SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG VIR 13 AUGUSTUS 2017
Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)
Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.
‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.
In die nuus vandag,
SUID-AFRIKAANSE JEUG GESELS MET IRS RUIMTEVAARDER
WAT IS OP DIE BHF SPYSKAART VIR DIE SOMER MAANDE?
en
AMSATSA/SARL WERKSWINKEL OP SATERDAG TE FOKUS OM SDR NA 'N NUWE VLAK TE NEEM
Bly gerus ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.
SUID-AFRIKAANSE JEUG GESELS MET IRS RUIMTEVAARDER
Gister, Saterdag 12 Augustus, het die jaarlikse IARU Streek 1 Youngsters on the Air (YOTA) gebeurtenis tot ‘n einde gekom met die terugkeer van 80 jeugdiges van 30 verskillende IARU lidlande. Die gebeurtenis het hierdie jaar by Gilwell Park aan die buitewyke van Londen in die VK plaasgevind en die week was gevul met amateur radio aktiwiteite. Een van die hoogtepunte van die week was die geleentheid om deur middel van amateur radio met ruimtevaarder Paulo Nespoli, IZ0JPA op die Internasionale Ruimtestasie te gesels vanaf die grondstasie by Gilwell Park.
Dinsdagaand het al drie lede van die Suid-Afrikaanse span die geleentheid gehad om Paulo vrae te vra. Die gebeurtenis was nie sonder drama nie toe die eerste poging om kontak te maak met die IRS weens tegniese probleme op die ruimtestasie onsuksesvol was. Die tweede poging tydens die volgende omwenteling om 20:15 GMT was suksesvol en Philip ZS6TRE, Ruben, ZR6RJV, en Cameron, ZS6CYE, as deel van ‘n uitgesoekte groep jeugdiges, kon hard en duidelik met Paulo op die IRS kommunikeer. Vir heelwat beeldmateriaal wat breedvoerige inligting insluit van die suksesvolle YOTA 2017 somer gebeurtenis insluit, besoek gerus www.ham-yota.com/ en YouTube by www.youtube.com/user/TheRSGB
AMSATSA/SARL WERKSWINKEL OP SATERDAG TE FOKUS OM SDR NA 'N NUWE VLAK TE NEEM
Die AMSATSA/SARL werkswinkel wat op Saterdag 19 Augustus by die SARL Nasionale Amateur Radio Sentrum in Radiokop gehou sal word, sal fokus op hoe om meer uit Sagteware-gedefinieerde Radio te kry en deelnemers na 'n ander vlak in amateur radio aktiwiteite te neem. Die werkswinkel word in twee sessies aangebied word met Sessie een wat oor die BHF SDR-dongle gaan en hoe om meer pret te hê, soos om na satelliete te luister, weerfoto's en sterrekundeprojekte te ontvang. Die tweede sessie sal 'n HF Dongle en die SARL HF Geraasvloer-moniteringprojek bespreek met besonderhede en 'n demonstrasie van hoe om dit te outomatiseer en hoe om 'n outonome stelsel te bou met 'n Raspberry Pi.
Vir meer besonderhede en om te kyk na jou registrasie status, verwys jou blaaier na www.amsatsa.org.za of stuur 'n e-pos na admin@amsatsa.org.za.
SARL HF DIGITALE KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG
Die tweede van die drie SARL HF wedstryde, die HF Digitale Kompetisie, is volgende Sondag 20 August van 13:00 tot 16:30 UTC op die lug met PSK en RTD aktiwiteite op 20, 40 en 80 meter. Kyk hoeveel sones jy kan werk per band en hoeveel stasies op al drie bande. Jy kan deelneem as 'n enkele operateur enkel band stasie, 'n enkele operateur alle bande stasie, 'n multi-operateur enkel band stasie of 'n multi-operateur alle bande stasie. Individuele mededingers en klubstasies word aangemoedig om mee te ding. Die uitruiling is 'n RSQ-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001.
Daar is twee SARL-trofeë vir die digitale kompetisie, maar jy staan 'n kans om meer trofeë te wen as jy aan al drie kompetisies deelneem. Die reëls is te lank om in SARL Nuus te publiseer, kyk dus op bladsy 34 van die 2017 SARL Blouboek vir al die inligting. Doen dit voor die kompetisie begin. Neem asseblief kennis dat die enigste adres vir jou logstate is zs4bfn@mweb.co.za.
WAT IS OP DIE BHF SPYSKAART VIR DIE SOMER MAANDE?
Suid-Afrika het hierdie winter ‘n paar baie koue dae ervaar en dit het BHF voortplanging via tropo geleiding affekteer. So wat kan ons tydens die komende warmer maande tot die warmste maand in Februarie 2018 verwag? BHF tropo voortplanting sal tydens September begin verbeter op land sowel as see, aangesien meeste van die DX kontakte met Reunion Eiland op 144 MHz en 432 MHz tydens September en Februarie plaasgevind het. ZD7VC op St Helena Eiland is soos ‘n ryp vrug wat gereed is om hierdie somer gepluk te word op 144 MHz deur goed toegeruste BHF amateurs op die Weskus.
