SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 26 FEBRUARIE 2017
Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)
Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.
‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.
Ons begin die bulletin vanoggend met die nuus van ‘n stil sleutel.
Dit is met leedwese dat ons rapporteer dat die sleutel van Peter Lunow, ZR2PEL, Maandag stil geword het. Peter het vroeër hierdie maand sy 79ste verjaardag gevier. Die begrafnis vind Maandag 27 Februarie plaas.
PEARS betuig hul innige meegevoel met Peter se familie en vriende.
POUSE
In die nuus vandag:
SARL AMATEURRADIO EREGALLERY
SARL HAMNET 40 M KOMPETISIE
UITSLAE VAN DIE PEARS NASIONALE BHF EN UHF KOMPETISIE 2017
HF VOORTPLANTING VOORSPELLING
en
DAGBOEK VAN GEBEURE
Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.
** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie sal plaasvind op Sondag 26 Februarie van 13:00 tot 16:00 UTC met aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter. Die doel van die kompetisie is om soveel kontakte as moontlik tussen radioamateurs in Suider-Afrika met behulp van PSK31 en RTD modes te maak. PSK31 word verkies aan die onderpunt van die gespesifiseerde frekwensies en RTD aan die bo punt. Neem asseblief kennis dat HSB moet ten alle tye gebruik word. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin Sien die 2017 Blouboek vir al die inligting.
** Die SARL se Amateurradio Eregallery eer individue wat blywende bydraes tot Amateurradio in Suider-Afrika gemaak het, en bewaar die geskiedenis daarvan.
SARL-lede het verlede jaar nege aanvanklike lede verkies. Daar is besluit om hierdie jaar nog 'n groep van tot tien lede toe te laat, waarna 'n maksimum van twee lede per jaar ingelaat sal word.
Nominasies vir hierdie jaar sluit aan die einde van Februarie. Die Eregallery bladsy is deur die SARL se Tuisblad bereikbaar. Oor 'n dosyn nominasies is reeds ontvang, en tien van hulle is reeds op die Web.
'n Paar van amateurradio se groot geeste het dit nie in die eerste rondte gemaak nie, in sommige gevalle omdat hulle nie genomineer is nie. Kom ons maak seker dat die verdienstelikes almal ingesluit word, sodat hul bydraes vir die nageslag bewaar kan word.
Met minder as 'n week voor die keerdatum is daar geen tyd om te mors nie. 'n Nominasiesjabloon is op die SARL-Webwerf beskikbaar. Die nominasies wat reeds daar is, kan as 'n voorbeeld vir nuwe nominasies dien.
** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Hamnet 40 m Gesimuleerde Noodkompetisie is op die lug volgende Sondagmiddag. Hierdie ESB-kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek, Lesotho, Marion-eiland en Suid-Afrikaanse Antarktika. Slegs kontakte met hierdie gebiede sal tel. Die kompetisie loop van 12:00 tot 14:00 UTC op Sondag 5 Maart 2017 en dit is 'n foonkompetisie in die band gedeeltes 7 063 tot 7 100 kHz en 7 130 tot 7 200 kHz. Jy kan deelneem as 'n enkele operateur stilstaande mobiele stasie; 'n enkele operateur draagbare stasie; 'n Multi-operateur draagbare stasie of 'n enkele operateur basisstasie. Kry die volledige reëls in the 2017 Blouboek.
** Die Kompetisie Komitee het ses en twintig logstate en een kontrolelog vir die eerste been van die Nasionale Velddag ontvang. Die uitslae sal in HF Happenings 743 in die komende week gepubliseer word asook in SARL-nuus volgende Sondag.
** Die Maart 2017 uitgawe van Radio ZS sal beskikbaar wees vir aflaai vanaf Dinsdag 28 Februarie. In hierdie uitgawe kan jy uitvind hoe om die K3NG keyer en 'n dubbele bazooka antenna te bou. Die Oos-Rand-tak en die Sasolburg ARK deel hul Velddag naweek met lesers. Ons kyk hoe om nuwe radio amateurs in die stokperdjie te behou en Mike, ZS2FM, vertel ons meer oor die rede waarom die oorbrugging van die Atlantiese Oseaan nog steeds die grootste uitdaging op 144 MHz is.
