SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 6 JANUARIE 2019
Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)
Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.
Ons begin vanoggend die bulletin met nuus van 'n stil sleutel.
Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Wally Sime, ZS6WAL op Woensdag 2 Januarie stil geword het. Wally was 'n oud-voorsitter van die Wes-Rand ARK en hy was 'n paar jaar gelede die SARL Administrateur.
Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy vrou, Thelma, kinders Mike en Cindy, familie en vriende.
POUSE
In die nuus vandag:
DIE AMSAT SA DUBBELE BAND BHF/UHF ANTENNA ‘N WENNER
BESPREKINGS VIR DIE AMSAT SA RUIMTESIMPOSIUM NOU OOP
en
STAAN 'N KANS OM R1 000 TE WEN, NEEM DEEL AAN DIE TINUS LANGE 7066 TEGNIESE UITNEMENDHEIDS TOEKENNING
Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.
Die SARL Nuus span wil graag ons nuuslesers, luisteraars en aanlyn lesers 'n Voorspoedige Nuwejaar toe wens.
DIE NARS VAN MAANDAG OOP
Die Nasionale Amateur Radio Sentrum sal op Maandag 7 Januarie 2019 na die vakansieperiode weer open vir besigheid.
DIE AMSAT SA DUBBELE BAND BHF/UHF ANTENNA ‘N WENNER
Die AMSATSA 2 m / 70 cm dubbele band Yagi wat verlede week bekend gestel is, is 'n groot treffer. Die eerste pak van 50 is verkoop binne dae na verlede Sondag se aankondiging. Daar word verwag dat 'n nuwe besending in ongeveer 10 dae gereed sal wees vir versending via POSTNET.
Die Yagi het 'n unieke element genaamd 'Open Sleeve' wat 'n rig element is, baie naby aan die aangedrewe element. Die aangedrewe element is vir 2 meter ontwerp. Wanneer dit op 70 cm werk, werk die 'Open Sleeve' as deel van die aangedrewe element op 70 cm (derde harmonie van 2 m). Die AMSAT SA weergawe is gebaseer op 'n ontwerp deur DK7ZB met wysigings deur WB5CXC. Die eerste Suid-Afrikaanse weergawe is gebou in samewerking deur Guy, ZS6GUY en Gary, ZS6YI. Dit is ontwikkel vir YOTA 2018, waar jongmense suksesvol gebruik gemaak van die antenna om satelliete met behulp van hand-draagbare radios te werk. Die meganiese struktuur van die AMSAT SA-weergawe is herontwerp deur Gary, ZS6YI. Die antenna is in-prop en speel. Geen gereedskap is nodig nie, behalwe vir die soldering van 'n koppelstuk om by die radio te pas. Dit kom volledig in 'n drasak met volledige instruksies. Hierdie antenna kan binne minute aanmekaar of uitmekaar gehaal word.
Vir meer besonderhede en hoe om te bestel, besoek www.amsatsa.org.za. SARL en AMSAT SA lede kry 'n afslag.
BESPREKINGS VIR DIE AMSAT SA RUIMTE SIMPOSIUM NOU OOP
Bespreek nou vir die 2019 AMSATSA Ruimte Simposium op Saterdag 16 Maart 2019 by die Accolade Konferensiesentrum in Midrand. Die tarief sal R400 per persoon wees vir AMSAT SA en SARL lede en R600 vir nie-lede. Daar is 'n vroeë koers van R350 vir AMSATSA en SARL-lede, indien bespreking en betaling teen 28 Februarie 2019 afgehandel is. Akkommodasie is ook by die hotel beskikbaar teen R855 plus BTW. Meer besonderhede op www.amsatsa.org.za
Daar is net 'n paar dae oor om referaat voorstelle vir die Ruimte Simposium in te dien. Enkele interessante referate sal tydens die 2019 AMSAT SA Ruimte Simposium op 16 Maart 2019 in Gauteng aangebied word. Die afgelope week is hoe om satelliete te werk met die nuwe dubbele band Yagi en 'n hand radio op die agenda geplaas. Die finale sluitingsdatum vir voorstelle vir referate wat aangebied word, is 15 Januarie 2019. Meer besonderhede op www.amsatsa.org.za.
NUWE D-STAR ONE NANOSATELLIETE LANSEER
'n 27 Desember Soyuz lansering het twee Duitse Orbital Systems D-STAR ONE satelliete - D-STAR ONE - Sparrow en D-Star One - iSat ontplooi. Bakens is suksesvol van beide satelliete ontvang, wat 'n D-STAR herhaler met 'n opskakel op 437.325 MHz en 'n afwaartse skakel op 435,525 MHz dra. Die D-STAR ONE - Phoenix 3U CubeSat, gelanseer in Februarie 2018 het verlore gegaan. 'n Paar Kanopus V afstand waarneming satelliete was die primêre loonvrag. Die vlug het 28 satelliete gedra. "Tydens die eerste lae-elevasie verbyvlug oor Berlyn het ons span suksesvolle kontak met albei satelliete gemaak," het German Orbital Systems gesê. "Die telemetrie ontvang bevestig die nominale status van alle stelsels."