Tropo Geleiding is mees doeltreffend op 144 MHz waar dit duisende kilometer oor die see kan dek, maar dit kom ook voor tot op 10 GHz. Op HF is daar slegs F2 voortplanting bedags en snags kombineer die F2 en F1 lae om F laag voortplanting te vorm. Op BHF is daar omtrent ‘n dosyn verskillende voortplanting modes, wat daaglikse modes soos AMA, Satelliet en Vliegtuig Verstrooiing insluit. Baie voortplanting modes is mees doeltreffend op 50 MHz, die Tower Band, soos Sporadiese-E, Meteoor Verstrooiing, Trans-Ewenaar (TEP), Terugverstrooiing, Ionosferiese Verstrooiing en Aurora, en natuurlik F2 tydens die sonsiklus hoogtepunt. In teenstelling is Tropo Geleiding op 50 MHz dikwels beperk deur die grootte van die geleier wat nie die laer golflengtes soos 50 MHz kan akkommodeer nie. Daar is heelwat om na uit te sien op BHF hierdie somer, veral op 144 MHz en 50 MHz. Die huidige SARL Tropo rekord op 144 MHz staan op 3247 km, en op 50 MHz TEP is ‘n afstand van 9822 km aangeteken.
Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.
LOGSTAAT VOORLEGGING
middernag vanaand, Sondag 13 Augustus is die sluitingsdatum vir die HF Foon Kompetisie logstate en middernag op Woensdag 16 Augustus is die sluitingsdatum vir die JD Naeelloop logstate. Stuur jou logbladsye vir albei kompetisies na zs4bfn@mweb.co.za, dit is die enigste e-pos adres wat jy moet gebruik.
JOTA / JOTI 2017
Richard Hooper, ZS6RKE, die nasionale JOTA/JOTI-koördineerder vir Padvinders Suid-Afrika het aan SARL Nuus gesê dat JOTA/JOTI 2017 van 20 tot 22 Oktober gehou word. JOTA/JOTI 2016 was 'n baie suksesvolle gebeurtenis landwyd, met 'n groei van 400% in amateur radio stasies en ek wil graag sien dat dit elke jaar beter raak.
Hier is die nuutste skakel met inligting oor die aanbied van hierdie geleentheid. Registrasie is nog nie vir hierdie jaar oopgemaak nie, maar word in die volgende week of twee verwag. Ek sal verdere besonderhede stuur sodra registrasie vir die jaar oopgemaak word. Besoek www.scouts.org.za/2017/07/27/60-years-connecting-scouts-register-jota-joti/ vir meer inligting.
Laat my asseblief weet as jy enige navrae het of graag hulp wil hê vir die reël van Radio Amateurs vir jou geleentheid. Ek sal poog om te help waar moontlik. Jy kan my kontak by Richard.hooper@scouts.org.za
DIE 2017 D-STAR QSO GESELLIGHEID
Die datums vir die 2017 D-Star QSO Geselligheid is bekend gemaak. Die QSO
Geselligheid sal van 22 tot 24 September duur, besoek www.icom.co.jp/world/dqp/ vir al die besonderhede.
UITSLAE VAN DIE ZS2 NAELLOOP
Die Kompetisie komitee het 15 logstate ontvang vir die ZS2 naelloop wat op Sondag 23 Julie 2017 gehou is. Die volledige uitslae sal in HF Happenings 763 gepubliseer word.
1ste Mitch Rundle, ZS2DK - 109 punte
2de Hugo Ras, ZS2HR, 101 punte
3de Port Elizabeth ARS, ZS2PE - 74 punte
4de Barry Nugent, ZS2NF - 74 punte
Baie dankie aan almal wat logstate ingestuur het en gelukwense aan Mitch!
VOORTPLANTINGS VERSLAG
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is tans slegs 'n enkele sonvlek sigbaar met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van twee vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Plaaslik gaan 60 m gedurende die dag die beste voortplanting oor korter afstande oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:
Vandag - die sluitingsdatum vir jou SARL HF Foon logstaat
16 Augustus - die sluitingsdatum vir jou SARL JD Naelloop logstate
19 Augustus - die AMSATSA / SARL SDR-werkswinkel by die NARS
19 en 20 Augustus - Internasionale Vuurtoring en Ligskip Naweek en die ZS9V DXpedisie na Robbeneiland
20 Augustus - SARL HF Digitale Kompetisie
26 Augustus - DMR Werkswinkel by die NARS en die sluitingsdatum vir die September Radio ZS
27 Augustus - SARL HF Gelykgolf Kompetisie
2 September - Wesrandse vlooimark
2 en 3 September - IARU Streek 1 en RSGB SSB Velddag
9 en 10 September - SARL Nasionale Velddag
Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig
Een van die hoogtepunte van die week was die geleentheid om deur middel van amateurradio met ruimtevaarder Paulo Nespoli IZ0JPA op die Internasionale Ruimtestasie te gesels vanaf die grondstasie by Gilwell Park. Dinsdagaand het al drie lede van die Suid-Afrikaanse span die geleentheid gehad om Paulo-vrae te vra.
Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS/3, en gelees deur ...........................................................
Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.
/EX