SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 19 JANUARIE 2020
Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)
Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.
In die nuus vandag:
ZS95SARL VIER 95 JAAR VAN AMATEUR RADIO
BENOEMINGS VIR DIE RAAD
en
DK3ZL BESOEK SUIDER-AFRIKA VAN 17 JANUARIE TOT 18 MAART
Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.
ZS95SARL VIER 95 JAAR VAN AMATEUR RADIO
OKOSA het die spesiale roepsein ZS95SARL uitgereik ter viering van die 95ste verjaardag van die Liga gedurende 2020. Die roepsein is op Woensdag 15 Januarie vir die eerste keer tydens die 80 m Klub Naelloop gebruik. Die Raad is besig met 'n skedule vir Klubs om die roepsein gedurende hierdie jaar te gebruik. Meer besonderhede in volgende week se bulletin.
DIE SARL SOMER QRP KOMPETISIE
Die Somer QRP kompetisie word op Saterdag 25 Januarie 2020 van 12:00 tot 15:00 UTC aangebied met ESB en GG met 5 Watt (PEP) uitset of minder. Die eerste uur is slegs beperk tot die 40 m band, die oorblywende twee uur is die deelnemers vry om enige HF-band (nie-WARC) te gebruik soos hulle goedvind.
Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou ruitblok. Jy kan ook 'n park, 'n strand of 'n berg piek op hierdie Saterdag aktiveer om by te voeg tot die QRP-kompetisie. Vind al die kompetisie inligting op bladsy 42 van die 2020 SARL Kompetisie handleiding.
BENOEMINGS VIR DIE RAAD
Vyf Raadslede tree uit by die 2020 AJV. Tot op hede het die SARL Sekretaris vier benoemings ontvang om hierdie vakatures te vul. Lede word uit genooi om nominasies in te dien om op die Raad te dien, die benoemings vorm is beskikbaar op die AJV Dokumente bladsy op die Liga-webwerf en by die SARL Sekretaris. Die sluitingsdatum vir die benoemings is Vrydag 31 Januarie 2020. Dit is ook die sluitingsdatum vir SARL-toekennings en trofeë, sowel as mosies vir die AJV.
VYF JAAR LISENSIES
Die Raad het talle klagtes ontvang oor die betaling van 'n vyf jaar lisensie, maar slegs 'n lisensie vir een jaar ontvang. Lede in hierdie situasie word versoek om so gou as moontlik 'n afskrif van hul lisensie en bewys van betaling aan die Liga Sekretaris te stuur. Stuur die dokumente na secretary@sarl.org.za
VERDERE VERSOEK VIR REFERATE VIR DIE SARL NASIONALE KONVENSIE.
Referate word uit genooi vir die jaarlikse SARL Simposium op 3 April 2020 met die titel "Ontsluit Amateur Tegnologie." Die simposium is deel van die SARL Nasionale Konferensie wat in die Wanderers-konferensie sentrum in Illovo gehou sal word. Stuur 'n kort samevatting na artoday@sarl.org.za voor 31 Januarie. Registrasie vir die geleentheid sal later vandeesweek open.
Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga
AMSAT SA KONDIG 'N NUWE DATUM AAN VIR HULLE RUIMTE SIMPOSIUM
Die datum van AMSAT SA se jaarlikse Ruimtesimposium het verander na Saterdag 11 Julie 2020. Terwyl die oproep vir referate voort duur tot einde Februarie, is AMSAT SA verheug om aan te kondig dat Burns Fisher, WB1FJ van AMSAT NA twee referate tydens die simposium sal lewer – ‘Fox-in-a-box’, Fox-telemetrie-ontvangs met behulp van 'n goedkoop Raspberry Pi en 'n J-pole antenna, insluitend 'n bespreking oor die optimale posisionering van 'n J-pole antenna vir satelliet ontvangs asook 'n oorsig van wat tans in 'n wentelbaan is en wat verwag kan word in die nabye toekoms en hul funksies. Voornemende sprekers word uit genooi om ander referate voor te lê deur 'n kort oorsig voor 28 Februarie 2020 na admin@amsatsa.org.za te stuur.
