Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 16 OKTOBER 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met die nuus van 'n stil sleutel

Die sleutel van die wêreld se langste regerende vors, Koning Bhumibol Adulyadej, HS1A, van Thailand het op Donderdag 13 Oktober 2016 op die ouderdom van 88 in 'n hospitaal in Bangkok stil geword. Hy het die troon op 9 Junie 1946 bestyg.

POUSE

In die nuus vandag,

RADIOAMATEUR EKSAMEN DONDERDAGAAND

AMSAT SA HOU ’N SDR WERKSWINKEL TE NARS

en

METEOR STROOI KOMMUNIKASIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die lede van die Suid-Afrikaanse Radioliga wens ons Joodse lede 'n baie gelukkige nuwe jaar toe. Die Joodse Nuwejaar was op Woensdag 12 Oktober gevier.

** Ons is nou in die pylvlak van die Oktober 2016 radio amateur eksamen proses. Die Oktober 2016 radio amateur eksamen sal geskryf word op Donderdagaand 20 Oktober. Namens die Raad van die Suid-Afrikaanse Radioliga en die RAE span, wil ons graag alle studente die beste met die eksamen toe wens. Mag julle almal 'n baie suksesvolle eksaminering hê en kwalifiseer om deel te neem aan hierdie wonderlike stokperdjie.

** AMSAT SA hou 'n half-dag SDR werkswinkel in samewerking met die Suid-Afrikaanse Radioliga by die Nasionale Amateur Radio Sentrum op 26 November 2016. Die werkswinkel sal video's en aanbiedings oor sagteware gedefinieerde radio en 'n praktiese demonstrasie insluit. AMSAT SA het 'n gesprek begin met radio amateurs wat belangstel in SDR en gou agtergekom dat daar 'n belangstelling is in hierdie ontwikkelende tegnologie in amateurradio.

Die koste van die bywoning is 'n bydrae tot die Kletskous ontwikkelingsfonds met 'n minimum van R20.00 om verversings te dek. Vir meer besonderhede en om jou plek te bespreek, besoek www.amsatsa.org.za of volg die skakel van die Liga se tuisblad.

** Radio amateurs word daaraan herinner om terugvoering aan die Liga se Regulatoriese Werk groep te gee oor OKOSA se besprekingsdokument oor Toerusting Tipe Goedkeuring Vrystelling. Stuur asseblief jou insette na sarlregwg@sarl.org.za teen 31 Oktober 2016

** Die sluitingsdatum vir artikels vir die November 2016-uitgawe van Radio ZS is Dinsdag, 25 Oktober 2016. Tot op hede het die redakteur drie Afrikaanse artikels en artikel oor die Heard Eiland DXpedisie ontvang. Die redakteur van Radio ZS is ’n artikel belowe oor Jamboree op die lug en moontlik ook CQ Hou Koers.

In Augustus 2016 was baie Suid-Afrikaanse Vuurtorings geaktiveer vir die Internasionale Vuurtoring en Ligskip Naweek – wat van ’n artikel en 'n paar fotos van jou aktivering. Die redakteur onthou 'n DXpedisie na Dasseneiland ’n geruime tyd gelede, dit sal nou 'n mooi artikel wees. Stuur jou artikel na radiozs@sarl.org.za

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Die Liga se databasis afsnypunt proses is op Maandag 10 Oktober 2016 uitgevoer. As jy nie jou lidmaatskap teen Maandag hernu het nie, is jy nie meer 'n lid van die Liga nie en sal jy weer moet aansoek doen vir lidmaatskap van die SARL.