** Swak Tropo omstandighede het die analoog reikafstand tot 390 km beperk en ook die aantal kontakte wat gemaak is tydens die PEARS nasionale kompetisie. ZS3JPY in Kleinzee en ZS5LEE in Durban het elk net een stasie gewerk, ZS3CVB in Port Nolloth en ZS4A in Bethlehem, onderskeidelik. Nieteenstaande is ten minste 25 logs landswyd ontvang wat al ses kategorieë van die kompetisie dek. Wat Tropo ontbreek het, het Meteor Verstrooiing voor opgemaak in die digitale kompetisie waar nuwe rekords bevestig is. Laas jaar het die algehele analoog wenner 82 075 punte behaal. Die huidige digitale algehele wenner het reeds die 100 000 merk verbygesteek vir die eerste keer in die geskiedenis van die PEARS kompetisie. PEARS is nou inderdaad ‘n nasionale BHF/UHF kompetisie.
Algehele Digitale Wenner:
Pieter Jacobs V51PJ (Basis) - 101 430 punte
1ste Naaswenner: Rickus De Lange ZS4A (Basis) - 19 250 punte
2de Naaswenner: Paul Smit ZS6NK (Basis) - 17 552 punte.
Algehele Analoog Wenner:
Kaap Radio Groep ZS1CRG (Klub) - 24 956 punte (bedien deur ZS1DUP, ZS1HE, ZS1ABU, ZS1DWH)
1ste Naaswenner: Christo Greyling ZR6AUI (Veld) - 19 680 punte
2de Naaswenner: Rickus De Lange ZS4A (Basis) - 3 261 punte
Langste Afstand op Digitaal:
50 MHz: Pieter Jacobs V31PJ en Paul Smit ZS6NK - 1347 km
70 MHz: Pieter Jacobs V51PJ en Paul Smit ZS6NK - 1347 km
144 MHz: Pieter Jacobs V51PJ en Rickus De Lange ZS4A - 1 138 km
Wenner Beperkte Kategorie (Digitaal): Andre Botes ZS2ACP (Basis) - 43 832 punte
Draagbare Kategorie:
Wenner: Alex Gogos ZR2T (Draagbaar) - 4142 punte
1ste Naaswenner: Andrew Gray ZS2G (Draagbaar) - 915 punte.
Wenners van die Divisie FM Kategorie:
Divisie 6: Max Bouckley ZS6MAX (Basis) - 490 punte
1ste Naaswenner: Kevin Suckling ZS6KGS (Basis) - 280 punte
Divisie 2: Dakota Watson ZU2DW (Veld) - 180 punte
1ste Naaswenner: Hugo Ras ZS2HR (Veld) - 120 punte.
Divisie Analoog Wenners:
Divisie 1: Kaap Radio Groep ZS1CRG (Veld) - 24 956 punte
Divisie 2: Al Akers ZS2U (Basis) - 1 574 punte
Mike Higgs ZU2MOO (Field) - 1710 punte
Divisie 4: Rickus De Lange ZS4A (Basis) - 3 261 punte
Divisie 6: Christo Greyling ZR6AUI (Veld) - 19 680 punte
** Nou vir baken nuus. Luisteraars word herinner aan die Baken Werkswinkel wat gehou word by Nasionale Amateur Radio Sentrum op Saterdag 11 Maart 2017 vanaf 08:30. Daar is 'n klein toegangsfooi van R20 om uitgawes te dek. Inskrywings kan by Leon Uys, ZR6LU, via SMS of WhatsApp by 082 573 5580 gemaak word. As jy nie kan bywoon nie, maar nog steeds ’n afskrif van die dokumente wil hê, kontak die organiseerders wat dit sal aanstuur.
Dit is ook 'n verdere oproep vir enigiemand wat 'n baken bedryf erens in Suid-Afrika om Leon Uys ZR6LU te kontak met inligting oor jou baken. Hy is tans besig om 'n lys van bakens op te stel en sal die eerste resultate in Maart publiseer waarna die inligting op datum gehou sal word.
** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Daar is 'n paar sonvlekke sigbaar maar hulle is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hul eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 12 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:
Vanmiddag – die SARL Digitale Kompetisie
4 Maart – die Kaapstad Amateurradio Klub Groot Snuffelmark
5 Maart – die SARL Hamnet 40 m Kompetisie
11 Maart – die Baken Werkswinkel by die NARS
11 – 12 Maart – die SARL BHF / UHF Kompetisie
11 – 12 Maart – die RSGB Statebond Kompetisie
25 - 26 Maart – die CQ WPX ESB Kompetisie
Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig:
Die SARL se Amateurradio Eregallery eer individue wat blywende bydraes tot Amateurradio in Suider-Afrika gemaak het, en bewaar die geskiedenis daarvan. Nominasies vir hierdie jaar sluit aan die einde van Februarie.
Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, redigeer deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................
Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.
/EX