Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 2 APRIL 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

OKOSA STAATSKOERANT DUI DIE REGULERENDE POSISIE OOR TIPE GOEDKEURING

RADIOAMATEURS WORD UITGENOOI OM INTERESSANTE BHF NUUS TE VERSKAF

en

TWEE PLAASLIKE KOMPETISIES OP DONDERDAG EN SATERDAG

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

** In 'n Staatskoerant no 40733 van 31 Maart 2017 het OKOSA sy regulerende posisie oor Tipe Goedkeuring gepubliseer. Gebaseer op die internasionale maatstaaf studie en geskrewe en mondelinge vertoë, het die owerheid die volgende standpunt ingeneem in verband met vrystelling van Tipe Goedkeuring.

Geen vrystelling word verleen op grond van die tipe van toerusting. Die owerheid sal 'n raamwerk ontwikkel vir die vrystelling van toerusting wat onder die gepubliseerde lys in die Staatskoerant verskyn. Amateur Radio toerusting, soos volg beskryf, word ingesluit in die lys, "Radio dienste vir die doel van self-opleiding, interkommunikasie en tegniese ondersoeke wat uitgevoer word deur amateurs op 'n nie-kommersiële basis."

OKOSA sal begin met die proses van hersiening van die huidige Tipe Goedkeuring raamwerk en werk aan 'n multi-vlak ooreenstemming Assesseringsraamwerk gebaseer op die relevante kriteria om toerusting kommersieel beskikbaar te maak in die Suid-Afrikaanse mark. Die breër raamwerk sal die omstandighede waaronder wedersydse erkenningsooreenkomste (MRAs) mag inkorporeer word en voorsiening te maak vir robuuste mark toesig.

Die OKOSA kennisgewing 248 van 2017 erken die voorlegging gemaak deur die Suid-Afrikaanse Radioliga en sy posisie met betrekking tot Tipe Goedkeuring. Die dokument is ingesluit in 'n 600 bladsy plus Staatskoerant. Sodra die kennisgewing beskikbaar is op sy eie, sal dit op die Liga se webwerf gepubliseer word.

** SARLNuus is in kennis gestel dat sedert middernag op Vrydag 31 Maart 2017 die status van 'n radio amateur bo die ouderdom van 25 en wat 'n ZU kwalifikasie het, ongelukkig verander is na nie meer wettig gelisensieer. Dit is as gevolg van die ouderdoms beperking klousule in die radio regulasies wat op 1 April 2017 in werking getree het en maak Suid-Afrika dus die enigste land in die węreld met 'n ouderdomsperk op 'n lisensie klas.

** Radioamateurs word uitgenooi om interessante BHF nuus items in te dien vir die opstel van die BHF nuus op die SARL tuisblad en om Amateur Radio te help bevorder. Dit is waar Liga lede en nie-lede die BHF nuus in Suid-Afrika kan sien en dit is ook węreldwyd blootgestel. 'n Paar nuus items is ontvang van so ver as Noord-en Suid-Amerika, soos die ontvangs verslag ontvang van Florida, VSA van die ZS2X 50,007 MHz FSK baken naby Port Elizabeth. Stuur 'n e-pos met jou nuus items aan Mike, ZS2FM, by mikecbosch@gmail.com.

** Op Donderdagaand 6 April kan jy deelneem aan die eerste been van die gewilde SARL 80 m QSO-geselligheid. Die kompetisie begin om 17:00 UTC en eindig 3 uur later met foon aktiwiteit in die segmente 3 603 tot 3 650 kHz en 3 700 tot 3 800 kHz. Die uitruiling is jou naam en roepsein en 'n RS sein verslag. Kontakte met stasies in Suid-Afrika tel 10 punte en kontakte met stasies buite Suid-Afrika tel 15 punte. Logstate, SLEGS in MS Excel-formaat, moet teen 13 April 2017 ingedien word per e-pos aan zs5lp@vodamail.co.za

** Die April 2017 uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die Liga se webwerf. Het jy antenna probleme daar by jou woon kompleks, wel daar is ʼn artikel oor moxon antennas in die dak. Leon, ZR6LU, vertel meer oor sonpanele en Mike, ZS2FM, bespreek BHF en UHF nuus in sy gereelde rubriek.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Het jy amateur radio vir ʼn vriend gewys?