** Daar is 88 meteoriete storte regdeur die jaar, terwyl sowat tien groot storte is en al die res klein storte is. Die sterker meteoriete storte kan VHF kontakte tot 2 500 km op 50 MHz of 70 MHz ESB of digitaal verskaf. Die Orioniede meteoriete sal piek op Donderdagaand 20 Oktober tot vroegoggend op Vrydag 21 Oktober 2016 waartydens sowat 20 meteoriet spore per uur sigbare sal wees. 'n Meteoriet bars wat ongeveer 30 sekondes van kommunikasie op 50 MHz verskaf, sal slegs 3 sekondes op 144 MHz en net oor ’n sekonde op 432 MHz wees, maar digitale kommunikasie is nog moontlik op hierdie bande.

Op rare geleenthede, kan 'n meteoriet bars tot drie minute op 50 MHz aanhou. Die Orioniede meteoriete sal gevolg word deur spitse van die Leoniede op 17 November, die Geminids op 14 Desember 2016 en die Quadrantids op 4 Januarie 2017. Die visuele koers vir die Leoniede sal ongeveer 20 spore per uur wees, terwyl die Geminids sal piek teen 120 per uur gevolg deur die Quadrantids teen 100 per uur.

** Werk het begin op die 2017 Blouboek of kompetisie handboek. Klubs en individue wat gasheer is vir die verskillende Liga en Klub kompetisies word versoek om die reëls na te gaan en die Liga se Kompetisie Bestuurder te lig oor enige veranderinge wat nodig is vir die 2017 Blouboek. Stuur asseblief jou opdaterings en kommentaar of selfs voorstelle vir nuwe kompetisies aan contest@sarl.org.za teen 31 Oktober 2016

** Voorlopige uitslae van die tweede been van die SARL BHF/UHF kompetisie gehou op 17 en 18 September is vrygestel.

Algeheel
1ste Carl Minne, ZS6CBQ - 116 589 punte
2de Christo Greyling, ZR6AUI/4- 93 479 punte
3de Pieter Jacobs, V51PJ - 82 891 punte

Basis stasie Onbeperk - analoog- en digitale
1ste Rickus de Lange, ZS4A – 46 094 punte
2de Dick Coates, ZS6BUN – 38 175 punte
3de Harry Holtzhausen, ZR6AMC – 2 411 punte

Basis stasie Beperk A - net Analoog
1ste Carl Minne, ZS6CBQ - 116 589 punte
2de Jaco Cronjé, ZR6CMG – 17 756 punte
3de Koos Greyvenstein, ZS6KSG – 1 349 punte

Basis stasie Beperk 4 Ure
1ste Stephen van Jaarsveldt, ZS6SVJ - 3 216 punte

Basis stasie Beperk A - net Digitale
1ste Pieter Jacobs, V51PJ – 82 891 punte
2de Andre Botes, ZS2ACP – 21 819 punte
3de Lee Hanegraaf, ZS5LEE – 12 362 punte

Veldstasie:
1ste Christo Greyling, ZR6AUI/4 – 93 479 punte

Baie geluk aan die wenners

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 23 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20 m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid van 10 m openinge op Noord-Suid sonverligte paaie. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

20 Oktober - RAE-eksamen
25 Oktober - sluitingsdatum vir artikels vir die November Radio ZS
29-30 Oktober - CQ WW DX ESB kompetisie
31 Oktober - jou terugvoer na sarlregwg@sarl.org.za oor Toerusting Tipe Goedkeuring Vrystelling
31 Oktober - terugvoer oor die 2017 Blouboek na contest@sarl.org.za
5 November - Radar Uitdaging
6 November – PEARS HF kompetisie
26 November - AMSAT SA SDR werkswinkel

Om hierdie bulletin mee af te sluit, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Ons is nou in die pylvlak van die Oktober 2016 radio amateur eksamen proses. Die Oktober 2016 radio amateur eksamen sal geskryf word op Donderdagaand 20 Oktober. Namens die Raad van die Suid-Afrikaanse Radioliga en die RAE span, wil ons graag alle studente die beste met die eksamen toe wens. Mag julle almal 'n baie suksesvolle eksaminering hê en kwalifiseer om deel te neem aan hierdie wonderlike stokperdjie.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 760 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003