SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 8 DESEMBER 2019
Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)
Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.
In die nuus vandag:
DIE 2020 PARKE-OP-DIE-LUG PROGRAM
EERSTE OPROEP VIR REFERATE VIR DIE SARL AMATEUR RADIO TEGNOLOGIE SIMPOSIUM
en
AMSAT SA VERSKUIF HOOF FOKUS NA AFRICUBE, 'N DIGITALE SDR CUBESAT
Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.
Ons begin hierdie bulletin met die nuus van 'n stil sleutel:
Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Daryl Lamble, ZS6DLL, in die vroeë oggendure van Sondag 1 Desember stil geword het. Daryl was 'n ywerige gelykgolf-operateur wat die uitdaging aangepak het om ander in gelykgolf op te lei. Hy is bekroon met die 2018 Jeffrey Wright-trofee deur die AWA vir sy bydrae tot gelykgolf en hy was verantwoordelik vir die toename in gelykgolf op die bande en het 'n absolute passie daarvoor gehad.
Ons innige meegevoel met sy vrou Kim, dogters Kevone en Bianca, familie en vriende.
SARL Nuus het gehoor dat Gerard de Jong, ZS6KX 'n stil sleutel geword het, maar het geen verdere inligting nie.
POUSE
DIE 2020 PARKE-OP-DIE-LUG PROGRAM
Daar is tans 545 parke geregistreer vir Suider-Afrika in die Wêreldwye Fauna en Flora-databasis - 8 in Eswatini, 7 in Lesotho, 13 in Botswana, 10 in Mosambiek, 26 elk in Namibië en Zimbabwe en 455 in Suid-Afrika. Die Suider-Afrikaanse Parke-op-die-Lug program duur van 1 Januarie tot 31 Desember 2020 met verskillende toekennings beskikbaar vir aktiveerders en jagters.
Om seker te maak dat 'n aktiwiteit geldig is, moet jy seker maak dat jy en al jou toerusting binne die reservaat is, te voet, fiets, motorfiets, motor, motorhuis, ens. Jy moet 10 QSOs (44 QSOs vir die internasionale toekennings) maak vir jou aktiwiteit om vir 'n aktiveerder toekenning te tel, maar die QSOs kan oor 'n aantal dae gemaak word. Jy kan slegs vanaf een verwysing op een slag werk - so as jy in 'n park is wat 'n deel gebied van 'n groter park is, kan jy slegs die verwysing van die deel gebied gebruik. Jy moet ook 'n fotografiese bewys lewer van jou aktiwiteit met foto's van 'n GPS-toestel (byvoorbeeld motor navigasie), park borde en jou stasie.
Die Parke-op-Lug webwerf en die verskillende toekennings word afgehandel en meer inligting sal beskikbaar wees in die Januarie 2020-uitgawe van Radio ZS.
EERSTE OPROEP VIR REFERATE VIR DIE SARL ONTSLUIT AMATEUR RADIO TEGNOLOGIE SIMPOSIUM
Dit is die eerste versoek vir referate wat aangebied sal word tydens die tweede SARL Ontsluit Amateur Radio Tegnologie-simposium wat op Vrydag 3 April 2020 in die Wanderers-konferensiesentrum in Johannesburg gehou word. Na die baie suksesvolle geleentheid verlede jaar op Stellenbosch, sal dieselfde formaat gevolg word. Die simposium open om 13:00 met registrasie en die konferensie begin om 14:00 en sluit om 19:00 met 'n skemerkelkie geleentheid.
Voornemende outeurs word uit genooi om teen Woensdag 15 Januarie 2020 'n kort samevatting van hul voorgestelde referaat in 'n Word lêer in te dien. Die finale program sal teen Vrydag 31 Januarie 2020 gepubliseer word. Die spreek beurte is 20 minute, met 10 minute tyd vir vraag en antwoord. Daar sal ook vier snelvuur sessies van tien minute elk wees. Stuur voorstelle na artotoday@sarl.org.za
Die Ontsluiting Amateur Radio Tegnologie simposium is deel van die SARL Nasionale Konferensie, wat die Algemene Jaarvergadering en die jaarlikse Toekenningsdinee insluit. Teken die naweek van 3 - 5 April 2020 aan as 'n amateur radio ervaring wat jy nie moet mis nie.
AMSAT SA VERSKUIF HOOF FOKUS NA AFRICUBE, 'N DIGITALE SDR CUBESAT
Die AMSAT CubeSat-ontwikkelings span het hul CubeSat-ontwikkelings fokus van 'n analoog-transponder na 'n digitale SDR-gebaseerde eenheid verskuif. Die ontwikkeling van die AfriCUBE digitale SDR-transponder onder leiding van Anton Janovsky, ZR6AIC het 'n gevorderde stadium bereik en sal binnekort gereed wees om sy eerste veldproewe te ondergaan.
