Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 11 MAART 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

AKKOMMODASIE VIR DIE 2018 NASIONALE KONVENSIE

VERBEEL NET BHF AKTIWITEIT VANAF AFRIKA-STATE SUID VAN DIE EWENAAR

en

ANTENNA KWESSIES MET VINCE HARRISON BY DIE VOLGENDE SDR WERKSWINKEL

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

AKKOMMODASIE VIR DIE 2018 NASIONALE KONVENSIE

Die SARL Nasionale Konvensie sal gehou word oor die naweek van 13 tot 15 April 2018. Die algemene jaarvergadering sal gehou word by die Farm Inn, 'n privaat Lodge- en konferensie sentrum aan die oostelike buitewyke van Pretoria, net 20 minute vanaf Sentraal-Pretoria , 45 minute vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe en 50 minute vanaf Johannesburg. Die Farm Inn is 'n uitstekende uitstappie, 'n ideale konferensie plek of die perfekte omgewing vir jou troue. Die Farm Inn het daardie spesiale iets ekstra - 'n wildreservaat in die stad.

Dit is belangrik dat SARL lede so gou moontlik hul verblyf vir die naweek bespreek om enige teleurstelling te vermy. Farm Inn het verskillende akkommodasie tipes beskikbaar vanaf Luukse tot Ekonomiese kamers teen verskillende tariewe. Daar is nog steeds genoeg akkommodasie beskikbaar vir die naweek en lede word versoek om te vermeld dat hulle die SARL AJV bywoon wanneer hulle hul bespreking maak. Na bevestiging vanoggend, kan dit bevestig word dat daar oor die naweek nog genoeg akkommodasie beskikbaar is en lede word aangemoedig om seker te maak dat hulle vroeër eerder as later akkommodasie bespreek. Akkommodasie kan aanlyn bespreek word by www.farminn.co.za of per telefoon by + 27 12 809 0266/77.

Daar is ook verskeie alternatiewe gastehuis verblyf beskikbaar in die onmiddellike omgewing van die Farm Inn wat as alternatiewe akkommodasie gebruik kan word indien jy nie by die Farm Inn wil bly nie. Om slegs 'n paar te noem: Casa Flora Guesthouse, The Links Gastehuis, The Lakes Executive, Villa Africa en Peter's Guesthouse. As jy van plan is om jou woonwa te bring, kan jy die Nkwe-oord probeer. Die URL's vir al hierdie plekke kan gevind word in die SARL-kommunikasie gedateer 7 Maart 2018.

VERBEEL NET BHF AKTIWITEIT VANAF AFRIKA-STATE SUID VAN DIE EWENAAR

Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, aanbieder van die AR Today-program, het aangekondig dat Sentech, wat Sondagoggend die program na die Afrika-state in Engels uitsaai, meer tegniese en eksperimentele data oor amateur radio verlang. Dit kan 'n uitgestrekte veld in BHF-eksperimente open, wat tot groot voordeel kan wees vir hul suidelike bure in die RSA.

Baie van die radio amateurs in die Afrika-state beskik oor HF-send/ontvangers wat reeds met 50 MHz toegerus is. In hierdie lande met FM-herhalers op 144 MHz, sal amateurs op hierdie band kan funksioneer, maar as die send/ontvangers nie al-modusse is nie, moet jy 'n ESB-radio vir toekomstige langafstand-eksperimente kry.

Die 50 MHz-band, of Tower-band, lewer die sterkste seine oor die hele radiospektrum op die meeste voortplantings modusse. Dit beteken dat 50 MHz sterk Sporadiese-E-kontakte oor Suider-Afrika en via Meteoor verstrooiing kan verskaf. Terwyl 144 MHz, die Tropo-band, die langste afstande oor die oseane via Tropo Geleiding lewer, is dit steeds die beste op Tropo Verbetering en Tropo Verstrooiing. Die langste afstande op 144 MHz van byna 5 000 km is aangeteken oor die Stille Oseaan en 3 245 km tussen Reunion Eiland en Port Elizabeth oor die Indiese Oseaan. Op 144 MHz kan jy die langste afstande via Tropo Geleiding langs die Afrika-kus of selfs binnelands registreer.

