies in die segmente 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz mag gebruik word.
Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS sein verslag en die naam van die operateur. Jy kan deelneem as 'n enkele operateur of 'n kortgolf luisteraar (KGL). Jy verdien 10 punte vir elke kontak met 'n Suid-Afrikaanse stasie en 15 punte vir elke kontak met 'n stasie buite Suid-Afrika. Logstate in MS Excel-formaat alleen moet teen 13 Oktober 2016 by zs5lp@vodamail.co.za ingedien word.
** Die Oktober 2016 uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die lede alleen afdeling op die Liga se webtuiste. In hierdie uitgawe kan jy meer lees oor die vrae: "Wat is verkeerd met die Off-Centre-Fed-dipool en waarom die 16,2 m draad antenna?” Die Sandringham Padvinders vertel ons van hul Velddag naweek en Leon, ZR6LU, help jou om 'n nuttige HF voplas te bou. Mike, ZS2FM, hou ons op hoogte van die BHF, UHF, SHF en EHF nuus, terwyl Eddie, ZS6BNE, sê radar is die verlore seun. Die laaste deel van Wireless in the Trenches verskyn in hierdie uitgawe en nog baie meer.
Die sluitingsdatum vir jou artikel vir die November uitgawe is Dinsdag, 25 Oktober en jy kan dit stuur na radiozs@sarl.org.za.
** Professor Stephen Hawking, 'n bekende Britse astrofisikus, sê namate hy ouer word, word hy al hoe meer oortuig dat ons nie alleen in die heelal is nie. Hy het onlangs gemaan dat aardlinge uiters versigtig moet wees oor die beantwoording van enige seine van vreemdelinge wanneer hulle ons uiteindelik kontak. Hy het verwys na die onlangs ontdekte eksoplaneet, Gliese 832c wat slegs 16 ligjaar van die Aarde is, en het gesê dat ons een dag kan ‘n sein kan ontvang van 'n planeet soos hierdie, maar ons moet versigtig wees hoe ons antwoord. Professor Hawking glo daar kan moontlik lewe op Gliese wees, maar sien 'n ontmoeting tussen die twee uitheemse beskawings as iets wat sou lyk soos Christopher Columbus se ontmoeting met die Indiane wat nie so goed uitgedraai het nie.
Sterrekundiges aan die Universiteit van New South Wales het hierdie eksoplanet Gliese genoem. Hiedie planeet is groter as die aarde en wentel om ‘n rooi dwerg ster in minder as 36 dae. Dit ontvang dieselfde gemiddelde energie van die son as die aarde en val in die bewoonbare sone. Die eksoplanet is net die regte afstand van sy son wat kan lei tot die bestaan van vloeibare water op die oppervlak van hierdie wêreld. Dit is net 'n klipgooi van die aarde in die kosmiese skema van dinge, wat Gliese een van die top drie mees Aard-agtige eksoplanete maak wat ooit ontdek is en is ook die naaste een aan die Aarde.
** Die doel van die AWA Buis QSO-geselligheid is om aktiwiteit te skep op die 40 en 80 meter bande. Dit is 'n foon alleen kompetisie met AM en ESB werking. Verkieslik, kan ‘n buis radio, of radio's met buise in hulle gebruik word. Geen lineêre versterkers mag gebruik word nie.
Die AM QSO-geselligheid vind plaas vanaf 13:00 tot 17:00 UTC op Saterdag 8 Oktober 2016 en die ESB QSO-geselligheid vanaf 13:00 tot 17:00 UTC op Sondag 9 Oktober 2016. Aktiwiteit vind plaas tussen 7 063 tot 7 100 kHz en 3 603 tot 3 650 kHz. Die uitset krag mag nie meer as 100 W wees nie, tensy die radio self 'n hoër uitset krag het (FTDX400, ens.).
Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag, 'n opeenvolgende reeks nommer wat by 001 begin en die tipe radio gebruik, bv HT37 TX. Jou telling - Alle buis radios: 3 punte per kontak, Hibriede radios: 2 punte per kontak of "Solid State" radios: 1 punt per kontak. Sertifikate sal toegeken word aan die eerste drie plekke in elke kategorie - AM en SSB. Die logstate moet teen 23 Oktober 2016 na andyzs6ady@vodamail.co.za gestuur word.
** Een van die voordele van 'n amateur lisensie is om in staat te wees om te eksperimenteer en om nuwe dinge te probeer. Nou kan die vraag ontstaan of die stokperdjie eksperimenteerders lok of is eksperimenteerders aangetrokke tot die stokperdjie? Ongeag hoe dit gaan, amateurradio operateurs is bereid om te eksperimenteer met 'n verskeidenheid van dinge.
Soos dinge gaan is daar nooit genoeg geld of genoeg tyd en die uitvinders moet dikwels innoverende oplossings skep om hul projekte te voltooi. Die "Innovate / I-no-wait" hoekie van Radio ZS sal sommige van hierdie blink idees met ander innoveerders deel. Waarna ons op soek is, is die innoverende toepassing van 'n ongewone of heeltemal ander benadering om 'n probleem vinnig op te los in en om die radio kamer of stokperdjie, nie noodwendig die radio nie.
Luisteraars word uitgenooi om hul eie innoverende idees vir "I-no-wait" na Leon, ZR6LU, by leonuys@gmail.com te stuur of WhatsApp na 082 573 5580 vir oorweging om ingesluit te word in die volgende uitgawe van Radio ZS. Jy hoef nie 'n hele storie te skryf of baie foto's te neem nie, stuur vir Leon wat jy het.
** Die datums vir beide JOTA and CQ Hou Koers is verkeerd.
JOTA is van 14 to 16 Oktober, en CQ You Koers is op 15 October.
** Die Sekunda Amateur Radio Klub gaan BACAR 4 op Saturday 15 Oktober 2016 lanseer. Dit is ‘n ballon wat amateur radio toerusting dra. Die lansering sal by Trichardt Model Vlieërs se vliegveld net buite Sekunda, Mpumalanga plaasvind. Die lansering begin om 05:00.
Hierdie is die vierde jaar wat die Sekunda Amateur Radio Klub die BACAR program aan belangstellende skole in die Govan Mbeki Munisipale gebied aanbied. Die program behels die lansering van ‘n hoë-hoogte ballon wat klein sateliete dra wat deur spanne van die deelnemende skole gebou is asook ‘n amateur radio “papegaai” herhaler. Die program is ontwerp om belangstelling in STEM (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese and wiskunde) te stimuleer.
Skakel in op Amateur Radio Today om 10 vm vanoggend vir ‘n onderhoud met Christo Kriek en Willie Taljaard.
Kry frekwensies en ander uitsaai tye op die ARTODAY bladsy op www.sarl.org.za
** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.
Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 10 vir die week gebruik.
Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid van 10 m openinge op Noord-Suid sonverligte paaie.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:
6 Oktober – SARL 80m QSO Partytjie
8 – 9 Oktober – AWA Buis QSO Partytjie
9 Oktober – SARL Jeug Net
13 Oktober – RAE Eksamen
14 – 16 Oktober – Saamtrek Op Die Lug
15 Oktober – CQ Hou Koers
29 – 30 Oktober – CQ WW DX ESB Kompetisie
5 November – RaDAR Uitdaging
Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Die doel van die SARL 80 m QSO-geselligheid kompetisie is om 'n belangstelling in en aktiwiteit op die 80 m-band te skep. Dit is 'n foon alleen kompetisie wat vanaf 17:00 tot 20:00 UTC op Donderdag 6 Oktober 2016 gehou sal word. Slegs frekwensies in die segmente 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz mag gebruik word.
Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.
Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................
Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.
/EX