** Die lae sonvlek telling kan opwindende uitdagings op BHF en UHF voorsien. Na die Eerste Węreldoorlog het radio amateurs węreldwye DX op die HF-bande via F2 voortplanting ontdek. Die kenners het beweer dat die sogenaamde ultra hoë frekwensies bo 30 MHz was slegs geskik vir lyn van sig kommunikasie. Vandag weet ons anders, dat daar baie ander voortplanting modusse teenwoordig is op BHF en UHF en ons nie net meer afhanklik van F2 voortplanting is nie. Baie kommersiële en militęre stasies het reeds geskuif na satelliete vir meer betroubare kommunikasie. Dan het ons węreldwye amateur EME wat nie geraak word deur die troposfeer of ionosferiese toestande nie. Sonsiklus 24 is die swakste in 'n eeu en is nou op pad na die volgende son minimum. So in plaas om jou amateur toerusting op te hang soos die spreekwoordelike saal, begin die opwindende BHF bande verken en leer meer oor die grille van BHF kommunikasie. Dit is die moeite werd.

** Die Herfs QRP kompetisie sal op die lug wees op Saterdag 8 April vanaf 12:00 tot 15:00 UTC. Hierdie kompetisie is bedoel as ʼn pret aktiwiteit om QRP werking tussen radio amateurs te bevorder. Die gebruik van self bou toerusting of 'n draagbare/veldstasie en die gebruik van tydelike antennas word aangemoedig, maar is nie 'n vereiste.

Die eerste uur is beperk tot die 40 m-band, die oorblywende twee ure is deelnemers vry om enige HF (nie-WARC) bande te gebruik soos hulle goed dink. Voldoen aan die kompetisie alleen segmente soos uiteengesit in die Algemene reëls. Jy kan ESB en gelykgolf gebruik met 5 watt (PEP) uitset of minder en 'n stasie kan een keer per band per modus gewerk word.

Die uitruiling is 'n RS of RST verslag en jou ruit verwysing, gebruik asseblief die volle 6-karakter ruit verwysing, bv KG41ad en oorweeg dit om realistiese RS(T) sein verslae uit te ruil. Met DX kontakte kan die ruit verwysing inligting weggelaat word. Elke kontak tel 1 punt, elke Suid-Afrikaanse roep gebied 0 tot 9 tel as 'n vermenigvuldiger en elke DXCC land gewerk tel as 'n vermenigvuldiger. Daar is ook 'n tipe stasie vermenigvuldiger.

Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein QRP kompetisie," moet teen 15 April 2017 ingedien word per e-pos aan contest@sarl.org.za en 'n foto(s) van die stasie ( JPG-formaat) moet elke log inskrywing vergesel.

** Die voorlopige uitslae van die SARL Hamnet 40 m Gesimuleerde Nood kompetisie is aangekondig.

Kategorie A: Enkel operateur, stilstaande mobiele.
Philip van Tonder, ZS6PVT, 1 440 punte
Kevin Smith, ZS6KVN, 144 punte
Lucas Swart, ZS6ACT, 4 punte

Kategorie B: Enkel operateur, draagbare
Brian Jones, ZS6BV, 900 punte
Al Akers, ZS2U, 744 punte
Robert Higgs, ZU2GH, 24 punte

Kategorie C: Multi-operateur, draagbare
Port Elizabeth Amateurradiovereeniging, ZS2PE, 120 punte

Kategorie D: Enkel operateur, basis stasie
Jan Botha, ZS4JAN, 2 380 punte
Hamnet, New Germany, ZS5DCC, 1 638 punte
Arthur Duvenhage, ZS5DUV, 1 386

Baie geluk aan die kategorie wenners. Die volledige uitslae sal in HF Happenings gepubliseer word.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer sewentien vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Met die dag-nag-ewening hier kan die 10 m ook gedurende die dag verrassings oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

6 April – SARL 80 m QSO Partytjie
8 April – Herfs QRP Naelloop
15 April - sluitingsdatum vir RAE registrasie
18 April – Węreld Amateurradio Dag
19 April – sluitingsdatum vir die registrasie vir die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Konvensie
22 April - SDR Werkswinkel in die Kaap en die SARL Geraasvloer Werkswinkel by die NARS
23 April – ZS4 Naelloop
6 Mei - Die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Konvensie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig

In 'n Staatskoerant no 40733 van 31 Maart 2017 het OKOSA sy regulerende posisie oor Tipe Goedkeuring gepubliseer. Gebaseer op die internasionale maatstaaf studie en geskrewe en mondelinge vertoë, het die owerheid die volgende standpunt ingeneem in verband met vrystelling van Tipe Goedkeuring.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd met n verandering in frekwensie vanaf Maandag 27 Maart op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruin, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003