DK3ZL BESOEK SUIDER-AFRIKA VAN 17 JANUARIE TOT 18 MAART
Dr Charly Eichhorn, DK3ZL, besoek Suider-Afrika van 17 Januarie tot 18 Maart. In Namibië sal hy as V51QO werk op die QO-100-satelliet en op ander tye V5/DK3ZL met ESB en GG. Charly, ZS1/DL3ZL sal 5 dae in Kaapstad deurbring teen die einde van Februarie. In Maart besoek Charly vir Gary Immelman, ZS6YI, en bring hy 'n nag of twee saam met Gary en sy gesin deur. Charly sal 'n praatjie oor die QO-100 hou vir die amateurs in die streek. Luister vir ZS6/DL3ZL. Charly het ook aansoek gedoen om 'n roepsein vir Botswana vir sy besoek van 7 tot 11 Februarie en vir vier dae in die middel van Maart.
Die draagbare QO-100-toerusting wat deur Charly gebruik word, is 'n ADALM Pluto (met modifikasies deur Sigi, DG9BFC) met behulp van 'n SDR-Radio.com-konsole v3 deur Simon Brown met 'n 20 W PA (deur Sigi, DG9BFC) in 'n dubbele voer-POTY (deur Joerg, DJ4ZZ) in 'n 90 cm-stel skottel wat op 'n driepoot vas gemaak is. Meer en by gewerkte inligting is beskikbaar op die DL3ZL QRZ.COM-bladsy.
QSLs vir V55QO is via LoTW, direk (SASE of SAE plus 2 US $) of via die buro na DL3ZL. Aan die einde van DXpedition laat Charly die twee stasies wat hy saam gebring het in Namibië agter en dit sal gereeld op QO-100 aktief wees. Benewens die reeds aktiewe Derek, V51DM, sal Werner, V51JP, president van die NARL en Robert, V51RS voortgaan met die roepsein V55QO, wat DL3ZL geïnisieer het. DL3ZL is die QSL-bestuurder vir al die QSOs wat deur hierdie roepseine via QO-100 gemaak word.
DIE WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP
Die eerste been van die Woensdag 80 m Klub Naelloop is op Woensdag 15 Januarie gehou en stasies van ZS1 tot ZS6 is gehoor en gewerk. Die kompetisie komitee het tot dusver 40 logstate ontvang van ZS1, ZS3, ZS4, ZS5 en ZS6. Logstate moet teen 23:59 SAT vanaand 19 Januarie 2020 ingedien word by zs4bfn@mweb.co.za. Die volgende Klub Naeloop vind plaas op Saterdag 29 Februarie en word gehou op 40 meter.
HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Radio amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:
Vanaand om 23:59 - die sluitingsdatum vir 80 m Klub Naelloop logstate
25 Januarie – die Somer QRP kompetisie; Kaapstad ARS vergadering
31 Januarie – die sluitingsdatum vir AJV mosies, SARL Toekennings- en Raad nominasies.
01 Februarie – die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid
2 Februarie – AWA GG Aktiwiteitsdag
7 en 8 Februarie – die SARL Raad vergader by die NARS
8 en 9 Februarie – die SARL Nasionale Velddag
13 Februarie – Wêreld Radio Dag
22 Februarie - die 2020 AJV-boekie beskikbaar vir aflaai
23 Februarie – die SARL RTD Kompetisie
Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:
OKOSA het die spesiale roepsein ZS95SARL uitgereik ter viering van die 95ste verjaardag van die Liga gedurende 2020. Die roepsein is op Woensdag 15 Januarie vir die eerste keer tydens die 80 m Klub Naelloop gebruik. Die Raad is besig met 'n skedule vir Klubs om die roepsein gedurende hierdie jaar te gebruik. Meer besonderhede in volgende week se bulletin.
Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte. indien moontlik in beide Engels en Afrikaans, op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold ZS6VD en gelees deur ...........................................................
Van die Nuusspan, beste wense vir die week wat voorlê!