Die Desember Soyuz-vlug het ook die UWE-4 1U CubeSat ontplooi met 'n elektriese aandrywings-eksperiment en 'n 70 sentimeter 9,6 k AX.25 digiherhaler, met 'n opskakel/afskakel frekwensie van 437,375 MHz.
Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.
STAAN 'N KANS OM R1 000 TE WEN, NEEM DEEL AAN DIE TINUS LANGE 7066 TEGNIESE UITNEMENDHEIDS TOEKENNING
Geniet jy om toerusting te bou om in of buite die radiokamer te gebruik? Of sagteware wat gebruik word vir amateur radio? Wel, dien jou projek in vir die Tinus Lange 7066 Tegniese Uitnemendheids Toekenning. Die toekenning word jaarliks aan die Liga-lid gegee wat 'n tegniese projek in enige van die volgende kategorieë indien: a) die ontwerp en/of konstruksie van projekte soos 'n voorversterker, SWR-brug, outomatiese ID, praktiese antenna idees, mas, draagbare toerusting, kragtoevoer, ens., of b) enige sagteware vir gebruik in amateur radio.
Wat van log sagteware vir die verskillende SARL kompetisies? Of 'n intreevlak-tuisbou QRP-send/ontvanger? Die toekenning is 'n geraamde sertifikaat en 'n kontant toekenning van R1 000. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag 31 Januarie 2019 en moet gestuur word aan secretary@sarl.org.za.
BULGARYE OM DIE 2019 JEUG OP DIE LUG SOMERKAMP AAN TE BIED
Die negende Jeug op die Lug (YOTA) somer kamp sal in Bulgarye gehou word, met die Bulgaarse Federasie van Radio Amateurs (BFRA) wat die geleentheid aanbied. Individuele IARU Lidverenigings sal kandidate tussen 15 tot 25 jaar oud kies vir die Somerkamp, wat vanaf 11 tot 17 Augustus naby Sofia, die Bulgaarse hoofstad, sal plaasvind.
"In hierdie YOTA-kamp gaan ons voort met ons program van lei die afrigters op, wat die hoof tema van die week sal wees," het IARU Streek 1 Jeug Werkgroep voorsitter Lisa Leenders, PA2LS, gesê wat die jaarlikse geleentheid aangekondig het. "Deelnemers sal aan die toekoms van Amateur Radio werk en sal betrokke wees by werkswinkels waar hulle vaardighede sal opdoen om soortgelyke Amateur Radio-jeug gebeurtenisse by die huis te begin. Met hierdie doel is ons daarop gemik om 'n sneeubal-effek te skep om meer en meer YOTA-geleenthede te inspireer oor die wêreld. Dit stel ook ander jongmense en nuwelinge in staat om Amateur Radio te geniet. "
HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar slegs 'n enkele, klein sonvlekkie sigbaar met geen gevaar van ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan moontlike openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:
9 Januarie - alle provinsiale skole heropen.
12 en 13 Januarie – Hunting Lions in die lug.
15 Januarie - die finale datum vir voorstelle vir referate vir die Ruimte Simposium.
18 tot 20 Januarie - die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie.
26 Januarie - die Somer QRP kompetisie.
31 Januarie - die sluitingsdatum vir die nominasies van die Raad, mosies vir die 2019 AJV en nominasies vir die SARL-toekennings en trofeë.
2 Februarie - die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid.
3 Februarie - die AWA Gelykgolf Aktiwiteitsdag.
9 Februarie - die BHF/UHF werkswinkel by die NARS.
9 en 10 Februarie - die SARL Nasionale Velddag.
28 Februarie - einde van die vroeë besprekings vir die Ruimte Simposium en sluitingsdatum vir SARL Eregallery nominasies.
Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:
Die AMSATSA 2 m / 70 cm dubbele band Yagi wat verlede week bekend gestel is, is 'n groot treffer. Die eerste pak van 50 is verkoop binne dae na verlede Sondag se aankondiging. Daar word verwag dat 'n nuwe besending in ongeveer 10 dae gereed sal wees vir versending via POSTNET.
Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur .............................. en gelees deur ...........................................................
Vanaf die Afrikaanse Nuusspan, beste wense vir die week wat voorlê. Totsiens.
/EX