Die span los nie die ontwikkeling van die KLETSKous analoog-transponder, wat goed gevaar het tydens die BACAR 7-vlug op 12 Oktober 2019. Leon Lessing ZS6LMG het die ontwikkeling tot op hierdie punt geneem, maar kan weens persoonlike redes ongelukkig nie aan Kletskous werk nie. "Ek wil Leon bedank vir sy ondersteuning en wens hom sterkte toe met sy toekomstige pogings," het Hannes Coetzee, ZS6BZP, AMSAT SA CubeSat-projekleier, gesê.
Tydens die BACAR-vlug toets het dit getoon dat 'n verdere ontwikkeling nodig is om die transponder se ontvanger se sensitiwiteit te verbeter. "Hier is 'n gulde geleentheid vir jong entoesiastiese ingenieurs in die amateur radio gemeenskap om die uitdaging aan te pak. Ek nooi belangstellendes met RF-ervaring om my te kontak en deel van die span te word. Alhoewel daar geen finansiële beloning is nie, weeg die ervaring en die bereiking van iets groot wat in die ruimte sal vlieg, swaarder as enigiets anders. Dit sal beslis goed lyk op enige iemand se CV", het Hannes gesê.
Die EPS (elektroniese kragstelsel), ruimte raam en stabilisering stelsel is voltooi. Die ontwikkeling van die sonpaneel en antenna-ontplooiing stelsels maak goeie vordering. Frik Wolf, ZS6FZ het gesê hy sal teen middel Januarie 2020 gereed wees vir die projek oorsig en veld toetsing.
Tans word werk aan 'n nuwe aanboord beheerstelsel onderbreek terwyl Fritz Sutherland, ZS6FSJ saam met Anton Janovsky werk om AfricaCUBE gereed te maak vir op-die-lug toetse.
Nico van Rensburg, ZS6QL sal voortgaan met die noodsaaklike dokumentasie om 'n lanserings geleentheid te bekom en Hans van de Groenendaal, ZS6AKV sal aan frekwensie toekennings werk en die lanserings geleenthede en die bemarking van die projek ondersoek.
AMSAT SA sit sy dialoog met SANSA en sy kontrakteur voort om 'n transponder op EOSAT-1 te plaas, 'n beplande hoë verrigting aard-waarnemings satelliet wat ontwerp is om data te produseer vir 'n wye verskeidenheid aard waarnemings toepassings. Die ontwikkeling van AfriCUBE sal hierdie aangeleentheid ondersteun.
Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga
DIE 2020 SARL DAGBOEK VAN GEBEURE
Die 2020 SARL Dagboek van Gebeure kan afgelaai word vanaf die ‘Diary of Events’ skakel aan die linkerkant van die Liga se webwerf. Dit is 'n 25 bladsy A4-landskap dokument.
DIE FINALE UITSLAE VAN DIE SARL WOENSDAG 2018 80 M 80 KLUB NAELLOOP
Die finale uitslae van die 2019 SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop is in HF Happenings 876 gepubliseer, wat beskikbaar is op die HF Happenings-bladsy op die Liga se webwerf. 98 radioamateurs het 242 logstate vir die 5 Woensdag Klub Naellope ingedien en 3 549 QSOs gemaak. Die 98 radio-amateurs verteenwoordig 16 klubs.
Die 80 m Klub Naelloop gaan voort met naellope in Januarie, Maart, Mei, Julie, September en November 2020. Die SARL 95 40 m Klub Naelloop word op Saterdae in Februarie, April, Junie, Augustus, Oktober en Desember aangebied.
Baie geluk aan die lede van die Boland ARK vir die wen van die SARL 80 m Klub Trofee.
SLUIT AAN BY DIE AMSAT SA CUBESAT-SPAN
AMSAT SA nooi radio amateurs met RF-, elektroniese en sagteware-ervaring uit om by die satelliet ontwikkeling span aan te sluit en 'n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van tegnologie en menslike kapitaal in Suid-Afrika. Die span vergader elke alternatiewe Maandag op 'n Skype-konferensie en kwartaalliks van aangesig tot aangesig. Stuur jou kontak besonderhede en jou belangstelling in die CubeSat-projek na admin@amsatsa.org.za. Hannes Coetzee, ZS6BZP of 'n ander spanlid sal jou kontak.
HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Radio amateurs kan veral met sonsondergang bruikbare DX openinge op die 17 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:
09 Desember – die sluitingsdatum vir die Newbie Geselligheid logstate
14 Desember – die Geminids meteoriete
14 en 15 Desember – die ARRL 10 m kompetisie
16 Desember – Versoeningsdag
22 Desember – Somersonstilstand
23 Desember – die Ursids meteoriete
25 Desember – Kersdag
26 Desember - Familiedag
31 Desember – die einde van die 2019 CQ DX Marathon en die YOTA maand
Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:
Daar is tans 545 parke geregistreer vir Suider-Afrika in die Wêreldwye Fauna en Flora-databasis - 8 in Eswatini, 7 in Lesotho, 13 in Botswana, 10 in Mosambiek, 26 elk in Namibië en Zimbabwe en 455 in Suid-Afrika. Die Suider-Afrikaanse Parke-op-die-Lug program duur van 1 Januarie tot 31 Desember 2020 met verskillende toekennings beskikbaar vir aktiveerders en jagters.
Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................
Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.