ANTENNA KWESSIES MET VINCE HARRISON BY DIE VOLGENDE SDR WERKSWINKEL

Die volgende SDR werkswinkel word Saterdag 17 Maart 2018 om 9 VM by die NARS gehou. Leer meer oor watter antenna om vir die geraas monitering projek te gebruik. By die werkswinkel sal terugvoer gegee word oor die SARL RF Geraas Monitoring projek. Ander onderwerpe sluit in die outomatisasie van die data oplaai na die bediener en ‘n inleiding tot GNU radio deur Anton Janovsky, ZR6AIC. Die koste beloop R50 vir SARL en AMSATSA lede en R100 vir nie-lede. Registrasie besonderhede is op www.amsatsa.org.za of die skakel van die SARL Tuisblad. Daar sal geen fasiliteite by die werkswinkel wees om betalings te hanteer nie.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

VROEË BESPREKINGS VIR DIE AMSATSA RUIMTE SIMPOSIUM OPEN MAANDAG

Besprekings vir die jaarlikse AMSATSA Ruimte Simposium wat op 19 Mei 2018 by die Innovation Hub in Pretoria gehou word, open Maandag. Die simposium sluit interessante onderwerpe in onder andere die ontwikkeling van ‘n nuwe SDR transponder, die bou van ‘n aardstasie om die eerste amateur radio geostasionêre satelliet Es’hail-2 te bedien, ‘n BACAR-gereed 10 GHz baken om jou Es'hail-2 ontvanger te gebruik, ‘n praktiese benadering om modulêre stelsel betroubaarheid te verbeter, FunCube Data en sommige van sy geheime en ‘n vorderingsverslag oor Kletskous en sy volgende generasie transponder en stelsels. Kry die besprekingsform en besonderhede op www.amsatsa.org.za.

STILLE OSEAAN AMATEUR RADIO TUIG KH6JF/MM GEBRUIK FT8

Daar is tans 'n kans om werklik skaars ruitvierkante te werk. HF Voyager is 'n oseaan-tuig wat tans van Hawaii na Kalifornië beweeg, wat amateur radio-kontakte op verskeie digitale modusse kan uitvoer. Aan boord in 'n waterdigte houer is 'n Elecraft KX3 en 'n Raspberry Pi-rekenaar wat 'n verskeidenheid digitale modusse moontlik maak. Op 6 Maart was FT8 geaktiveer en die tuig was in die ruitvierkant CL51 met die roepsein KH6JF/mm. Jy kan die volledige storie lees by https://ae5x.blogspot.co.uk/2018/03/hf-voyager-ocean-going-drone-with-kx3.html.

DURBAN AMATEUR RADIO KLUB AJV

By die AJV van die Durban Amateurradio Klub wat op 3 Maart 2018 by 87 Tara Weg Bluff gehou is, is die nuwe komiteelede as volg verkies:
Voorsitter: Louis de Bruin, ZS5LP
Ondervoorsitter: Neil Slogrove, ZR5NAS
Tesourier: Louis de Bruin, ZS5LP
Sekretaris: Kurt Linsin, ZS5KL
Lede: Graham Walker, ZS5GW, Aubrey Worthington, ZS5ACW, Sean Beukes, ZS5TI, Eva Denham, ZS5DE en Mark Weeks ZS5WEE.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie en daar is ook geen kans vir sonfakkels nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

Eindig om 10:00 UTC vanoggend - die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie en die 82ste RSGB Statebond kompetisie
12 Maart - besprekings oop vir die AMSATSA Ruimte Simposium en die sluitingsdatum vir Hamnet kompetisie logstate
17 Maart - die SDR-werkswinkel by die NARS
19 Maart - die sluitingsdatum vir BHF/UHF Analoog kompetisie logstate
20 Maart - Herfs Dag en Nagewening en die Internasionale Dag van Geluk
24 en 25 Maart – die CQ WPX ESB Kompetisie
5 April – die SARL 80 m QSO Geselligheid
7 April – die RaDAR Uitdaging
7 en 8 April – die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie
13 tot 15 April – die SARL Nasionale Konvensie in Pretoria

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Dit is belangrik dat SARL lede so gou moontlik hul verblyf vir die Nasionale Konvensie naweek bespreek om enige teleurstelling te vermy. Farm Inn het verskillende akkommodasie tipes beskikbaar vanaf Luukse tot Ekonomiese kamers teen verskillende tariewe. Daar is nog steeds genoeg akkommodasie beskikbaar vir die naweek en lede word versoek om te vermeld dat hulle die SARL AJV bywoon wanneer hulle hul bespreking maak. Na bevestiging vanoggend, kan dit bevestig word dat daar oor die naweek nog genoeg akkommodasie beskikbaar is en lede word aangemoedig om seker te maak dat hulle vroeër eerder as later akkommodasie bespreek. Akkommodasie kan aanlyn bespreek word by www.farminn.co.za of per telefoon by + 27 12 809 0266/77.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS2B, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003